Fuso Trucks, wat deel van Daimler Trucks and Buses Suider-Afrika uitmaak, het pas vier modelle by sy reeks gevoeg terwyl vyf ander huidige modelle verbeter is.

Die nuwe modelle is die FI 12-170, die FJ 18-280 S (kortasafstand), die FJ 18-280 L (langasafstand) en die FJ 26-280. Hierdie nuwe modelle spog met splinternuwe kenmerke wat  verbeterde veiligheid en doeltreffendheid  tot gevolg het.

Fuso bied ‘n reeks doelgeboude vragmotors wat spesifiek ontwerp is vir die verskillende segmente waarin hulle meeding.  Dié handelsmerk is bekend vir betroubaarheid, taaiheid en bandstofdoeltreffendheid terwyl al die modelle uitsonderlike vragdravermoë en rygerief bied.

Benewens die nuwe modelle word opgeknapte weergawes van die FA 9-137 met kort of lang asafstand, die FJ 16-230, ook met ‘n kort of lang asafstand en die FJ 26-280 C bekendgestel. Volgend Ziyad Gaba, die uitvoerende hoof van Fuso Trucks Suid-Afrika is die maatskappy nie net daartoe verbind om sy reeks met die bekendstelling van nuwe modelle uit te brei nie, maar om te verseker dat die huidige reeks gedurig verbeter word om aan klante se veranderende behoeftes te voldoen.  Die samewerking tussen Mercedes-Benz en Fuso beteken dat die FI 2-170 met die Mercedes-Benz FIG 85 toegerus word terwyl die FJ 18-280 en die FJ 26-280 dieselfde enjin en ratkas van Mercedes-Benz deel.

Die werkslading van die enjin word deur ‘n e-viskose waaier met onderbroke aksie verminder; dit verbeter brandstofdoeltreffendheid terselfdetyd.  Spoedbeheer maak lang ritte gemakliker en dra ook tot verbeterde brandstofverbruik by. Die voorruit is só ontwikkel dat oormatige sonlig, asook ‘n tonemane in die temperatuur van die kajuit voorkom word. Daar is ook bykomende bêreplek aan die bokant van die kajuit.  Die klankstelsel bevat ‘n USB-kragpunt en ‘n FM-radio. Daar is ligdiode-ligte in die kajuit; dit is veiliger om ‘n helder binneruim te hê wanneer daar saans stilgehou word. Die vragmotors se veiligheid word verbeter deur ‘n sitplekgordel-gonser, en nuwe kopligte met dagryligte. Die nuut ontwerpte deure pas by die res van die kajuit se ontwerp  terwyl die helder rigtingwysers en kleurgekodeerde stamper tot ‘n meer moderne voorkoms bydra.

Die FI 12-170 word aangedryf deur ‘n turbodieselenjin van 3,9 liter met regstreekse inspuiting wat 125 kW teen 2 500 opm en wringkrag van 520 Nm teen 1 500 opm lewer. Hierdie enjin word gekoppel aan ‘n sesgang-handratkas.  Die FJ-modelle se sessilinder-dieselenjins met ‘n kapasiteit van 6,4 liter lewer 205 kW teen 2 200 opm en wringkrag van 1 100 opm teen 1 600 opm terwyl ‘n handratkas met nege gange standaardtoerusting is. Die FA 9-137 se viersilinder-turbodieselenjin van 3,9 liter lewer 100 kW teen 2 500 opm en wringkrag van 420 Nm teen 1 500 opm en word aan ‘n sesgang-handratkas gekoppel.

Volgens Gaba is Fuso se markaandeel besig om te groei in die verskeie segmente waarin die maatskappy meeding; dit is gevolg van die noue verhouding wat hy met sy klante het. Daarom besef hy dat dit inherent ingewikkeld is om in die vervoerbedryf te werk.  Daarom is dit nodig om voertuie te bemark wat vir verskeie doeleindes aangewend kan word.

Die pryse van die nuwe modelle lyk as volg:

FA 9-137 (vragdraer): R 395 700
FA 9-137 (wipbak): R 390 400

FI 12-170: R 520 000

FJ 16-230 S: 716 100
FJ 16-230 L: R 727 500

FJ 18-280 S: R 798 000
FJ 18-280 L: R 808 000
FJ 26-280 C: R 976 700
FJ 26-280 R: R 956 800

 

 

%d bloggers like this: