MotorPlus.co.za

Die meeste Suid-Afrikaners in hul vyftigerjare of ouer sal seker die Amerikaanse Ford, Chevrolet en Dodge-bakkies onthou wat tot in die laat 1970’s in Suid-Afrika was.

Hierdie bakkies het van die mark verdwyn, hoofsaaklik as gevolg van die petrolkrisisse van daardie tyd en omdat hulle nie meer met regterhandstuur beskikbaar was nie. Ford het weer probeer om die F 250 hier te bemark maar dit was nie juis ‘n sukses nie.

US Truck Sales het onlangs begin om die Ram 1500-bakkies, wat deur Fiat Chrysler Automoblies in die Verenigde State van Amerika vervaardigf word, na regternahdstuur om te bou, en hierdie bakkies is by uitgesoekte Fiat-, Alfa Romeo- en Jeep-handelaars beskikbaar. Daar is egter nou gerugte wat die ronde doen dat die volgende geslag van hierdie bakkies, wat by die 2018 Detroit-motorskou bekendgestel is, amptelik hiernatoe ingevoer kan word.

Ram se uitvoerende hoof, Mike Manley, het aan die Australiese webtuiste motoring,com.au gesê dat die maatskappy oorweeg om dié bakkies met regterhandstuur te vervaardig en dat hy met die Australiese filiaal saamwerk om vas te stel of dit lewensvatbaar sal wees.  Die RAM-bakkies, as ‘n mens hulle só kan noem, sal die plaaslike mark ‘n hupstoot gee, hoewel hul pryse aan die hoë kant kan wees.

Die nuwe reeks spog met verskeie tegnologies gevorderde kenmerke soos aanpasbare spoedbeheer, ‘n raakskerm met twee uitleespanele en ‘n 900 watt Harman Kardon-klankstelsel. Daarby is hy 100kg ligter as sy voorganger.

Die een probleem is die beskikbaarheid van ‘n dieselenjin, waaroor daar nog geen uitsluitsel is nie. Hoewel mededingers soos die Chevrolet Silverado en die Ford F-reeks met V6-dieselenjins beskikbaar is, is daar nog niks gesê oor ‘n moontlikheid van ‘n soortgelyke enjin vir die Ram nie. Dit kan ‘n probleem vir Australië en Suid-Afrika wees aangsien albei lande dieselenjins verkies. Die twee enjinkeuses waarmee die nuwe Ram 1500 tans beskikbaar is, is ‘n V6 en ‘n V8 van 3,6 en 5,7 liter onderskeidelik.

%d bloggers like this: