Deur Neels Rabe.

Vir eerste keer sedert Silverstone 2016, behaal die 32 jare Brit, Cal Crutchlow, die voorste wegspringplek. Dani Pedrosa, wenner in 2017, is tweede vinnigste.

Jorge Lorenzo op die Ducati is die man wat aanvanklik die voortou neem, maar ‘n vasberade Marc Marques laat nie lank op hom wag nie.  Hy rem baie laat en glip met die Honda aan die binnekant van die Ducati verby. Van daardie oomblik af was die wedren ‘n geveg om die tweede plek, en watter geveg was dit nie tussen die twee Ducatis van Lorenzo en Dovizioso, asook die Honda van Dani Pedrosa nie! Ongelukkig eindig dit in ‘n spreekwoordelike tranedal toe die vinniger Dovizioso sy spanmaat probeer verbysteek. In die geveg tussen die twee kry Pedrosa die kans om verby beide Ducastis te kom. Ongelukkig sien Lorenzo nie die Honda aan sy binnekant nie, en in die chaos val al drie jaers!

 Teen hierdie tyd het van die ander voorste jaers soos Cal Crutchlow (LCR Honda) en Alex Rins (Suzuki) reeds geval. Dit laat die voormalige dubbel Moto2 wêreldkampioen Johann Zarco op die ouer Yamaha in die tweede plek, met die Suzuki van Andrea Iannone in derde.

MotoGP Jerez 2018 resultate

1  Marc Marquez (Repsol Honda)

2  Johann Zarco (Monster Yamaha Tech3)

3  Andrea Iannone (Suzuki Ecstar)

4  Danilo Petrucci (Pramac Ducati)

5  Valentino Rossi (Movistar Yamaha)

 

Kampioenskap punte na 6 Mei 2018

1  Marc Marquez (Repsol Honda)  –  70

2  Johann Zarco (Monster Yamaha Tech3)  – 58

3  Maverick Viñales (Movistar Yamaha)  –  50

4  Andrea Iannone (Suzuki Ecstar)  –  47

5  Andrea Dovizioso (Ducati Team)  –  46

Vanuit ‘n Suid-Afrikaanse oogpunt is Moto2 belangrik omdat dit die klas is waarin ons 2016 Moto3 wêreldkampioen, Brad Binder, jaag. Soos in Austin en Qatar behaal Brad weereens ‘n sesde plek op sy KTM. Na afloop van Jerez beklee hy die agste posisie in die Moto2 kampioenskap.

%d bloggers like this: