Motorsportverslag: Nasser op die wenpad in Dakar.

0 Comments

Deur Gerrie Smit.

  • 2de in Skof 8 vir Al Attiyah / Baumel
  • Al Attiyah / Baumel vergroot algehele voorsprong
  • 4de in Skof 8 vir De Villiers / Von Zitzewitz
  • Ten Brinke / Panseri onttrek

Toyota Gazoo Racing SA jaer Nasser Al Attiyah (Katar) en sy navigator, Mathieu Baumel (Frankryk) het die tweede vinnigste tyd vir die agste skof in die 2019 Dakar, wat op 15 Januarie in Peru gehou is, gelewer – net 07:27 agter Sebastien Loeb (Peugeot) wat die skof gewen het. Die derde motor oor die eindstreep was die MINI van Jakub Przygonski (Pole), wat agt minute agter Al Attiyah was.

Nasser Al Attiyah saam met Stéphane Peterhansel na afloop van Skof 8.

 

Die druk op Al Attiyah / Baumel het effens ligter geword nadat Stéphane Peterhansel in sy X-raid MINI altesaam 24 minute in Skof 5 verloor het, toe hy halfpad deur die skof in die duine vasgeval het. Dit het die Toyota Gazoo Racing SA-span in staat gestel om hul voorsprong aan die voorpunt van die ren tot 46 minute 29 sekondes teenoor die MINI-jaer Nani Roma, wat nou algeheel tweede is, te vergroot.

Giniel de Villiers en Dirk von Zitzewitz het terselfdertyd hul staal gewys deur die vierde vinnigste tyd in Skof 8 op te stel – net 15 minute agter Loeb en agt minute agter hul spanmaats Al Attiyah / Baumel.

“Ons het vandag ’n baie goeie, skoon skof gehad,” het De Villiers in Pisco gesê. “Daar was soos altyd in die Dakar maar ’n paar goedjies, maar in die geheel is ons baie in ons skik met vandag se vertoning. Ek moet sê ek dink vandag se skof was die moeilikste tot dusver in die 2019-Dakar, selfs ná gister (Maandag) se monster-skof. Ons vertoning vandag plaas ons egter in die ideale posisie op die pad om Nasser tot by die eindpunt te steun – maar ons hoop hy’t ons regtig nie nodig nie.”

Toyota Gazoo Racing SA se Nederlandse jaer Bernhard ten Brinke en sy Franse navigator, Xavier Panseri, moes ongelukkig nou heeltemal uit die Dakar ontrek het toe hulle Hilux se ratkas finaal gees gegee het en hulle nie Skof 8 kon voltooi het nie.

“Hulle het hul posisie vir die grootste stuk van die tweede deel van die skof behou, maar dinge het ná die laaste navigasiepunt van die dag lelik skeefgeloop,”  gesê. “Hulle het in die diep duine naby die einde van die skof in die moeilikheid beland. Die ratkas het ingegee, en die T4-hulpvragmotor kon hulle nie langs die pad help om weer aan die gang te kom nie.”

Die deelnemers jaag op 16 Januarie in die voorlaaste skof van die 2019-Dakar, ’n sirkelroete van 313 km, van die wegspringpunt naby die oornaghalte by Pisco en terug. Die algehele ooppadgedeelte vir die dag is net 89 km, dus sal al die aksie in die duine wees wat heel waarskynlik die wenner van die 2019-Dakar sal bepaal.

“Nasser en Mathieu is in ’n ideale posisie vir Woensdag nadat hulle tweede in Skof 8 geëindig het,” het het Glyn Hall, die Toyota Gazoo Racing SA spanhoof, gesê. “Hulle hoef dus nie die roete oop te ry nie. Al wat hulle op hierdie tydstip sal moet doen, is om hul voorsprong te verdedig en as ’n ramp hulle nie tref nie, verwag ons dat hulle aan die voorpunt van die ren sal bly.”

Nog net een skof bly oor ná Woensdag se Skof 9, en neem die deelnemers terug na Lima, die hoofstad van Peru, oor ’n roete van 112 km. Die ren eindig Donderdag 17 Januarie met ’n podiumseremonie voordat die motors en lede van die Toyota Gazoo Racing SA renspan terugkeer Suid-Afrika toe.

 

SKOF 8-UITSLAE:

  1. Loeb / Elena
  2. Al Attiyah / Baumel (TOYOTA)                 +07:27
  3. Przygonski / Colsoul (MINI)                        +15:15
  4. De Villiers / Von Zitzewitz (TOYOTA)       +15:55
  5. Roma / Haro (MINI)                                    +15:57
  6. Al Rajhi / Gottschalk (MINI)                        +22:51
  7. Prokop / Tomanek (Ford)                           +28:36
  8. Peterhansel / Castera (MINI)                     +31:41
  9. Lachaume / Polato (Peugeot)                    +36:22
  10. Chabot / Pillot (TOYOTA)                          +41:16

 

ALGEHELE POSISIES NÁ SKOF 8:

  1. Al Attiyah / Baumel (TOYOTA)
  2. Roma / Haro (MINI)                                    +46:29
  3. Loeb / Elena (Peugeot)                              +46:45
  4. Peterhansel / Castera (MINI)                     +53:30
  5. Despres / Cottret (MINI)                            +02:15:27
  6. Przygonski / Colsoul (MINI)                       +02:19:50
  7. Prokop / Tomanek (Ford)                           +02:56:07
  8. Al Rajhi / Gottschalk (MINI)                       +03:54:57
  9. Sainz / Cruz (MINI)                                    +06:42:15
  10. De Villiers / Von Zitzewitz (TOYOTA)      +07:01:01

 

Toyota geniet ’n gesamentlike voordelige vennootskap met Eurol, Toyota Finansiële Dienste en die Innovation-grep sowel as Hallspeed, Imperial Toyota, SKF, Spanjaard, OMP, Donaldson, Mastercraft, Edgecam, 3M, Bandit Signs, Shatterprufe, Supreme Springs, Smith’s Manufacturing, TRD, Peritus Forex, First National Battery, SAA Cargo, STR8-LIGN, Duxbury Netgear, Lumotech en Plan-C Productions.
Categories:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: