Nuwe Fiat 500 radikaal anders

0 Comments

Die derde geslag Fiat 500, wat onlangs in Milaan vertoon is en binnekort bekendgestel word, gaan heeltemal anders as sy voorgangers wees.

Dit sal Fiat Chrysler Automobiles (FCA) se heel eerste volle elektriese voertuig wees en word reeds deur die akteur Leonardo di Caprio onderskryf. Die oorspronklike 500, wat 63 jaar gelede bekendgestel is, het vryheid en mobiliteit na die massas toe gebring en die nuwe model beloof om voertuie wat geen uitlaat-gasse uitskei nie, meer toeganklik te maak. Die tweede geslag, wat in 2007 op die mark gekom het, het ‘n styl-ikoon geword van Italiaanse mode geword en wêreldwyd gewild geword. Sedertdien het die reeks voorturend ontwikkel enm as inspirasie vir kunstenaars en musikante gedien. 

In 2020 word mobiliteit egter meer verantwoordbaar en volhoubaar en regulasies vir omgewings-bewaring word al hoe strenger. Die 500 is gereed hiervoor, en beloof nie net ‘n besondere ontwerp nie, maar ook bestuursgenot. Dit is meer as ‘n rewolusie; dit inspireer vernuwing, want regluasies is nie genoeg om dit te verseker nie; daarvoor is iets besonders, soos die nuwe 500, nodig. 

FCA sou egter nie die rewolusie kon begin sonder vennote met dieselfde positiewe uitkyk wat betrokke wil raak by die verbetering van die omgewing nie. Leonardo di Caprio, wat al die afgelopoe twintig jaar lank persoonlik betrokke by die beskerming van die omgewing is, onderskryf die visie van die nuwe 500 en ondersteun die projek ten volle.  Italiaanse maatskappye soos Giorgio Armani, Bvlgari en Kartell is ook aandeelhouers en blaas nuwe lewe in ‘n strategie waarin volhoubaarheid met uitnemendheid, kundigheid, kreatiwiteit en innovering verweef word. Al drie hierdie maatskappye het unieke  eenmalige weergawes van die nuwe 500 ontwikkel en hierdie waardes gekombineer om hierdie modelle, wat deur styl, kreatiwiteit en vakmanskap gekenmerk word, te skep.  Hulle is geskep met die oogmerk om gebruik te maak van meer volhoubare, natuurlike en herwonne materiaal. Hierdie strategie wat daarop gemik is om die omgewing te verbeter, sluit ‘n veiling ten bate van liefdadigheid in.

Die ontwerpers van die nuwe 500 het met ‘n skoon bladsy begin; dit het hulle in staat gestel om tot in die fynste detail aan elke aspek te werk en die beste oplossings te kies. Twee belangrike oorwegings vir voornemende kopers is reikafstand en laaityd. Die litium-ioonbatterye met ‘n kapasiteit van 42 kWh gee die nuwe 500 ‘n reikafstand van 320 km in die WLTP-siklus.  Om laaityd te bespoedig, word die nuwe 500 toegerus met ‘n laaistelsel van 85 kW wat die laaityd verminder; dit duur net vyf minute om reserwekrag vir 50 km, meer as wat vir alledaagse gebruik nodig is, op te bou. Hierdie vinnige laaistelsel kan die battery tot 80% van sy kapasiteit binne net 35 minute laai. Daar is ‘n Combo 2-kragpunt regs agter wat die laaistelsel aandryf en vir wisselstroom en gelykstroom gebruik kan word. Daar is ook tuislaaiers beskikbaar; onder meer die Easy Wallbox wat aan enige normale tuisstelsel gekoppel kan word. ENGIE EPS het dit uitlsuitlik vir FCA ontwikkel en Mopar sal dit in Europa bemark om saam te val met die bekendstelling van die nuwe 500. Dit is ‘n eenvoudige en toeganklike “inprop-en-laaistelsel”wat maklik deur middel van Bluetooth beheer kan word en jou in staat stel om om die energielading te stabiliseer deur die motor met tot 3 kW se krag te laai sonder dat ervare personeel se hulp benodig word.  Die Easy Wallbox kan ook na 7,4 kW opgegradeer word, wat beteken dat die battery tuis binne ses ure ten volle gelaai kan word. Daar is ook ‘n Mode 3-kabel wat lading deur middel van ‘n openbare kragpunt moontlik maak.

Die bestuurder het ‘n keuse van drie bestuurs-modeusse; naamlik Normal, Range en Sherpa. Normal stel die bestuurder in staat om die motor te bestuur asof dit ‘n gewone petrol enjin gehad het en die Range-funksie gebruik net die versneller-pedaal. Wanneer die pedal gelos word, verminder die motor vinniger spoed as wat met ‘n gewone petrolenjin die geval sou wees, soos wanneer ‘n mens die rempedaal wou trap. Nogtans sal die rempedaal ingetrap moet word om die motor tot stilstand te bring. Met die Sherpa-modus word alle moontlike hulpbronne benut om te verseker dat die bestuurder sy of haar bestemming bereik. Dit verminder energie-verbruik en help die bestuuder om die naaste laaistasie, of bestemming op die navigasie-stelsel, te bereik. Dit beperk die maksimum-snelheid tot 80 km/h  en dekativeer die klimaat beheer en  verhitte sitplekke, hoewel dit enige tyd geaktiveer kan word.

Die enjin lewer 87 kW; die motor kan ‘n topsnelheid van 150 km/h bereik en binne nege sekondes van 0 tot 100 km’h versnel.

Die motor van die toekoms het nie net elektriese krag nie, maar gaan verder deur die eerste motor in sy klas met vlak 2-outonome bestuur te wees. Dit maak dat al die voordele wat vir stedelike bestuurs-toestande wat hiermee gepaard gaan, vir meer motoriste beskikbaar sal wees.

Daar is kameras wat vorentoe wys en alle dele van die motor monitor terwyl die intelligente aanpasbare spoedbeheer rem en versnel om by heersende padtoetstande asook in reaksie op fietsryers en voetgangers aan te pas. Daar is ook ‘n baanhou-hulp wat die motor in die middel van ‘n baan op die oop pad hou. Verder lees ‘n intelligente snelheids-assistent  die toepaslike snelheids-beperking en stel voor dat dit toegepas word terwyl die blindekol-monitor ultrasoniese sensors gebruik en ‘n driehoekige waarskuwing in die buitespieëls gebruik om hindernisse aan te dui. Daar is ook ‘n aandaghulp-stelsel wat bespeur wanneer die bestuurder moeg is en voorstel da thy of sy ‘n blaaskans neem. Laastens is daar 360 grade-sensors wat parkering vergemaklik.

Die nuwe 500 is die eerste FCA-voertuig wat die nuwe U Connect 5-inligting-en-vermaakstelsel gebruik. Die oogmerk met die ontwikkeling daarvan is om bestuurders ‘n splinternuwe gebruikers-ervaring te gee. Die stelsel werk met Android Auto en Apple Car Play en kan volgens behoefte aangepas word. Die bestuurder se slimfoon word maklik met behulp van die 10. 25 duim raak-skerm geïntegreer en die vorm van die skerm pas perfek by die ontwerp vsan die paneelbord in. Daar is ook sekere funksies wat deel van die Telematic Box Module vorm en ‘n aantal dienste bied:

My assistance is ‘n hulpstelsel wat die bestuurder met ‘n assistant verbind wanneer hulp met ‘n onklaar voertuig benodig word. Die eienaar sal ‘n verslag per e-pos ontvang waarin die toestand van die motor bespreekm word.

Met My remote kan die bestuuder vanaf sy of haar slimfoon die laaivlak van die battery nagana, asook ‘n tyd om die battery te laai, skeduleer, die motor se presiese ligging vasstel, die motor oop- of toesluit en die klimaat beheer programmeer. 

Met My Car kan die toestand van die motor nagegaan word, asook sy versieningskedule nagegaan word.

My Navigation  help die eienaar om sy of haar bestemming na die navigasiestelsel toe te stuur, asook die pad- en weerstoestande, spoed-kameras dop te hou. Dit bevat ook inligting oor laaistasies wat bereik kan word na aanleiding van die laaivlak van die battery.
My Wi Fi maak dit moontlik vir insittendes om met die internet verbind te word; altesaam agt toestelle kan tegelyk gekoppel word. 

My Theft Alert verleen hulp wanneer die motor gesteel word. Sodra die diefstal bevestig word, sal klantediens help om die motor op te spoor.

Hoewel die nuwe 500 ‘n splinternuwe motor is, is daar ontwerp-eienskappe van die vorige modelle wat behoue bly as gevolg van die lang geskiedenis van dié model-benaming. Daar is egter ‘n nuwe 500-kenteken pleks van die gebruiklike Fiat-kenteken maar die 500-kenteken aan die agterkant behou sy verbintenis met die verlede, behalwe dat dit in blou omlyn is. Die vooraansig van die nuwe 500 is vertikaal soos dié van die oorspronklike model. Daar was ‘n duidelike skeidslyn tussen die ronde kopligte en die enjinkap; hierdie lyn is met die nuwe model herontwerp. Die kopligte self het  nou ‘n meer elliptiese vorm en beskik oor moderne tegnologie terwyl die deurhandvatsels gelyuk met die bakwerk is. Die deure word egter elektries oop- of toegesluit.  Daar sal ook ‘n afslaankapweergawe wees; die heel eerste elektriese afslaankapmotor ter wêreld. 

Die bekendstellings-weergawe , wat as La Prima bekendstaan, kan reeds deur middel van Fiat se Italiaanse webtuiste bestel word. Hierdie model sal in drie kleure beskikbaar wees, naamlik grys, groen en blou, wat onderskeidelik die aarde, die see en die hemel verteenwoordig. Hierdie model beskik ook oor eko-leerbek-leedsel, volle ligdiode-kopligte en diamantsnit-allooiwiele van 17 duim. Verder beskik hierdie model ook oor ‘n outonome noodremhulp-stelsel, ‘n elektriese parkeerrem, ‘n hoëresolusie-trukamera en aanpasbare spoed beheer.

Dit is nog nie bekend wanneer die nuwe Fiat 500 in Suid-Afrika bekendgestel word nie.

Categories:
%d bloggers like this: