GWM se “P”- bakkie het groot planne

“Great Wall Motors” het pas sy jongste bakkie-reeks, die P-reeks, aan die wêreld bekendgestel. Met hierdie nuwe bakkie-reeks beoog dié Sjinese maatskappy om ‘n plek onder die voorste bakkie-vervaardigers in te neem.

Die P-reeks kry sy naam van die woorde “Power”, “Peak” en “Perfect” en met die nuwe reeks wil GWM groot vervaardigers soos Ford en Toyota tromp-op loop. Die oogmerk is om die algehele top-verkoper in die plaaslike- en uitvoermark te wees, om verkope van altesaam 200 000 eenhede teen 2020 te behaal en teen 2025 drie miljoen eenhede wêreldwyd te verkoop. Die reeks word bekendgestel met die “One Shot with Three Hits”-program; die doel is om ‘n bakkie vir almal te ontwikkel deur ‘n produk van hoogstaande gehalte te bied en uitsonderlike diens aan voornemende kopers te lewer. 

Die P-reeks sal ‘n nuwe embleem kry, wat deur “Power”, “Peak” en “Perfect” geïnspireer is; dit simboliseer die emosionele konnotasies van die nuwe reeks bakkies. Die nuwe reeks is gemik op diegene wat streef na vryheid en op soek is na uitnemendheid en besondere kenmerke wat gewild is in hierdie marksegment. Die P-reeks sal die gerief van ‘n sedan, die veldryvermoë van ‘n sportnuts-voertuig, die veelsydigheid van ‘n stasiewa en die vragdravermoë van ‘n bakkie in een voertuig kombineer. Dansy die nuwe P 71-platform sal die nuwe bakkies veiliger, gemakliker en ligter wees en voornemende kopers sal hul voertuie maklik kan verpersoonlik. 

Wat veiligheids-en-geriefskenmerke betref, sal die P-reeks met die meeste motors glo kan saamgesels; elektries verstelbare en verhitbare sitplekke met ses verstellings, dubbelsone-klimaat beheer en ‘n veelskakel-veerstelsel sal beskikbaar wees, asook stembeheer, baanhouhulp en ander gevorderde bestuurshulpmiddels soos ‘n 360 grade-kamera, ‘n trukamera en baandwaal-waarskuwing. Die turbo-aangejaagde tweeliter-enjin sal aan ‘n outomatiese agtgangratkas gekoppel word. 

Verdere besonderhede, onder meer die Suid-Afrikaanse bekendstellings datum en volledige spesifikasies, sal later bekendgemaak word.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: