Motorsport: Terugblik op Dakar 2020

0 Comments
Motorhistorikus, Daantjie Badenhorst, neem Dakar 2020 in oēnskou en verduidelik hoekom dit so ‘n geskiedkundige gebeurtenis was.

 

Beste Dakar nog vir Suid-Afrikaners

Hoewel die Dakar-wedren waarskynlik altyd onthou sal word vir Carlos Sainz (senior) se derde oorwinning, almal in verskillende vervaardigers se voertuie, Ricky Brabec se oorwinning in die motorfietsafdeling wat ook Honda se eerste een sedert 1989 was en die dood van Paulo Gonçalves tydens ‘n motorfietsongeluk, was dit die beste een tot dusver vir Suid-Afrikaanse deelnemers.

Motor- en motorfietsrenjaers, spanne en voertuie van Suid-Afrika het uitgeblink deur skofte te wen en plekke op die podium te behaal, terwyl Sean Berriman die Amerikaanse wenner in die kategorie vir spesiale voertuie, Casey Currie was.

Carlos Sainz, wie se seun met dieselfde naam aan Formule 1 deelneem, het sy derde Dakar-wedren in ‘n Mini gewen; hy het dit in 2010 vir Volkswagen reggekry en weer in 2018 vir Peugeot. In die tweede plek was die 2019-wenner Nasser Al-Attiyah in sy Suid-Afrikaans vervaardigde Toyota Gazoo Racing Hilux, en die dertienmalige wenner op twee en vier wiele, Stephane Peterhansel was derde in sy Mini.

Saoedi-Arabië se held Yazir Al Rajhi was vierde in sy Toyota Hilux en nog ‘n voormalige wenner, Giniel de Villiers in sy Toyota Gazoo Racing Hilux vyfde. Hulle is gevolg deur Orlando Terranova van Argentinië (Mini) en Bernhard ten Brinke van Nederland (Toyota Hilux). Die tweemalige voormalige Formule 1-wêreldkampioen Fernando Alonso van Spanje was in die algehele dertiende plek nadat hy sy Toyota Gazoo Racing Hilux gerol het en ander avonture die afgelope twee weke beleef het.

Op die tweede dag het Giniel de Villiers ‘n skofoorwinning behaal maar hy moes hard werk weens verskeie pap wiele en probleme met navigasie. Die klein vervaardiger van spesiale voertuie Century, wat van Johannesburg afkomstig is, het vir die eerste keer ‘n skof in dié kategorie gewen en die span se Franse renjaer Matthieu Seradon was algeheel agtste in sy motor, wat deur ‘n Corvette-enjin aangedryf is.

Vir die Red Line Motoring Adventures-span wat in Kyalami geleë is en met twee Nissan Navaras deelgeneem het, was dit ‘n moeilike, maar bevredigende wedren. Die nuweling van die jaar in 2018, Hennie de Klerk en sy navigator Johann Smalberger van Pretoria het die laaste skof in die 27ste plek begin maar hul voertuig het ratkasmoeilikheid ondervind met die wenpaal in sig. Hulle het wel die eindpunt in die 34ste plek bereik, twee plekke voor hul Britse spanmaats Thomas Bell en Partic Mc Murren, wat vanuit Doebai deelgeneem het.

Categories:
%d bloggers like this: