Opel is gevestig in Suid-Afrika

Opel en Vauxhall, die twee Europese onderafdelings van General Motors, is intussen deur Peugeot gekoop en nuwe Opel-modelle sal voortaan onderstelle met hul Franse stalmaats deel. Daar is tans 37 Opel-handelaars landwyd wat na huidige Opel-eienaars omsien en nuwe Opels bemark.
Behalwe gevestigde modelle soos die Adam, die Astra en die Corsa, het Opel ook drie sportnutsvoertuie by hul reeks in Suid-Afrika gevoeg. Die Mokka is al geruime tyd lank op die mark maar omtrent twee jaar gelede het hy ‘n aantal veranderinge ondergaan en die Mokka X-naam gekry.
Twee nuwe SNV-modelle aan weerskante van die Mokka X is ook in Suid-Afrika bekendgestel, naamlik die nuwe intreevlak-sportnutsvoertuig, die Crossland X en die nuwe Opel-vlagskip in Suid-Afrika, die Grandland X.

Die Opel Grandland-X is Opel se topmodel in sy reeks.
Die nuwe Opels word deur ‘n waarborg van vyf jaar of 120 000 km en deur ‘n diensplan van vyf jaar of 90 000 km gerugsteun, terwyl ‘n onderhoudsplan teen ekstra koste beskikbaar is.