Meer as 70% van alle motors wat die afgelope 70 jaar deur Porsche vervaardig is, is nog op die pad. Dit is dus belangrik dat Porsche as ‘n maatskappy ook omsien na eienaars wat ouer Porsche modelle besit.

Die oplossing is die Porsche Klassieke Vennootskap toevoeging tot sekere bestaande Porsche handelaars waardeur 63 Porsche handelaars dwarsoor die wêreld nou na die belange van klassieke Porsche-eienaars omsien.

In Suid-Afrika is die Pretoria Porsche handelaar pas as een van hierdie 63 internasionale lede aangewys. Dit beteken dat nou saam met die Kaapstad Porsche handelaar, daar nou twee Porsche handelaars in Suid-Afrika is, wat nou Klassieke Vennoot-status het..

Die Klassieke Vennoot-status beteken dat volledige- en gedeeltelike restourasies op Porsche-modelle uitgevoer kan word en meer as 52 000 oorspronklike onderdele vir eienaars beskikbaar gestel word. Oorspronklike herstel- en verftegnieke word vir alle restourasieprojekte gebruik.


Soos met alle Klassieke Vennoot-handelaars, het Pretoria Porsche ook ‘n “klassieke hoekie” vir Porsche-geesdriftiges, met uitstalkabinette, tegniese leesstof, klassieke modelle wat vertoon word, asook spesiale gereedskap in die werkswinkel met tegnici wat spesifiek opgelei is om aan klassieke Porsches te werk. Daarby sal geedsdriftiges ook die geleentheid kry om navorsing oor Porsche se geskiedenis te doen.

Pretoria Porsche in Botterklapperstraat 452, Die Wilgers en die vertoonlokaal kan van Lynnwoodweg af gesien word.

%d bloggers like this: