Opel het pas aangekondig dat sy reeks vroeg in 2020 uitgebrei gaan word met die toevoeging van ‘n nuwe paneelwa en minibus, albei met name wat nie onbekend aan die Suid-Afrikaanse publiek is nie.

Die eerste Zafira-veeldoelvoertuig is twintig jaar gelede vir die eerste keer internasionaal geloods, maar die nuwe een, die vierde geslag, is groter as vorige modelle en sal as die Zafira Life bekendstaan wanneer hy vroeg aanstaande jaar in Suid-Afrika op die mark kom.  

Die ander nuweling wat binnekort hier verwag word, is die Vivaro-paneelwa. Die nuwe model beskik oor ‘n klein draai-sirkel vir maklike hantering,  verskeie bestuurshulpmiddels, ‘n binneruim wat so gerieflik soos dié van ‘n motor is, en elekrtoniese vastrapbeheer. Volgens Opel is veiligheid en gerief die hoogste prioriteit ongeag die marksegment waarin ‘n voertuig meeding. 

Verdere besonderhede, soos pryse, die samestelling van die modelreekse en standaard toerusting, sal bekendgemaak word wanneer die Zafira Life en die Vivaro in Suid-Afrika geloods word.

%d bloggers like this: