Nuwe Lexus RC nou beskikbaar

0 Comments

Sedert sy Suid-Afrikaanse buiging in 2015 het die Lexus RC aan die voorpunt gestaan van dié Japanse vervaardiger se verbintenis tot ‘n meer emosionele gehalte in die bestuurservaring wat sy voertuie bied.

Nou is ‘n opgeknapte weergaw beskikbaar, en hierdie keer is daar net een model, naamlik die RC 350 F-Sport. Die nuwe model se buitestilering is net so sportief soos dié van sy voorganger, maar daar is subtiele veranderinge wat deur Lexus se vlagskip-koepee, die LC, geïnspireer is. Die RC het nou ‘;n nuwe sierrooster-gaaspatroon wat vorms behels wat geleidelik van bo na onder verander. Die vertikale uitleg van die mikro-drievoudige ligdiode-kopligte en die en die nuwe L-vormige ligdiode- dagryligte gee die motor ‘n kenmerkende voorkoms. Aan die agterkant is lugkanale by die agterstamper gevoeg; dit het beter hantering stabiliteit en verbeterde algehele bestuurs reaksie tot gevolg.

Die RC is in tien verskillende kleure beskikbaar, onder meer skakerings van wit, blou, silwer, oranje, grys en swart. Daarby is daar verskeie kenmerke wat ekslusief vir die F-Sport -spesifikasie vlak beskikbaar is, soos 19 duim-allooiwiele met ‘n tienspeek-ontwerp en donker-swart afwerking. Aan die binnekant word ‘n geborselde afwerking vir die verwarmer kontrole en klankpanele gebruik; die kniekussings aan weerskante van die middelkonsole is hoër gemaak om ‘n groter gevoel van ruimte voor in die kajuit te skep. Daar is ‘n nuwe analoog-horlosie, indenties aan dié van die LC, asook nuut ontwerpte bekerhouers. Daar is vier kleure vir die binneruim beskikbaar, naamlik swart, rooi, wit en mosterdgeel; laas genoemde bevat subtiele geel hoogtepunte teen ‘n swart agtergrond. Lexus se ingenieurs se doelwit was om die bestuurservaring van die RC so genotvol as moontlik te maak deur hul aandag op besonderhede te fokus, soos die verbetering van lugdinamika, en deur die veerstesel en kragstelsels te verfyn. Die RC is meer atleties as voorheen, en die ritgehalte is meer stabile as voorheen.

Die RC is net met een enjin beskikbaar, naamlik ‘n V6 van 3,5 liter met vier nokaste en wisselende kleptydreëling, en ‘n outomatiese ratkas met agt gange is standaardtoerusting. Hierdie enjin lewer 232 kW teen 6 600 opm en wringkrag van 380 Nm teen 4 800 opm. Versnelling van 0 tot 100 km/h geskied binne 6,3 sekondes en ‘n topsnelheid van 230 km/h kan behaal word. Daar is vier bestuursmodusse om van te kies, naamlik Eco, Normal, Sport en Sport S+. Dié modusse word gekies met behulp van ‘n ronde knop langs die rathefboom en die kleur van die instrumentepaneel verander om die gekose modus te weerspieël.

Die nuwe RC spog met nuwe veiligheids kenmerke, onder meer ‘n blinde-kolmonitor, asook ‘n baand-waal waarskuwing en ‘n botsings voorkoning-stelsel met voetganger-bespeuring. Daar is ook opdraande wegtrekhulp wat keer dat die voertuig agteruit rol wanneer daar teen ‘n opdraande weggetrek word. Die verhitte buitespieëls kan elektries wegvou om skade in small ruimtes te voorkom en elektrochromatiese tegnologie maak dat die spiels verdof om te keer dat die bestuurder deur verkeer van agter verblind word.

Die prys van die nuwe Lexus RC 350 F-Sport is R 939 100. Dit sluit Lexus se volle waarborg en onderhouds plan van sewe jaar of 105 000 km in. Die voertuig se dienstussen-poses is elke 15 000 km of een keer per jaar.

Categories:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: