Ford Suid-Afrika het amptelik begin om die Ford Ranger Raptor-bakkies te bou.

Die eerste tien eenhede van die “bakkie-van-alle-bakkies”, Ford se langverwagte Ranger Raptor, het pas van die produksielyn van Ford se fabriek in Silverton, Pretoria, afgekom, maar sal eers in 2019 te koop aangebied word.

Dié bakkie, wat as die eerste ware hoë werkverrigtingsbakkie in Suid-Afrika beskou kan  word, sal gedurende die eerste helfte van 2019 amptelik bekendgestel en sal vir Suid-Afrika en vir die uitvoermark vervaardig word. Die plaaslike vervaardiging is danksy ‘n belegging van R 3 miljard wat Ford Suid-Afrika gemaak het om die produksiefasiliteite daarvoor op te stel. Mnr Ockert Berry, die operasionele visepresident van Ford vir Afrika en die Midde-Ooste, het dit as ‘n grootse geleentheid vir almal wat aan Ford verbonde is, beskou, aangesien die aanleg die afgelope agttien maande uitgebrei en opgeknap is. Daar sal verdere beleggings volg om aan die groeiende vraag na die Ranger te voldoen, onder meer ‘n bykomende R 160 miljard om produksie nog verder te vergroot.

Berry is veral geesdriftig oor die Raptor wat, volgens hom, nuwe standaarde vir bakkies sal stel. Hy beskou dit as ‘n splinternuwe ontwikkeling vir die bakkiemark en ‘n uiters belangrike model. Die Raptor sal na Europa, die Midde-Ooste en ander Afrika-lande uitgevoer word.

Die Raptor sal aangedryf word deur ‘n splinternuwe turbo-aangejaagde tweeliterenjin wat ‘n kraglewering van 157 kW het en ‘n wringkrag van 500 Nm. Dié enjin sal by die Struandale-aanleg in Port Elizabeth vervaardig word. Dit kom met ‘n tien-gang outomatiese ratkas.

Die Raptor se veldvermoë sal verbeter word met skokbrekers wat deur FOX verskaf sal word, ‘n gevorderde aandrywingstelsel met verskeie bestuurskeuses , ‘n versterkte onderstel en bande wat spesiaal deur BF Goodrich ontwikkel is.

Meer oor die Ford Ranger Raptor

Die Ford Ranger Raptor is geïnspireer deur die F 150 Raptor en bring dié konsep na ‘n nuwe marksegment. Dit kombineer Ford se werkverrigting-DNS met die taaiheid wat ‘n mens van ‘n bakkie kan verwag.

Die voorste sierrooster met die Ford-naam wat groot en duidelik uitgespel word, kan nie misgekyk word nie. Dit herinner ook aan die oorspronlike F 150 Raptor, die eerste hoë werkverrigtingsbakkie ter wêreld. Die raam-tipe voorste stamper sluit LED-misligte en opvallende luguitlate in . Die modderskerms lyk nie net taai nie, hulle is gebou om die stampe en scrape wat gewoonlik metveldry gepaard gaan, te hanteer. Die voertuig vertoon ook groter en breër van omtrent elke hoek af; dit is 1 873 mm hoog, 2 180mm breed en 5 398 mm lank, terwyl sy grondvryhoogte tot 283 mm verhoog is. Die kanttrappe bevat gaatjies wat daarop gemik is om sneeu, modder en sand te dreineer. Die agterstamper bevat ‘n geïntegreerde trekstang en en twee sleephakke. Die Raptor se sleepkapasiteit is 3,8 ton.

Wanneer ‘n mens agter die stuur inskuif, kom jy dadelik ‘n paar verskille agter, soos blou stikwerk en aksente in leer. Die stuurwiel is ook ‘n nuwe ontwerp, nie net is die Raptor-kenteken in die onderste speek aangebring nie, daar is ook ’n rooi strepie aan die bokant wat die bestuurder vertel wanneer die wiele reguit is. Die voorpaneel bevat funksies vir verskillende bestuurshulpmiddels en daar is spane garter die stuurwiel waarmee ratte gewissel kan word.

Die Raptor word toegerus met ‘n terreinbestuurderstelsel wat ses bestuurskeuses bevat en deur middel van kontroles op die stuurwiel gekies kan word. Vir padtoestande is daar die normale- en sportmodusse; laasgenoemde verander die reaksietyd van die versnellerpedaal en sorg ook vir vinniger ratwisseling. Vir veldrytoestande is daar vier opsies om van te kies. Die gras-, sneeu- en gruis-opsie maak dat die voertuig veilig op gladde en ongelyke oppervlaktes bestuur kan word. Die modder-en-sandopsie kan gebruik word as daar optimale vastrapvermoë vir los sand en modder nodig is. Die ‘klip”-opsie is geskik vir omstandighede waartydens beheer oor klipperige terrein teen lae snelhede noodsaaklik is.

Die Ranger Raptor maak gebruik van die beste moontlike tegnologie wat maksimum kraglewering, wringkrag, werkverrigting en brandstofdoeltreffendheid moontlik maak. Die outomatiese ratkas, wat ook oor ‘n handratfunksie met spane agter die stuurwiel vir vinnige ratwisseling beskik, het nie minder nie as tien gange, wat dit die eerste ratkas van sy soort maak. Hierdie ratkas kom ook in die F 150 Raptor voor. Dit viersilinderenjin met ‘n verplasingsinhoud van twee liter het twee turboaanjaers en lewer 157 kw en wringkrag van 500 Nm. Teen laer snelhede werk die twee turboaanjaers saam om wringkrag te verbeter, mar teen hoer snelhede word net die tweede, groter turboaanjaer gebruik om kraglwering te verbeter.

Daar is verskeie bestuurshulpmiddels wat met die druk van ‘n knoppie gebruik kan word en regtig uiters gebruikersvriendelik is. Die SYNC3-stelsel word reeds in ander Ford-modelle gebruik en maak dit moontlik om die inligting-en-vermaakstelsel te gebruik sonder om jou hande van die stuurwiel af te haal. Die satellietnavigasie is uiters geskik vir moeilike of onhebergsame terrain, waar dit ‘n spoor laat. Dit maak dit perfek vir ernstige veldrywerk. Die elektroniese stabiliteitsbeheerstelsel sluit wegtrekhulp, afraandehulp, stabiliteitsbeher vir ‘n woonwa of ‘n sleepwa in. Die veerstelsel word ook aangepas na gelang van die vrag wat gedra word.

Die sleutellose toegang stel die eienaar in staat om die voertuig oop- of toe te sluit en aan te sit sonder om aan ‘n sleutel te raak. Die sleutelhouer maak dat die voertuig met behulp van ‘n radiofrekwensiesein aangesit kan word.

Verdere besonderhede oor wanneer die Raptor in Suid-Afrika te koop aangebied word, sal nader aan die bekendstellingsdatum bekendgemaak word.

%d bloggers like this: