Formule 1 Kampioenskap is beklink.

Deur Neels Rabie.

In Brasilië is dit Lewis Hamilton wat sy 10de oorwinning van die seisoen behaal en daarmee verseker dat Mercedes ook die vervaardigerskampioenskap wen. Alhoewel die gewone F1 geesdriftige nie veel gepla is oor hierdie kampioenskap nie, beteken dit miljoene rande in prysgeld vir die top 10 spanne.

Dis egter Max Verstappen wat die koppe laat draai met ‘n uitstekende vertoning. Vanaf die vyfde posisie steek hy al die Ferrari en Mercedes motors verby om die Grand Prix gemaklik te beheer. Esteban Ocon in sy Force India, ‘n hele rondte agter Verstappen, probeer egter die Red Bull verbysteek. Die motors raak aan mekaar en albei tol! Dis ‘n baie kwaad Verstappen wat tevrede moet wees met tweede plek. Kimi Räikkönen eindig derde vir Ferrari, net voor die Red Bull van Daniel Ricciardo. Die 2018 seisoen loop ten eindig oor twee weke in Abu Dhabi.

%d bloggers like this: