Nissan se Magnite op pad na Suid-Afrika

0 Comments

Nadat Nissan die afgelope jaar of wat redelik stil was, het dié vervaardiger pas ‘n model bekendgestel wat binnekort in Suid-Afrika beskikbaar sal wees.

Die Magnite is Nissan se mededinger in die snelgroeiende marksegment vir kompakte sportnuts-voertuie en is ‘n bewys van die maatskappy se toewyding aan Suid-Afrika asook Afrika suid van die Sahara. Die Magnite is in Japan ontwerp, en volgens Nissan sal hy oor kenmerke beskik wat vir die eerste keer in ‘n motor in hierdie segment beskikbaar sal wees. 

Aan die voorkant spog die Magnite met L-vormige ligdiode-dagryligte, asook ‘n groot sierrooster wat hom van sy mededingers onderskei en lidgiode-bi-prjektor-kopligte. Die binnekant word toegerus met ‘n koordlose selfoon-laaier, ‘n inligting-en-vermaakstelsel met ‘n agtduim-raakskerm asook Android Auto en Apple Car Play, asook Nissan Connect, met meer as 50 kenmerke, onder meer padbystand en slimhorlosie-koppeling, wat by die eienaar se veranderende behoeftes aangepas kan word. Die JBL-luidsprekers is van hoogstaande gehalte, ‘n lugsuiweraar in die kajuit is standaard toerusting en die bagasieruim hou 336 liter, terwyl die agtersitplekke in ‘n 60/40-verhouding verdeel kan word indien meer ruimte benodig word.

Die Magnite word aangedryf deur ‘n nuwe turbo-aangejaagde een-liter petrol-enjin net ‘n keuse van ‘n handratkas of ‘n X Tronic -palwissel (CVT)-ratkas. Hierdie enjin deel die tegnologie van motors soos die Nissan GT-R; dit beteken dat weerstand binne die enjin verminder word, wat gladder versnelling en verbeterde brandstof-doeltreffendheid beteken.  Met die X Tronic-ratkas is dit maklik om in swaar verkeer te bestuur.

Die belangrikste veiligheids-kenmerke sal vir die Magnite beskikbar wees, onder meer ABS-remme met elektroniese remkrag-verspreiding en noodremhulp, stabiliteits- en vastrapbeheer, wegtrekhulp en dubbele lugsakke, asook kameras reg rondom die motor. 

Die presiese bekendstellings datsum, die samestelling van die reeks, asook die spesifikasies en pryse sal later bekendgemak word, maar die Magnite sal na verwagting vroeg in 2021 in Suid-Afrika en in ander lande suid van die Sahara op die mark kom.

Categories:
%d bloggers like this: