Die 2019-Dakar is Sondag 13 Januarie hervat met die sesde skof nadat Saterdag ‘n rusdag was.

  • Al Attiyah/Baumel kom 2de
  • De Villiers/Von Zitzewitz kom 8ste
  • Ten Brinke/Panseri kom 9de

Sondag se skof het heeltemal volgens plan vir die Toyota Gazoo Racing SA-jaer Nasser Al Attiyah (Katar) en sy Franse navigator, Mathieu Baumel, verloop deurdat hul voorsprong tot bykans 38 minute vergroot het, deur tweede in die skof – 02:17 agter die Peugeot-jaer Sebastien Loeb – te eindig.

Toyota Gazoo Racing SA-jaer Nasser Al Attiyah maak gereed om Skof 6 van Dakar 2019 aan te durf.

Al Attiyah het ’n skoon lopie gehad wat hul Toyota Hilux betref, wat die moeilike terrein sonder ’n probleem hanteer het. Sy posisie ná Sondag se lang skof plaas hom nou 37:43 voor Loeb, wat tot tweede opgeskuif het nadat die MINI-jaer Stéphane Peterhansel 18 minute in die skof verloor en tot derde teruggesak het.

Toyota Gazoo Racing SA-jaer Giniel de Villiers, met navigator Dirk von Zitzewitz het die agtste vinnigste tyd vir die dag opgestel. Dié Toyota Hilux-jaers was vir die grootste deel van die skof in die vierde posisie, maar het weens die moeilike navigasiewerk tyd naby die einde verloor.

Dieselfde geld vir hul spanmaats Bernhard ten Brinke en Xavier Panseri, wat die grootste deel van die skof in die derde plek gejaag het. Hulle het ook tyd naby die einde van die skof verloor en negende vinnigste geëindig, wat hulle tot negende algeheel laat opskuif het. De Villiers/Von Zitzewitz is ook terug onder die top-20, en het danksy hul stewige vertoning in Skof 6 die 18de posisie ingeneem.

Intussen het die Toyota Hilux-jaer Aron Domzala van Pole bewys hoe taai die Tpyota’s is. Dié jong jaer het in Skof 5 uitgeval nadat hy teen ’n skerp helling afgejaag het – só skuins dat die voertuig net deur ’n helikopter herwin kon word. Toe die Toyota terug op gelyke grond was, het die diensspan die voertuig bloot aangeskakel en terug tot by die oornaghalte gery, wat die onbetwisbare taaiheid van die Hilux beklemtoon het.

Dieselfde taaiheid en betroubaarheid sal in Skof 7 van die 2019-Dakar beproef word wat alom as die moeilikste van die ren beskou word.

Skof 7 behels ’n sirkelroete van 323 km, en begin en eindig by die tentkamp in San Juan de Marcona. Daarna volg nog drie skofte voordat die ren Donderdag 17 Januarie in Lima, die hoofstad van Peru, eindig.

Skof 6-Uitslae:

  1. Loeb / Elena (Peugeot)
  2. Al Attiyah / Baumel (TOYOTA)                  +02:17
  3. Sainz / Cruz (MINI)                                       +06:56
  4. Despres / Cottret (MINI)                               +13:05
  5. Roma / Haro (MINI)                                      +13:08
  6. Peterhansel / Castera (MINI)                       +18:49
  7. Prokop / Tomanek (Ford)                             +19:22
  8. De Villiers / Von Zitzewitz (TOYOTA)        +23:29
  9. Ten Brinke / Panseri (TOYOTA)                +27:29
  10. Henrard / Du Bois (Henrard)                       +01:00:34

 

Algehele posisies na afloop van 6:

  1. Al Attiyah / Baumel (TOYOTA)
  2. Loeb / Elena (Peugeot)                               +37:43
  3. Peterhansel / Castera (MINI)                      +41:14
  4. Roma / Haro (MINI)                                    +45:24
  5. Despres / Cottret (MINI)                             +01:19:09
  6. Przygonski / Colsoul (MINI)                        +02:03:10
  7. Prokop / Tomanek (Ford)                            +02:31:02
  8. Al Rajhi / Gottschalk (MINI)                        +04:01:19
  9. Ten Brinke / Panseri (TOYOTA)               +04:18:44
  10. Vanagas / Rozwadowski (TOYOTA)           +05:06:50
  11. Sainz / Cruz (MINI)                                     +05:18:01
  1. De Villiers / Von Zitzewitz (TOYOTA)    +06:48:00

 

Toyota Motorsport Suid-Afrika gee erkenning aan sy borge, spesialisverskaffers en tegniese vennote:

 Toyota geniet ’n gesamentlike voordelige vennootskap met Eurol, Toyota Finansiële Dienste en die Innovation-grep sowel as Hallspeed, Imperial Toyota, SKF, Spanjaard, OMP, Donaldson, Mastercraft, Edgecam, 3M, Bandit Signs, Shatterprufe, Supreme Springs, Smith’s Manufacturing, TRD, Peritus Forex, First National Battery, SAA Cargo, STR8-LIGN, Duxbury Netgear, Lumotech en
Plan-C Productions.

%d bloggers like this: