Motorsportverslag: MotoGP se ou mann

0 Comments

Dit is motorfiets legende Valentino Rossi wat Saterdag 16 Februarie 2019 sy veertigste verjaarsdag gevier het. In die afgelope 23 jaar was hy nege keer wêreldkampioen, en het hy ‘n totaal van 115 Grand Prix wedrenne gewen. In die top MotoGP klas hou hy die rekord met 89 oorwinnings. 2018 was die eerste seisoen waartydens Rossi nie ‘n wedren kon wen nie. Tog was hy steeds derde in die wêreldkampioenskap op sy Yamaha.

Rossi is die eerste jaer in die moderne era om op die ouderdom van 40 nog deel te neem.

Dis nie soseer dat hy nog op hierdie ouderdom jaag wat indrukwekkend is nie, maar die feit dat hy steeds die harde werk agter die skerms kan insit om fiks genoeg te bly om teen die jongmanne te kan meeding.

Daar is wel ‘n paar jaers wat op gevorderde ouderdom ‘n Grand Prix kon wen, maar dis baie lank gelede:

Fergus Anderson: 44 jaar oud (Spa 1953)

Jack Findlay: 42 jaar oud (Salzburgring 1977)

Leslie Graham: 41 jaar oud (Spa 1952)

 

Aan die ander kant van die spektrum is dit Marc Marquez wat sy ses-en-twintigste verjaarsdag Sondag 17 Februarie 2019 gevier het. As daar iemand is wat Rossi se rekords kan breek, is dit hierdie man wat reeds sewe wêreldtitels agter sy naam kan skryf en 70 Grand Prix oorwinnings. Marquez sukkel tans om te herstel van ‘n groot skouer operasie. In die afgelope ses jaar was hy net een keer nie die kampioen nie. Die enigste man wat hom kon klop, Jorge Lorenzo, is sy nuwe spanmaat vir 2019.

Categories:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: