Deur Neels Rabe.

Na die chaos van die Moto GP-wedren in Argentinië op 8 April, waar veral Marc Marques skerp gekritiseer is vir sy gevaarlike verbysteek pogings, het die Moto GP se veiligheidskommissie tesame met die jaers besluit om die reëls strenger toe te pas.

Met die Amerikaanse MotoGP in Austin wat op 22 April gehou is, is Pol Espargaro reeds in die eerste oefensessie gepenaliseer omdat hy te stadig op die wedrenlyn gery het en sodoende in die pad van ander jaers was. Dit was egter weer Marques wat opslae  tydens kwalifisering gemaak het toe hy sy voorste wegspringposisie verloor omdat hy in die pad van Yamaha se Maverick Vinales was. Dis die eerste Amerikaanse GP op die Circuit Of The Americas waar Marques nie voor weg gespring nie. Dit beteken dat die Yamaha van Vinales vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd die voorste wegspringposisie in geneem het.

Marques se wegtrek vanaf die tweede ry maak egter weining verskil aan die man wat nog elke MotoGP wedren op COTA gewen het sedert 2013. Nadat hy Andrea Iannone verby gesteek het, het hy met gemak sy sesde agtereenvolgende COTA oorwinning behaal. Maverick Vinales begin weer lyk na die ou Maverick wat sy debuut wedren vir Yamaha in 2017 gewen het. Iannone sorg dat daar twee GP wedrenne na mekaar ‘n Suzuki op die podium is. In teenstelling met Qatar en Argentinië, is die Amerikaanse GP ‘n redelik bedeesde wedren (party sal sê soos ‘n normale F1 wedren).

Dani Pedrosa verdien spesiale vermelding. Nadat hy sy gewrig ‘n week gelede in Argentinië breek, verg die “Klein Samurai” deur die pyn om ‘n baie verdienstelike sewende posisie te behaal.

Die vierde  Moto GP-wedren rondte is op die Jerez Renbaan, Spanje op 6 Mei 2018.

MotoGP Austin 2018 resultate

1              Marc Marquez  Honda RC213V

2              Maverick Vinales  Yamaha YZR-M1

3              Andrea Iannone Suzuki GSX-RR

4              Valentino Rossi  Yamaha YZR-M1

5              Andrea Dovizioso  Ducati GP18

 

Kampioenskappunte na 22 April 2018

1              Andrea Dovizioso  –  46 punte

2              Marc Marquez  –  45

3              Maverick Viñales  –  41

4              Cal Crutchlow  –  38

5              Johann Zarco  –  38

 

Die volgende rondte is Jerez, 6 Mei 2018.

%d bloggers like this: