Opel se Crossland X kry gou dieselenjin

0 Comments

Die Opel Crossland X-reeks gaan gou uitgebrei word met die toevoeging van ‘n nuwe model.

Dié intreevlak-sportnuts voertuig uit die Opel-stal sal van einde Junie af met ‘n turbo-diesel enjin beskikbaar wees. Die diesel model se spesifikasie-vlak sal dieselfde as dié van die Crossland X Enjoy wees, maar die verskil is dat hy toegerus sal wees met ‘n 1,6 liter turbo-diesel enjin wat 68 kW en 230 Nm sal lewer. Volgens die vervaardigers is sy gemiddelde brandstofverbruik 5,4 liter per 100 km.

Die Crossland X het sekere veiligheids-kenmerke as standaard toerusting, onder meer elektroniese stabiliteits-beheer, wegtrekhulp, ses lugsakke, ISOFIX-hegpunte en baandwaal-waarskuwing. Onder die geriefs-eienskappe wat standaard toerusting is, is parkeer-hulp voor en agter, spoed beheer met ‘n snelheids beperker, elektries verstelbare en verhitbare buitespieëls, asook ‘n Intelli-Link-inligting-en-vermaakstelsel met Bluetooth-verbinding, USB- en AUX-kragpunte en ses luidsprekers, terwyl ‘n trukamera opsioneel beskikbaar sal wees.

Die Crossland X Enjoy 1,6 TD se prys sal R 348 450 wees; dit sluit ‘n waarborg van 3 jaar of 120 000 km en ‘n diensplan van drie jaar of 60 000 km in, asook ‘n waarborg teen korrosie van twaalf jaar ongeag die motor se kilometer-lesing.

Categories:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: