Suzuki het sy markaandeel in Suid-Afrika sedert die begin van 2017 tot einde April 2017 met 19.7% vergroot. Hierdie prestasie is veral noemenswaardig gesien in die lig dat die passasiersmotor-mark in Suid-Afrika algeheel met 2,2% gedaal het. Suzuki het vanaf Januarie tot einde April 2 275 voertuie verkoop.

“Ons is baie tevrede met ons vertoning die afgelope vier maande.” sê mnr André Venter, die afdelingsbestuurder vir verkope en bemarking by Suzuki Suid-Afrika. “In ‘n moeilike verkoopsomgewing soek mense na waarde vir geld, en dit is presies watr ons reeks voertuie, asook die diens wat ons landwye handelaarsnetwerk bied, dit vir hulle gee.”

Suzuki se toenemende gewildheid onder privaat- en vlootkopers is onlangs erken met die algehele eerste plek in Wesbank en Cars.co.za se Handelsmerk-van-die-Jaar-toekenning. Hierdie toekenning word gemaak na aanleiding van ‘n vraelys wat deur Cars.co.za aan eienaars gestuur is. Suzuki het vyf ander bekende handelsmerke uitgestof en die toekenning gewen.

Daarby het die Celerio- en Vitara-modelle hul kategorieë gewen. Die tydskrif Car het die Celerio ook aangewys as die beste intreevlak-motor op die Suid-Afrikaanse mark as deel van sy Top 12-toekennings, wat elke jaar in die Maart-uitgawe bekendgemaak word. Car het Suzuki ook aangewys as die maatskappy om dop te hou.

“Modelle soos die Jimny, Celerio, Vitara en Swift is gunstelinge in hul onderskeie marksegmente as gevolg van hul goeie spesifikasievlakke en die feit dat diensplanne by die pryse van die hele reeks, behalwe die Celerio GA, ingesluit is”, sê Venter. “Dit maak nie saak of jy op soek is na ‘n sportiewe luikrug, ‘n bekostigbare 4×4 of ‘n intreevlak-motor nie; Suzuki behoort op jou kortlys te wees,” sê Venter.

Volgens Venter is Suzuki die gewildste vervaardiger van kompakte motors in Japan en sy markaandeel groei in verskeie wêreldmarkte.  Hy sê die hele reeks is betroubaar, goeie waarde vir geld, maklik om in stand te hou en bied goeie veiligheidskenmerke.

Ondanks moeilike ekonomiese omstandighede is daar een vervaardiger wat sy markaandeel in Suid-Afrika vergroot het.

Suzuki het sy markaandeel in Suid-Afrika sedert die begin van 2017 tot einde April 2017 met 19.7% vergroot. Hierdie prestasie is veral noemenswaardig gesien in die lig dat die passasiersmotor-mark in Suid-Afrika algeheel met 2,2% gedaal het. Suzuki het vanaf Januarie tot einde April 2 275 voertuie verkoop.

“Ons is baie tevrede met ons vertoning die afgelope vier maande.” sê André Venter, die afdelingsbestuurder vir verkope en bemarking by Suzuki Suid-Afrika. “In ‘n moeilike verkoopsomgewing soek mense na waarde vir geld, en dit is presies watr ons reeks voertuie, asook die diens wat ons landwye handelaarsnetwerk bied, dit vir hulle gee.”