Deur Gerrie Smit.

 

Toyota Gazoo Racing SA se Nederlandse renjaer Bernhard Ten Brinke met sy navigator Xavier Panseri het Dinsdagoggend (8 Januarie) in die agtste plek in die tweede dag van Dakar 2019 weggespring, maar het derde in die 342 km lange sneltrajek tussen Pisco en San Juan de Marcona in Peru geëindig.

 

Sebastien Loeb (Peugeot) was eerste oor die wenstreep en die Mini-jaer Nani Roma het gevolg met slegs agt sekondes later om die tweede plek vir die sneltrajek aan te teken. Ten Brinke in sy Suid-Afrikaans-vervaardigde Hilux-renvoertuig was 1 min 12 sekondes agter Roma en sodoende het hy tot algeheel tweede opgeskuif.

 

Toyota Gazoo Racing SA se ander inskrywing in Dakar 2019 wat deur Giniel de Villiers/Dirk von Zitzewitz beman word, het vierde in die sneltrajek gekom en sodoende is hulle algeheel die voorlopers van die Dakar-veldtydren. Hulle was net 11 sekondes agter hul spanmaats Ten Brinke/Panseri.

 

Die wenners van Sneltrajek 1, Nasser Al Attiyah en Mathieu Baumel, wat ook deel is van die Toyota Gazoo Racing SA-span het Sneltrajek 2 in die tiende vinnigste tyd voltooi nadat hulle eerste op die roete was en die pad moes oopry. Dit was in die dik sand en fyn stof uiters moeilik en hulle was tevrede dat hulle net 7:37 vir die dag verloor het. Aan die ander kant beteken dit hulle sal die tiende motor op die pad in Sneltrajek 3 wees – ’n ideale posisie om ’n aanval te loods.

 

Die volgende Dakar 2019-rengedeelte word op 9 Januarie gehou en bestaan uit ’n sneltrajek van 331 km in die duine by Acari, tesame met ’n ooppadgedeelte van 460 km.

Die ren sluit Donderdag 17 Januarie af met Sneltrajek 10, wat die deelnemers terug tot in Lima, die hoofstad van Peru, sal bring.

 

SNELTRAJEK 2-UITSLAE:

  1. Loeb / Elena (Peugeot)
  2. Roma / Haro (MINI)                                      +00:08
  3. Ten Brinke / Panseri (TOYOTA)                 +01:20
  4. De Villiers / Von Zitzewitz (TOYOTA)         +01:31
  5. Al Rajhi / Gottschalk (MINI)                          +02:33
  6. Despres / Cottret (MINI)                               +03:14
  7. Hunt / Rosegaar (Peugeot)                          +03:24
  8. Sainz / Cruz (MINI)                                      +04:40
  9. Fuchs / Mussano (Prototype)                      +05:01
  10. Vasilyev / Zhiltsov (TOYOTA)                      +05:36
  11. Al Attiyah / Baumel (TOYOTA)                  +07:37

 

ALGEHELE POSISIES NÁ SNELTRAJEK 2:

  1. De Villiers / Von Zitzewitz (TOYOTA)
  2. Ten Brinke / Panseri (TOYOTA)               +00:28
  3. Roma / Haro (MINI)                                    +00:42
  4. Al Rajhi / Gottschalk (MINI)                        +00:50
  5. Loeb / Elena (Peugeot)                              +01:56
  6. Sainz / Cruz (MINI)                                     +02:28
  7. Hunt / Rosegaar (Peugeot)                        +02:38
  8. Al Attiyah / Baumel (TOYOTA)                +03:26
  9. Despres / Cottret (MINI)                             +03:28
  10. Vasilyev / Zhiltsov (TOYOTA)                    +03:43

 

Toyota Motorsport Suid-Afrika gee erkenning aan sy borge, spesialisverskaffers en tegniese vennote:

 

Toyota geniet ’n gesamentlike voordelige vennootskap met Eurol, Toyota Finansiële Dienste en die Innovation-grep sowel as Hallspeed, Imperial Toyota, SKF, Spanjaard, OMP, NGK, Donaldson, Mastercraft, Edgecam, 3M, Bandit Signs, Shatterprufe, Supreme Springs, Smith’s Manufacturing, TRD, Peritus Forex, First National Battery, SAA Cargo, STR8-LIGN, Duxbury Netgear, Lumotech en Plan-C Productions.

%d bloggers like this: