Deur Neels Rabe.

Die Argentynse tydren is een van die moeilikste byeenkomste op die wêreld tydrenkalender. Drie jaers het hierdie tydren 3 keer gewen naamlik die Italianer Miki Biasion, die Fin Tommi Mäkinen en die Spaanse “Matador” Carlos Sainz. Daar is egter een uitsondering – Sebastien Loeb. Hy het die Argentynse tydren vir ‘n ongelooflike 8 jaar oorheers! Sedertdien was daar 4 tydrenne en 4 verskillende wenners. Sou een van hulle (Jari-Matti Latvala, Kris Meeke, Thierry Neuville of Hayden Paddon) daarin slaag om ‘n tweede oorwinning te behaal, of gaan die huidige kampioene, Sebastien Ogier en Julien Ingrassia, dit die eerste keer wen?

Vanaf Vrydagmiddag is dit egter duidelik dat die man om te klop, Ott Tanak in sy Toyota Yaris gaan wees. Hy is deurentyd gejaag deur die Hyundai van Thierry Neuville, maar dis Tanak wat sy eerste tydren vir Toyota wen. In die proses verstewig hy sy posisie in die wêreldkampioenskap. Spanmaat Dani Sordo maak dit dubbel podium vreugde vir die Hyundai-span.

Ott Tanak – Toyota Yaris Gazoo Racing
Thierry Neuville – Hyundai i20 Coupe WRC
Dani Sordo – Hyundai i20 Coupe WRC
Sebastien Ogier – M-Sport Ford Fiesta WRC
Andreas Mikkelsen – Hyundai i20 Coupe WRC

2018 Kampioenskap na afloop van 29 April

Sebastien Ogier (M-Sport Ford) – 100
Thierry Neuville (Hyundai Shell Mobis) – 90
Ott Tanak (Toyota Gazoo Racing) – 72
Andreas Mikkelsen (Hyundai Shell Mobis) – 54
Danny Sordo Citroen (Hyundai Shell Mobis) – 45

Volgende rondte is Portugal 17 – 20 Mei 2018.

 

 

%d bloggers like this: