Deur Waldo van der Waal.

 

Die 2019-Dakar-ren het sy halfpadpunt met die rusdag by Arequipa ná die eerste vyf skofte bereik. Die byeenkoms was uiters moeilik tot dusver, en die verwagting is dat die toestande ewe uitdagend – indien nie nog erger nie – vir die reis terug na Lima, die hoofstad van Peru, sal wees.

Soos die dinge nou staan, is die span aan die voorpunt van die stryd om die titel, met die tweemalige wenner Nasser Al Attiyah en sy navigator, Mathieu Baumel, aan die voorpunt. Dié sterjaer van Katar en sy Franse navigator het ’n buffer van byna 25 minute teenoor Stéphane Peterhansel (MINI).

Die Toyota Gazoo Racing SA-renspan het die 2019-Dakar oordonderend begin. Al Attiya/Baumel het die kort openingskof gewen, wat hulle vir Skof 2 eerste op die roete geplaas het. Dit het die deur vir De Villiers/Von Zitzewitz oopgemaak om munt uit hul goeie posisie te slaan en hulle het die geleentheid terdeë benut. Hoewel hulle slegs die vierde vinnigste tyd in Skof 2 opgestel het, het hulle die voorpunt in die ren oorgeneem.

Glyn Hall, hoof van die Toyota Gazoo Racing SA-renspan.

Alhoewel Skof 3  ’n massiewe terugslag vir De Villiers/Von Zitzewitz was, toe hulle vir meer as vier ure moes spandeer om ‘n beskadigde oliebak te herstel, het Al Attiyah/Baumel die voorsprong oorgeneem. Dit beteken dat Toyota Gazoo Racing SA-jaers nog op elke dag van die 2019-Dakar tot die rusdag algeheel voor was.

Alhoewel Giniel op daardie stadium ver agter was, wast Al Attiyah/Baumel en die span se Nederlandse sterjaer, Bernhard ten Brinke en sy Franse navigator, Xavier Panseri, steeds binne bereik om die Dakar 2019-titel in te palm. Tydens die vierde Skof het ‘n mikveer van Ten Brinke/Panseri se Toyota Hilux-renvoertuig gebreek wat hulle ver in die deelnemer-plasings laat terugsak het.

Skof 4 was ook die einde van Bernhard en Xavier se poging om ‘n podium-einde te behaal.

Die ramp wat die span in Skof 4 getref het, het Al Attiyah en Baumel  alleen aan die voorpunt van die ren gelaat.’n Groot poging van De Villiers sowel as Ten Brinke in Skof 5 het dié twee spanne egter tot onder die voorste tien vir Skof 6 laat opskuif, en hulle is nou in ’n ideale posisie om Al Attiyah en Baumel in die tweede week van die ren te ondersteun.

Baie dinge moes egter op die rusdag, Saterdag 12 Januarie, voor die begin van Skof 6 gedoen word en die diens-spanne het al drie die Toyota Gazoo Racing SA-Hilux-renmotors vir die laaste week voorberei. Die voertuie is geheel en al gestroop sodat al die kritieke dele nagegaan kon word voordat die motors weer aanmekaargesit is.

“Dit is ’n massiewe taak om seker te maak alles is reg vir die laaste week,” sê Hall. “Ons het dit al talle kere gedoen, en die manne weet presies hoe belangrik hierdie taak is. Ek vertrou dat ons in goeie vorm vir die tweede gedeelte van die 2019-Dakar sal wees.”

ALGEHELE POSISIES NÁ SKOF 5:

  1. Al Attiyah / Baumel (TOYOTA)
  2. Peterhansel / Cottret +24:42
  3. Roma / Haro (MINI) +34:33
  4. Przygonski / Colsoul (MINI) +38:12
  5. Loeb / Elena (Peugeot) +40:00
  6. Despres / Cottret (MINI) +01:12:47
  7. Hunt / Rosegaar (Peugeot) +01:59:55
  8. Prokop / Tomanek (Ford) +02:13:57
  9. Garafulic / Palmeiro (MINI) +02:18:20
  10. Vanagas / Rozwadowski (TOYOTA) +02:44:41

 

Toyota Motorsport Suid-Afrika gee erkenning aan sy borge, spesialisverskaffers en tegniese vennote:

 Toyota geniet ’n gesamentlike voordelige vennootskap met Eurol, Toyota Finansiële Dienste en die Innovation-grep sowel as Hallspeed, Imperial Toyota, SKF, Spanjaard, OMP, NGK, Donaldson, Mastercraft, Edgecam, 3M, Bandit Signs, Shatterprufe, Supreme Springs, Smith’s Manufacturing, TRD, Peritus Forex, First National Battery, SAA Cargo, STR8-LIGN, Duxbury Netgear, Lumotech en Plan-C Productions.

%d bloggers like this: