Opel se bekroonde Combo is hier

0 Comments

Kort nadat die nuwe Opel Combo as Internasionale Paneelwa van die Jaar aangewys is, is hy in Suid-Afrika bekendgestel.

Die nuwe Combo is met ‘n kort en lang asafstand in Suid-Afrika beskikbaar, met lengtes van 4 403 en 4 753 mm onderskeidelik, en albei modelle het ‘n sleep-kapasiteit van 1 250 kg. Hoewel dit in die eerste plek ‘n werks voertuig is, het veiligheid nie agterweë gebly nie, en kenmerke soos lugsakke, wegtrekhulp, ABS-remme met elektroniese rem-verspreiding en elektroniese stabiliteits-beheer is standaard toerusting, Daarby is die kajuit ook heel gerieflik vir ‘n voertuig in hierdie marksegment, met lug-versorging, Bluetooth-verbinding en ‘n radio met ‘n USB-kragpunt en ‘n MP 3-speler en vier luidsprekers. Die laairuim het glad nie vensters nie en dit, tesame met sentrale sluiting met afstasnd-beheer en ‘n agterste elekrtoniese deurslot aan die binnekant maak dat die vrag wat binne-in die Combo vervoer word, nie van buite gesien kan word nie en daarom nie aan diefstal bloot-gestel word nie.

Albei modelle word toegerus met ‘n turbo-diesel enjin van 1,6 liter wat 68 kW teen 4 000 opm en wringkrag van 230 Nm teen 1 600 opm lewer. Volgens die vervaardiger is die gekombineerde brandstrof verbruik op die oop pad en in die stad tussen 4,8 en 5,0 liter per 100 km.

Die pryse van die twee Combo-modelle, wat ‘n waarborg en padbystand van drie jaar of 120 000 km en ‘n diensplan van drie jaar of 60 000 km insluit, lyk soos volg:

Combo Cargo 1,6 TD-kortasafstand: R 311 700
Combo Cargo 1,6 TD-langasafstand: R 350 400

Categories:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: