Deur Gerrie Smit.

Renjaer Giniel de Villiers en sy navigator, Dirk von Zitzewitz, wat in ‘n Toyota Gazoo Racing SA Toyota Hilux jaag, is basies uit die 2019 Dakar-veldtydren, nadat hulle vier en ’n half uur in die derde skof verloor het om ‘n stukkende oliebak reg te maak. Hulle sal egter steeds voortjaag in die res van hierdie Dakar-skof.

Die Mini-jaer Stéphane Peterhansel en sy navigator, David Castera, het Skof 3 gewen met ‘n tyd van 03:54:31.

Toyota Gazoo Racing SA-jaer Nasser Al Attiyah en sy navigator, Mathieu Baumel, het die tweede vinnigste tyd van die dag opgestel en is nou die algehele voorlopers in die 2019 Dakar.

Al Attiyah / Baumel het die sneltrajek oor 331 km voltooi en was net 03:26 agter die Peterhansel.

Toyota Gazoo Racing SA se Bernhard ten Brinke en sy navigator, Xavier Panseri, wat in Skof 2 op 8 Januarie derde plek behaal het, het ook tyd verloor toe hulle in ‘n sloot vasgeval het. Hulle het ten spyte hiervan verder ‘n sorglose ren gehad en die sewende vinnigste tyd in Skof 3 opgestel. Hulle is 31:45 agter Peterhansel, maar het terselfdertyd tot sewende algeheel opgeskuif.

De Villiers en Von Zitzewitz was nie die enigste jaers wat Woensdag tyd verloor het nie. Dinsdag se sneltrajekwenner, Sebastien Loeb, en sy navigator, Daniel Elena (Peugeot), was die eerste motor in die sneltrajek en kon net die elfde vinnigste tyd vir die dag aanteken. Verlede jaar se wenners, Carlos Sainz en Lucas Cruz (Mini), het selfs nog meer tyd verloor nadat hulle ’n voorwiel beskadig het.

Die vierde skof word op 10 Januarie in Tacna in Peru gehou. Dit sal weer uit hoofsaaklik sand en duine bestaan, met ’n paar uitdagende klipperige rivierbeddings tussenin.

Hierdie maraton-skof is 351 km lank en is een van die Dakar-veldtydren se grootste uitdagings aangesien die deelnemers die sneltrajek sonder die tegniese steun van hul diensspanne moet aandurf. Dit beteken dat alle onderdele en toerusting wat hulle sal nodig hê om noodherstelwerk te doen en die motors in stand te hou, vir die eerste deel van die maraton-sneltrajek saamgeneem moet word, en net die renjaer en navigator mag aan hul motor werk.

Die ren eindig met Skof 10, wat die deelnemers Donderdag 17 Januarie terug na Lima, die hoofstad van Peru, sal neem.

Skof 3-uitslae:

1. Peterhansel / Castera

2. Al Attiyah / Baumel (TOYOTA)                      +03:26

3. Przygkonski / Colsoul (MINI)                         +11:47

4. Al Rajhi / Gottschalk (MINI)                           +12:50

5. Roma / Haro (MINI)                                       +18:12

6. Despres / Cottret (MINI)                                +28:04

7. Ten Brinke / Panseri (TOYOTA)                    +31:45

8. Domzala / Martin (TOYOTA)                         +33:16

9. Prokop / Tomanek (Ford)                              +34:39

10. Vanagas / Rozwadowski (TOYOTA)           +39:24

 

ALGEHELE POSISIES NÁ SKOF 3:

1. Al Attiyah / Baumel (TOYOTA)

2. Al Rajhi / Gottschalk (MINI)                           +06:48

3. Peterhansel / Cottret                                     +07:03

4. Roma / Haro (MINI)                                       +12:02

5. Przygonski / Colsoul (MINI)                           +13:45

6. Despres / Cottret (MINI)                                +24:40

7. Ten Brinke / Panseri (TOYOTA)                    +25:21

8. Loeb / Elena (Peugeot)                                 +37:59

9. Domzala / Marton (TOYOTA)                        +42:56

10. Vanagas / Rozwadowski (TOYOTA)           +49:20

 

 

Toyota Motorsport Suid-Afrika gee erkenning aan sy borge, spesialisverskaffers en tegniese vennote:

Toyota geniet ’n gesamentlike voordelige vennootskap met Eurol, Toyota Finansiële Dienste en die Innovation-grep sowel as Hallspeed, Imperial Toyota, SKF, Spanjaard, OMP, NGK, Donaldson, Mastercraft, Edgecam, 3M, Bandit Signs, Shatterprufe, Supreme Springs, Smith’s Manufacturing, TRD, Peritus Forex, First National Battery, SAA Cargo, STR8-LIGN, Duxbury Netgear, Lumotech en Plan-C Productions.

%d bloggers like this: