Breaking News

SA se Motor van die Jaar vir 2021 is die Peugeot 2008 SUV

Die Peugeot 2008 SUV is Suid-Afrika se Motor van die Jaar vir 2021. Die algehele derde plek is deur die BMW 4-reeks ingeneem, terwyl die Toyota Hilux dubbelkajuit as naaswenner gekies is. Benewens sy alghele oorwinning en Motor van die Jaar-titel vir 2021 het die Peugeot 2008 ook die jurie se toekenning vir uitnemendheid gewen.

Die finaliste in elke kategorie het vanjaar só gelyk: In die kategorie vir intreevlakmotors was dit die Hyundai Grand i 10, die Suzuki S-Presso en die Toyota Starlet, met die Starlet was as wenner aangewys is.

Die finaliste in die kategorie vir kompakte motors was die Hyundai Venue, die Opel Corsa en die Suzuki Vitara Brezza; die Venue is as die kategoriewenner gekies. 

Daar was altesaam ses finaliste in die kategorie vir kompakte gesinsmotors, naamlik die Peugeot 2008 SUV, die Volkswagen T-Roc, die Mazda CX-30, die Toyota Corolla sedan, die Kia Seltos en die Hyundai Creta, met die Peugeot as wenner.

Drie gesinsmotors het vir die toekenning in aanmerking gekom, naamlik die Volkswagen T 6.1 Caravelle, die Mercedes-Benz GLA en die Audi A4. Die Audi was die wenner van hierdie kategorie.

Die premium-finaliste was die BMW 4-reeks en die Mercedes-Benz B-klas, met die BMW wat as wenner gekies is.

Die Land Rover Defender 110, die Toyota Land Cruiser Prado en die Toyota Hilux dubbelkajuit was die avontuurvoertuig-finaliste; die Land Cruiser Prado was die algelehe kategoriewenner en die Hilux die dubbelkajuit-wenner.

Twee motors, naamlik die Hyundai I 30 N en die Porsche 911 Turbo S het sake om die hoê verrigtingsmotor-titel uitgespook, met die Porsche as wenner.

Porsche het nog ‘n wenner opgelewer deurdat die Taycan, die eerste elektriese motor in dié vervaardiger se reeks die enigste finalis in die katergorie vir elektriese-, hibriede- en inprop-hibriedemotors was.

Die motorgeesdriftige-keuse was die Mercedes-Benz E-klas.

Die Motor van die Jaar-toekenning, wat sedert 1986 deur die SA Gilde van Motorjoernaliste (SAGMJ) gemaak word, het deur die jare ‘n aantal veranderinge ondergaan, maar is steeds  Suid-Afrika se  mees gesogte en mees gerespekteerde toekenning. Onder de belangrikste veranderinge is die instel van kategorieë saam met die algehele wenner, maar die oogmerk is steeds om uitnemendheid in die motorbvedryf te vier en te beloon.

Die kompetisie het vanjaar ‘n paar uitdagings gehad, deurdat die tweedaagse evaluering wat elke jaar plaasvind, weens COVID-19 nie gehou kon word nie. Pleks daarvan het die SAGMJ in 2019  ‘n puntestelsel waartoe alle lede toegang gehad het, ingestel . Dit is gebaseer op die kriteria wat baie soortgelyk aan dié van die kriteria waarvolgens die jurielede gestem het, was.  Die kundige jurielede het toegang tot hierdie stelsel gehad en is aangemoedig om punte aan elke motor toe te ken soos wat hulle die motors met bekendstellings en tydens toetsritte ervaar het. Die gebruik van hierdie stelsel is vir jurielede en dié wat as sodanig opgelei is, is voor die 2021-kompetisie ingestel.  Die keuring van jurielede en motorjoernaliste wat as jurielede opgelei word, is so streng soos altyd en moontlike jurielede en dié wat dalk opgelei kan word, word aan lede van die gilde voorgelê . Die opleidingsprogram maak dat daar elke jaar nuwe lede opgelei word.

Die afgelope twee jaar het die publiek al hoe meer betrokke geraak by die proses om die wenner aan te wys, en daarom is ‘n nuwe kategorie, naamlik die motorgeedsriftige se keuse, vanjaar bygevoeg. Die publiek se stem  het eers  dieselfde gewig as die stem van een jurielid gedra en die gilde het besluit om ‘n kategorie vir die publiek in te stel. 

%d bloggers like this: