Opel se spesiale Corsa 120Y bekendgestel

0 Comments

Ter viering van Opel se 120 ste bestaansjaar het Opel aangekondig dat ‘n spesiale model, die Opel Corsa 120Y (vir 120 Years) Special Edition, wat op die Corsa 1,0 T Enjoy gebaseer is, vrygestel is.

Die Corsa 1,0T Enjoy het in 2017 sy kategorie in die jaarlikse Cars.co.za-verbruikers toekennings gewen, en hoewel die Corsa vir die eerste keer in 1996 in Suid- Afrika op die mark gekom het is, is meer as 13,5 miljoen eenhede verkoop sedert die heel eerste Corsa internasionaal in 1982 bekendgestel is.

Die Corsa 120Y Special Edition, wat van die middel Maart af in Suid-Afrika beskikbaar sal wees, sal toegerus word met ‘n aantal bykomende kenmerke wat hom van die “gewone” 1,0T Enjoy sal onderskei. Onder die veilgheidskenmerke wat as standaard-toerusting vir die 120 Y Special Edition sal wees, is parkeersensors voor en agter, ABS-remme met elektroniese remverspreiding en wegtrekhulp, voorste, kant- en gordyn lugsakke, ‘n trukamera, ISOFIX-hegpunte vir die agtersitplekke en ‘n sentrale sluitstelsel met afstandbeheer.

Die Corsa 120Y sal toegerus word met ‘n Intelli Link-inligting-en-vermaakstelsel met ‘n raakskerm van sewe duim en ses luidsprekers, terwyl ‘n selfoon deur middel van Apple Car Play en Android Auto verbind kan word.

Onder die unieke stilerings-kenmerke is donkersilwer allooiwiele van sestien duim, unieke Opel- skermplate aan die binnekante van die deure, opgegradeerde doekstof bekleedsel vir die sitplekke en veloermatte met die 120Y-embleem daarop geborduur.

Die 120Y deel sy meganiese spesifikasies met die 1,0 T Enjoy. Dit beteken dat hy toegerus word met ‘n turbo-aangejaagde eenliterenjin met drie silinders wat 85 kW teen tussen 5 000 en 6 000 opm opwek en ‘n wringkrag van 170 Nm teen tussen 1 800 en 4 500 opm lewer. Hierdie model sal net beskikbaar wees ‘n sesgang-handratkas. Die gemiddelde brandstofverbruik van die 120Y is 4,6 liter per 100 km. Die prys van die Corsa 120 Y Special Edition, wat ‘n waarborg van vyf jaar of 120 000 km en ‘n diensplan van drie jaar of 60 000 km insluit, is R 259 900.

Categories:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: