Die nuwe Opel Combo, wat pas as Internasionale Paneelwa van die Jaar aangewys is, sal vroeg in 2019 in Suid-Afrika verkrygbaar wees.

Behalwe die Combo Cargo, die handelsvoertuig-weergawe, sal die Combo Life, die passasiersweergawe, ook bekendgestel word.  Die Life word as ‘n uiters veelsydige gesinsvoertuig bestempel; dit is beskikbaar met vyf of sewe sitplekke, ‘n keuse van twee asafstande en een of twee skuifdeure aan die kante. Die Cargo sal met twee, drie of vyf sitplekke beskikbaar wees, en ‘n nuwe toevoeging tot die reeks is ‘n vierwielaangedrewe weergawe. Hierdie model is by die reeks gevoeg om te voldoen aan die behoefte van sekere ondernemings aan ‘n klein nutsvoertuig met veldryvermoë.

Die Combo is toegerus met nuwe veiligheidskenmerke, onder meer ‘n stelsel wat waarsku as hy te swaar gelaai is, asook tegnologiese hulpmiddels wat die bestuurder se lewe vergemaklik. Die Combo stel nuwe veiligheidstandaarde in sy klas, en sal PSA, aan wie Opel deesdae behoort, om ‘n groot indruk op die Europese handelsvoertuigmark te maak.

Die nuwe Combo sal in Maart aanstaande jaar in Suid-Afrika beskikbaar wees en verdere besonderhede oor pryse, asook die samestelling van die reeks, sal nader aan die tyd bekendgemaak word.

%d bloggers like this: