Deur Neels Rabe.

MotoGP: Valentino, só naby, en tog so ver…

Honda se Marc Marques wen die Maleisiese GP (sy negende vir die seisoen), maar slegs nadat die 39-jarige “ou” strydos, Valentino Rossi vir 15 rondtes die botoon gevoer het op sy Yamaha. Ongelukkig verloor Rossi die voorkant van die motorfiets en val, tot groot teleurstellings van sy miljoene ondersteuners. Met slegs 4 rondtes oor, is dit Johann Zarco (Yamaha) en Alex Rins (Suzuki) wat dit uitveg vir tweede en derde plekke. Dis Rins wat op die laaste rondte daarin slaag om Zarco verby te steek.

In Moto2 eindig Suid-Afrika se Brad Binder in die agste posisie, en behou sy derde plek in die 2018 kampioenskap.

Rallycross in Kaapstad

Oor twee weke is dit die finale rondte van die wêreld kruisrenkampioenskap op Kaapstad se Killarney renbaan. Kaartjies is vinnig besig om uitverkoop te word. Gaan besoek gerus die TicketPro webtuiste.

%d bloggers like this: