Breaking News

Naamsa….november 2018

MOTORVERKOPE ONDER GROOT DRUK

Dis in die mens se aard om slegte nuus te ignoreer in die hoop dat dit net ‘n nare droom is, maar November se voertuigverkope – gemeet teen November 2017 – dui op ‘n geleidelike agteruitgang.

Volgens Naamsa, die Nasionale Motorvervaardigersvereniging, het nuwe voertuie met ‘n totaal van 47 486 eenhede met 2 265 (4.6%) gedaal, terwyl passasiersmotors (31 054) ‘n afname van 1 764 eenhede (5.4%) getoon het. Dat die individuele kopers sukkel, word weerspieël in die berekening dat die verhuringsmark vir nagenoeg 23.9% van die verkope verantwoordelik was. Ligte handelsvoertuie en bakkie-verkope (13 695) het met 891 eenhede (6.1%) afgeneem – ook ‘n slagoffer van dalende verbruikersvertroue en toenemende druk op die verbruiker se besteebare inkomste.

Onder die Top Tien was Toyota steeds op die boonste trappie van die podium, maar sy totaal van 10 904 was ‘n dramatiese 2 438 eenhede minder as in Oktober vanjaar. Toyota se topverkoper, en die algehele topverkoper was weer eens Hilux (3 235) met goeie ondersteuning deur Corolla met 1 426 verkope, Quantum (1 694) en Fortuner met 886 verkope.

Die gebruiklike naaswenner – Volkswagen – het 8 503 verkope aangeteken danksy sy gebruiklike twee staatmakers, Polo (3 092) en Polo Vivo met 2 427 voertuie wat nuwe tuistes gevind het. Ander presteerders in die VW-stal was Golf 7 met 297 verkope, en die Audi-afdeling se indrukwekkende 798. Ford (5 279) beklee soos gewoonlik die derde plek – aangehelp deur Ranger (2 506) – Figo met 1 195 verkope, en Fiesta met 980.

Die vierde plek onder die Top Tien behoort steeds aan Nissan (5 054) wat ‘n geringe verbetering is op die maatskappy se Oktober-syfers van 4 902. Nissan se sterre is NP200 op 1 698 eenhede, Almera (520), X-Trail (200), en NP300 met 761 verkope. Daar is ‘n groot gaping tussen die eerste vier en Hyundai (2 508) in die vyfde plek ondanks ‘n afname van meer as 500 eenhede. Hyundai se Grand i10 het 786 verkope aangeteken – en dit nadat hierdie model die afgelope aantal maande gereeld die duisend eenhede-kerf behaal het.

Renault (2 159) het een plek opgeskuif tot sesde algeheel, danksy mooi prestasies deur Kwid (847), Sandero II op 554 verkope, en Clio IV op 310. Intussen sal Isuzu op 1 805 verkope en sewende algeheel besorg wees oor die meer as 600 eenhede wat hy verloor het – gemeet aan Oktober se 2 462 totaal. Met uitsondering van die MU-X is Isuzu maar ‘n one trick pony by name die KB- bakkiereeks. Einste KB het net 815 kopers genoegsaam beïndruk, terwyl die nuwe naam – D-MAX – darem 603 kopers se aandag getrek het. Vanselfsprekend sal Isuzu hard daaraan werk om sy sesde plek terug te kry. Mercedes-Benz (1 630) skuif een plek op tot agtste ondanks 300 minder verkope (teenoor Oktober).

KIA (1 505) is wankelrig in die negende plek en is net een van twee vervaardigers onder die Top Tien wie se verkope verbeter het teenoor Oktober vanjaar. Sy topverkoper Picanto (567) is egter ‘n duisend-per-maand model en behoort derhalwe veel beter te doen. Ander presteerders in die KIA-stal was onder meer Rio (297) en die indrukwekkende Sportage wat 427 nuwe tuistes gevind het. Soos die vorige maand bly BMW (1 305) in die laaste plek en, soos Mercedes-Benz word individuele modelverkope nie bekend gemaak nie.

 

Vanselfsprekend val talle vervaardigers/invoerders buite die Top Tien, maar speel nogtans ‘n belangrike rol in die Suid-Afrikaanse ekonomie. In hierdie opsig is dit veral Jaguar/Land Rover (356), en Volvo (281) wat goed gevaar het, asook Porsche (115) wat gereeld meer as 100 voertuie per maand van die hand sit. Toyota se luukse handelsnaam – Lexus – het egter ‘n beskeie 69 eenhede verkoop, en is blykbaar nie in staat om Jaguar se 98 te troef nie. In die über-luukse segment behoort November aan Ferrari met 11 verkope, gevolg deur Maserati (5) en Bentley op vier. Audi se skitterende R8 het egter net een koper se hart gesteel.

 

Waarskynlik was November se verkope – skraal sos dit was – ‘n beklemmende voorteken van ‘n verswakkende mark waar die vraag na gebruikte motors reeds 69% van alle verkope beloop, en die spook van stygende rentekoerse om die draai lê en loer.

Top Tien passasiersmotors
1. Volkswagen Polo 3 092

2. Volkswagen Polo Vivo 2 427
3. Toyota Corolla/Auris/Quest 1 426
4. Ford Figo 1 195
5. Ford Fiesta 980
6. Toyota Fortuner 886
7. Renault Kwid 847
8. Toyota Yaris 748
9. Toyota Etios 731
10. Hyundai Grand i10 726

Top Tien ligte handelsvoertuie
1. Toyota Hilux 3 235
2. Ford Ranger 2 506
3. Nissan NP200 1 698
4. Toyota Quantum 1 694
5. Isuzu KB 815
6. Nissan NP300 761
7. Isuzu D-Max 603
8. Hyundai H100 298
9. Volkswagen Amarok 273
10. Nissan Hardbody 241

12 thoughts on “Naamsa….november 2018

  1. Hello to every body, it’s my first pay a visit of this website; this weblog consists of amazing and in fact excellent material in support of readers.

  2. Hi I am so happy I found your site, I really found you by accident, while
    I was looking on Digg for something else, Nonetheless
    I am here now and would just like to say many thanks for a
    incredible post and a all round exciting blog (I also love the theme/design), I don’t have time
    to read it all at the moment but I have bookmarked it and also included your RSS feeds, so when I have time I will be back to read more, Please do
    keep up the excellent job.

  3. I liked as much as you will receive carried out right here.
    The caricature is attractive, your authored material stylish.
    however, you command get bought an nervousness over that you want be handing over the following.
    ill unquestionably come more previously again as exacctly the
    similar nearly very often inside of case you defend thi hike.

  4. Wow! After all I got a webpage from where I be capable of actually take valuable information concerning my study and knowledge.

  5. Asking questions are actually fastidious thing if you are not understanding something
    entirely, but this post gives nice understanding even.

  6. I was wondering if you ever thought of changing the page layout of
    your site? Its very well written; I love what youve got
    to say. But maybe you could a little more in the way of content so people could connect with it better.
    Youve got an awful lot of text for only having one or 2 images.
    Maybe you could space it out better?

  7. Hey would you mind letting me know which hosting company you’re working with?
    I’ve loaded your blog in 3 different internet
    browsers and I must say this blog loads a lot faster then most.
    Can you recommend a good hosting provider at a fair price?
    Thank you, I appreciate it!

  8. I’m no longer surte where you are getting your information, however good topic.
    I must spend some time learning much more or figuring
    out more. Thank you for great information I was oon the
    lookout for this info for my mission.

  9. I seriously love your website.. Pleasant colors &
    theme. Did you build this web site yourself?
    Please reply back as I’m trying to create my own personal website and
    want to find out where you got this from or exactly what
    the theme is named. Kudos!

  10. I used to be suggested this web site via my cousin.
    I am not positive whether this publish is written via him as no one
    else recognize such particular approximately my problem.
    You’re incredible! Thanks!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: