Breaking News

Nou kan jy jou Audi goedkoper laat diens

Audi Suid-Afrika het pas ‘n plan bekendgestel waarvolgens eienaars van ouer motors hul motors teen ‘n redelike prys kan laat versien.

Audi Smart Service is beskikbaar vir Audi-motors tussen ses en dertien jaar oud wat nie deur die Freeway Plan of die uitgebreide Freeway Plan gedek word nie.  Dit dek die voertuig vir twee jaar of 30 000 km (wat ook al eerste plaasvind) en sluit ook twee klein olievervangingsdienste teen ‘n afslagprys in. 

Audi Smart Service verseker dat slegs opgeleide tegnici die motor volgens die hoogste standaarde  in stand hou en slegs egte Audi-onderdele en  die mees gevorderde diagnostiese toerusting word gebruik. Die plan beteken dat ouer motors steeds deur Audi-handelaars versien kan word, en die plan kan aangevul word soos wat dit nodig mag wees. Omvattende padbystand is deel van die plan. Dit gee eienaars van ouer Audi-modelle wat nie meer deur ‘n onderhoudsplan gedek word nie, die geleentheid om hul motors steeds deur handelaars te laat voorsien.

Die plan kos R 4 800 en is by enige Audi-handelaar in Suid-Afrika beskikbaar, en vul Audi se Freeway-plan van vyf jaar of 100 000 km en Freeway Plan Extemsion van tien jaar of 300 000 km aan, en is dwarsdeur Audi-eienaars se eienaarskapsiklusse beskikbaar.

%d bloggers like this: