Motorsportnuus – week 20

0 Comments

Die jonste nuus van die motorsportwêreld deur Neels Rabe.  

 

F1

In Spanje is dit Valtteri Bottas wat, soos in Baku, weer vir spanmaat Lewis Hamilton klop tydrens kwalifisering. Ongelukkig vir hom sukkel hy met sy Mercedes se koppelaar tydens die wegtrek. Dit gee Lewis die geleentheid om die voortou te neem, en nie weer terug te kyk nie.

  1. Lewis Hamilton GBR Mercedes AMG Petronas Motorsport 66 rondtes
  2. Valtteri Bottas FIN Mercedes AMG Petronas Motorsport + 4.074s
  3. Max Verstappen NED Aston Martin Red Bull Racing Honda + 7.679s

 

Kruisrenne

Ronde 3 van die Wêreldkruisrenkampioenskap het in België op Spa-Francorchamps se splinternuwe baan plaasgevind. Dele van die baan is baie breed en laat verskillende renlyne toe. Dit het daartoe gelei dat die wedrenne buitengewoon opwindend was. En vir die eerste keer vanjaar is daar nie ‘n Hansen broer eers op die podium nie. Die Rus Timur Timerzyanov behaal sy eerste oorwinning in 63 wedrenne in sy Hyundai.  Tweede is dit Andreas Bakkerud (Audi), en derde ‘n manjifieke vertoning deur die 25-jarige Fin Joni Wiman, ook in ‘n Hyundai. Dis slegs Wiman se tweede wedren ooit in die top klas. Die vorige geleentheid was 2 jaar gelede.

Wat die kampioenskap betref, lê die twee Hansens nou eerste en tweede.

  1. Kevin Hansen 69
  2. Timmy Hansen 58
  3. Timur Timerzyanov 53

 

Wêreld-superfietse

Kawasaki se Jonathan Rea word die eerste jaer in 2019 om die Ducati van Alvaro Bautista te klop op die Imola renbaan. Die nat weersomstandighede maak dit moeilik vir die jaers, met die laaste wedren wat gekanselleer word vir veiligheidsredes. In Saterdag se hoofwedren is dit Ducati se Chaz Davies wat voor wegtrek, maar Rae neem die voortou op die eerste ronde, en wen gemaklik met 8 sekondes. Dis Rae se twee-en-sewentigste Wêreld-superfiets oorwinning. Bautista het die eerste elf wedrenne van 2019 oorheers.

In die Supersport 300 klas is dit twee Suid-Afrikaners wat baie goed vaar. Kawasaki se Dorren Loureiro en Dino Iozzo eindig onderskeidelik derde en vierde!

Wêreld-tydrenne

Die sesde ronde van die 2019 kampioenskap vind vir die eerste keer ooit in Chile plaas. Hier is dit Toyota se Ott Tanak wat Vrydag reeds die voortou neem, en die tydren met 23 sekondes wen voor die huidige kampioen, Sebastien Ogier in sy Citroën. Wie maak weer sy verskyning op die podium? Niemand anders as nege keer wêreldkampioen Sebastien Loeb. Die vyf-en-veertig jarige Loeb het vanjaar vir die eerste keer in ‘n Hyundai i20 Coupe begin deelneem. Hy mik vir ‘n tagtigste oorwinning in die wêreld-tydrenkampioenskap.

Plaaslik

Op nasionale vlak was dit die Extreme Festival op Killarney. In die GTC, of Global Touring Car klas word die oorwinnings gedeel tussen die VW van Daniel Rowe en die Audi van Simon Moss.

In die superfietsklas is dit veelvuldige kampioen Clinton Seller wat die knie moet buig voor Kaapstad se David McFadden in wedren een. In wedren twee verhang hy egter die bordjies en moet McFadden tevrede wees met tweede plek.

 

Suid-Afrikaners internasionaal

Naas Dorren en Dino was ‘n hele paar ander Suid-Afrikaners ook in aksie op internasionale renbane. Dit sluit in Sheridan Morias wat deel was van die WEPOL Yamaha span wat vierde geëindig het in die Slowaakse ag-uur wedren, wat ‘n ronde van die FIA Wêreld-uithoureeks vir motorfietse was.

Jordan Pepper

Kelvin van der Linde (Audi), David Perel (Ferrari) en Jordan Pepper (Bentley) het deelgeneem aan die Silverstone 4-uur Blancpain GT uithouwedren.

Categories:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: