Breaking News

Nuwe Peugeot 5008 is ‘n sportnuts

Die Peugeot 5008 se naam is dalk nog dieselfde, maar die jongste model wat hierdie benaming dra, is ‘n sportnuts-voertuig eerder as die mense-karweier wat sy voorganger was.

 

Die mark het verander sedert die oorspronklike 5008 in 2009 bekendgestel is, en sedertdien het ‘n aantal groot sportnuts-voertuie tot die mark toegetree. Dié segment is die enigste een wat die afgelope vyf jaar in gewildheid toegeneem het.

Die rede vir die verandering is dat die mark vir mense-karweiers veral ‘n Europese verskynsel is terwyl Peugeot se oogmerk met die nuwe 5008 ‘n voertuig met wêreldwye aanhang is.  Daarby wil diegene wat veelsydige motors besit, nie gebrandmerk word as mense wat met praktiese voertuie ry nie, en die vraag na sportnuts-voertuie het gemaak dat die gewildheid van sedans en tradisionele meksekarweiers afgeneem het. Baie mense word deesdae na sportnuts-voertuie toe getrek, nie net as gevolg van die prestige wat daarmee verbind word nie, maar ook omdat hulle op soek is na ‘n ruim, praktiese en veelsydige voertuig. Die 5008 is geskep om Peugeot in ‘n hoër marksegment te laat meeding, om die voorste sportnuts-voertuig in die C-segment te wees en om internasionale sukses te behaal.

Die uitstaande kenmerk aan die binnekant van die 5008 is die rewolusionêre iCockpit, met die kleinste stuurwiel ter wêreld vir enige motor, ‘n agtduim-raakskerm en ‘n digitale instrumente-paneel van 12,3 duim met ‘n uitlees-paneel tussen die paneelbord en die voorruit. Laasgenoemde kan volgens die bestuurder se behoeftes verander word en die gebruikers vriendelike raakskerm gee die bestuurder al die nodige inligting vir ‘n gemaklike rit.  Daar is sewe skakelaars in satynchroom vir die lugversorging, navigasiestelsel, voertuigin stellings, telefoon, voertuig toepassings en noodflikkerligte. Met iCockpit Amplify word vier sintuie gelyktydig gestimuleer; naamlik sig (met die verstelbare skermkleur en beligting aan die binnekant), gehoor (met die klankstelsel wat volgens behoefte verstel kan word), gevoel (met die masseer-funksie vir die voorsitplekke wat uit vyf programme bestaan) en reuk (met die lugverfrisser). 

Peugeot se stasiewaens en sportnuts-voertuie was nog altyd bekend vir hul uitsonderlike ruimte en die asafstand van 2,84 meter maak dat die 5008 sy reputasie gestand doen. Dié asafstand is 16,5 meter langer as dié van die 3008.  Die 5008 het sewe sitplekke, in die tweede ry is daar drie afsonderlike sitplekke wat platgevou en gekantel kan word terwyl daar ook twee afsonderlike platvoubare sitplekke in die derde ry is. Die drie sitplekke in die tweede ry is almal ewe breed en hulle kan vorentoe en agtertoe verstel word. Dié sitplekke word ook met ISOFIX-hegpunte vir kinder-stoeltjies toegerus.  Die vloer van die laairuimte is plat wanneer die sitplekke platgevou word en die derde ry sitplekke vou in die bakwerk in wanneer dit platgevou word. Die derde ry kan ook maklik verwyder word; daar is ‘n enkele kontrole daarvoor. Daar is ook verskillende bykom-stighede om die rit vir die agterste insittendes so gemaklik moontlik te maak, soos tafeltjies vir die middelste ry wat in die voorsitplekke wegvou as dit nie gebruik word nie, blinders vir die kantvensters, USB-kragpunte, bekerhouers en ‘n spul bêreplekke vir los goedere. 

Die nuwe 5008 het ‘n kenmerkenbde sportnuts-voertuig-voorkoms aan die buitekant, met ‘n lang, horisontale enjinkap, ‘n vertikale neus en ‘n verhoogde baklyn. Hoewel die nuwe model 19 cm langer as voorheen is, bly sy hoogte dieselfde as sy voorganger; dit gee hom ‘n lang en dinamiese profiel. Die panele bokant die middellyn is in swart afgwerk en vorm ‘n visuele eenheid, terwyl die GT Line ‘n kontrasterende swart dak het; ‘n panoramiese sondak is opsioneel vir dié model beskikbaar. Die voorkant word oorheers met ‘n breë sierrooster en  ligdiode-kopligte is standaard toerusting vir die GT-Line. Die voorkant van die GT Line beskik ook oor ‘n geruite verchroomde sierrooster en ‘n kenmerkende voorstamper. Die agterligte beskik oor die jongste Peugeot-stilerings-kenmerk; drie kloue soos dié van ‘n leeu. 

Onder die veiligheids-kenmerke waarmee die 5008 toegerus is, is ABS-remme met outomatiese noodremhulp, baanhouhulp, ‘n waarskuwing as die bestuurder nie op die pad konsentreer nie, padtekenhulp en spoedgrens-waarskuwing, parkeerhulp met 180 grade-kameras vir die GT-Line, asook ‘n waaskuwing vir die GT-Line wanneer die bestuurder te naby aan die voorste voertuig is.

Die 5008 word toegerus met die mees gevorderde tegnologie wat die bestuuder se selfoon met die motor verbind.  Die 3D-navigasiestelsel vertoon geboue en landmerke maar neem die bestuurder se voorkeure in aanmerking. Met een draai van die stuurwiel word die uitleespaneel van die raakskerm na die instrumentepaneel verplaas om dit makliker vir die bestuurder te maak om dit te sien.  Die speëlskerm (Mirror Screen)-funksie vertoon die bestuurder se selfoonskerm op die raakskerm en maak dit makliker om toegang tot toepassings te kry. Deur ‘n knoppie op die stuurwiel te druk, kry die bestuurder toegang tot stembeheer, terwyl musiek gekies kan word, teks-boodskappe gelees of gestuur kan word of ‘n reisplan aangevra kan word.

Daar is twee enjins vir die 5008 beskikbaar. Die turbopetrolenjin van 1,6 liter lewer 121 kW teen 6 000 opm en wringkrag van 240 Nm teen 1 400 opm. Die tweeliter-turbo-diesel enjin lewer  110 kW teen 4 000 opm en wringkrag van 370 Nm teen 2 000 opm. Albei enjins word aan ‘n sesgang-outomatiese ratkas gekoppel. 

Albei enjins is met twee afwerkingsvlakke beskikbaar. Die intreemodel is die Allure; onder dié model se standaard-kenmerke is outomatiese kopligte, elektries verstelbare en voubare buitespieëls met ligdiode-rigtingwysers, ligdiode-dagryligte, volg-my-en-lei-my-kopligte, dubbelsone-klimaatbeheer, ‘n kombinasie tussen materiaal- en leerbek-leedsel, sleutellose toegang met ‘n aansitknoppie, voorbots-waarskuwing, ‘n blindekol-monitor  en ‘n aanboord-rekenaar. Die GT-Line voeg onder meer die volgende kenmerke by: volle ligdiode-tegnologie, voorste ligdiode-misligte wat saam met die voertuig se stuurwiel draai, ‘n koordlose selfoonlaaier, volle nappa-leerbekleedsel, ‘n gevorderde noodremstelsel met ‘n videokamera en radartegnologie, ‘n 180-grade-kamera en satellietnavigasie. 

Soos die res van die Peugeot-reeks word die 5008 gerugsteun deur ‘n waarborg  en diensplan van vyf jaar of 100 000 km elk, padbystand, ‘n kennisgewing as die voertuig se lisensie hernieu moet word en as die waarborg en diensplan verval, ‘n klantesorg sentrum wat 24 uur beskikbaar is en die My Peugeot-selfoon toepassing.

Die pryse van die verskillende 5008-modelle lyk só:

 

1,6 THP Allure: R 534 900

1,6 THP GT-Line: R 579 900

2,0 HDI Allure: R 554 900

2,0 HDI GT-Line: R 599 900

26 thoughts on “Nuwe Peugeot 5008 is ‘n sportnuts

  1. It’s actually very complex in this active life to listen news
    on TV, thus I just use web for that reason, and take the latest information.

  2. Hi my friend! I want to say that this post
    is awesome, nice written and include almost all significant infos.
    I’d like to look extra posts like this .

  3. Definitely believe that which you stated. Your favorite
    justification appeared to be on the internet the simplest thing to be aware
    of. I say to you, I definitely get irked while people consider worries that they just don’t
    know about. You managed to hit the nail upon the top and also defined out
    the whole thing without having side-effects , people can take a signal.
    Will likely be back to get more. Thanks

  4. Hi, I do believe this is an excellent web site. I stumbledupon it 😉 I will come back once again since I book-marked it.

    Money and freedom is the best way to change, may you be rich and continue to help other people.

  5. My spouse and I absolutely love your blog and find nearly
    all of your post’s to be just what I’m looking for. Would you offer
    guest writers to write content for yourself? I wouldn’t mind
    publishing a post or elaborating on a few of the subjects you write concerning here.
    Again, awesome web log!

  6. What’s up, I want to subscribe for this website to take newest updates, so
    where can i do it please help out.

  7. Hi to every one, it’s really a pleasant for
    me to visit this web page, it includes useful Information.

  8. Good day very cool web site!! Guy .. Excellent .. Superb ..
    I’ll bookmark your site and take the feeds additionally?

    I am happy to seek out so many helpful info right here within the put
    up, we need work out more strategies on this regard, thanks for
    sharing. . . . . .

  9. Woah! I’m really enjoying the template/theme
    of this website. It’s simple, yet effective. A lot of times it’s hard to get that “perfect balance” between superb usability and visual appeal.
    I must say you’ve done a amazing job with this.
    In addition, the blog loads super quick for me on Safari. Exceptional Blog!

  10. great points altogether, you simply won a new reader.
    What may you recommend in regards to your post that you made
    a few days ago? Any positive?

  11. I loved as much as you will receive carried out right here.
    The sketch is attractive, your authored material stylish.
    nonetheless, you command get bought an impatience over that you
    wish be delivering the following. unwell unquestionably come more formerly again as exactly the same nearly very often inside case
    you shield this increase.

  12. Hi there! This article couldn’t be written any better! Going through this
    post reminds me of my previous roommate! He continually kept preaching about this.
    I am going to send this post to him. Fairly certain he’ll have a
    very good read. Thank you for sharing!

  13. Hi there, I discovered your blog by way of Google even as searching for a similar topic, your site came up, it seems to be great.
    I have bookmarked it in my google bookmarks.
    Hello there, just changed into alert to your blog through Google, and located that it
    is truly informative. I am going to watch out for
    brussels. I’ll appreciate for those who continue this in future.

    Numerous other people will likely be benefited from
    your writing. Cheers!

  14. Hi there! I know this is kinda off topic nevertheless I’d figured I’d ask.
    Would you be interested in trading links or maybe guest authoring a blog article or vice-versa?
    My website goes over a lot of the same subjects as yours and I
    feel we could greatly benefit from each other.
    If you happen to be interested feel free to shoot me
    an email. I look forward to hearing from you! Terrific blog by the way!

  15. I’m not sure why but this web site is loading very slow for me.
    Is anyone else having this issue or is it a issue on my end?
    I’ll check back later on and see if the problem still exists.

  16. After checking out a handful of the articles on your website, I truly like your technique of writing a blog.

    I book marked it to my bookmark site list and will be checking back in the
    near future. Please visit my website too and let me know how
    you feel.

  17. Hey there! This is my first visit to your blog!
    We are a team of volunteers and starting a new initiative in a community in the same niche.
    Your blog provided us useful information to work on. You have done a marvellous job!

  18. An impressive share! I have just forwarded this onto
    a colleague who had been conducting a little homework on this.
    And he actually ordered me breakfast because I discovered it for him…
    lol. So let me reword this…. Thank YOU for the meal!! But yeah,
    thanx for spending some time to discuss this matter here on your blog.

  19. I’m very happy to discover this page. I want
    to to thank you for ones time just for this fantastic read!!
    I definitely really liked every little bit of it and i also have
    you bookmarked to see new information in your blog.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: