Range Rover Evoque omvattend opgeknap

0 Comments

Nadat byna 800 000 eenhede van die oorspronklike model verkoop is, het Land Rover pas die nuwe weergawe van die Range Rover bekend gestel.

Die nuwe model, wat soos sy voorganger in Brittanje ontwerp en ontwikkel is en vervaardig word, is ‘n meer gesofistikeerde ontwikkeling van sy voorganger en is daarop gemik om aan die behoeftes van hedendaagse kopers te voldoen.

Onder die belangrikste veranderinge wat aan die buitekant aangebring is, is versonke deur-handvatsels, asook slanke Matrix LED-kopligte en ‘n nuwe swart aksentstrook wat die motor se breedte beklemtoon.

Die binnekant is ruimer as voorheen, en spog met 20mm ekstra knie-ruimte as gevolg van ‘n langer asafstand terwyl die bagasierum 10% groter as voorheen is. Dit beteken dat ‘n baba stoot-waentjie of ‘n stel gholfstokke makliker inpas. Daar is ook meer plek vir los goedere; die paneel-kissie is groter en die kompartement tussen die voorsitplekke kan handsakke, tablette en bottels met gemak huisves. Daar is ook verskeie sitplek afwerkings as ‘n alternatief vir leerbek-leedsel beskikbaar, onder meer ‘n wolmengsel, Eucalyptus en Ultrafabrics.

Land Rover se Touch Pro Duo-inligting-en-vermaak stelsel is ‘n belangrike nuwe kenmerk aan die binnekant, en is vir die SE en HSE beskikbaar. Dit bestaan uit twee hoëfinisie glas-raakskerms van tien duim elk , ‘n vertoon paneel van 12,3 duim vir die bestuurder en ‘n volkeur paneel tussen die instrumente paneel en die voorruit. Die skakelaars is makliker om te gebruik as voorheen en die bestuurder het toegang tot meer tegnologiese hulpmiddels as voorheen. Die stelsel is versoenbaar met Apple Car Play, daar is 4G Wi Fi-toegang vir altesaam agt toestelle en ses USB-kragpunte kom in verskillende plekke in die binneruim voor. Daarby het eienaars toegang tot ‘n In Control Remote-slimfoon-toepassing wat maak dat hulle met hul voertuig in verbinding kan bly waar hulle ook al is. Hulle kan die toepassing gebruik om die voertuig op te spoor, vas te stel hoeveel brandstof daar nog daarin is, die motor oop-of toe te sluit en die temperatuur van die klimaat beheer-stelsel te verstel. Sekere inligting word koordloos bygewerk, wat beteken dat die voertuig gedurig verbeter en op datum gehou kan word sonder dat dit nodig is om ‘n handelaar te besoek.

Die Ingenium-enjins waarmee die nuwe modelle toegerus word, bevat nuwe tegnologie wat hulle stiller en meer verfynd maak en die negegang ZF-outomatiese ratkas is verbeter om rygerief in alle omstandighede te verbeter. Twee modelle, die P 250-turbopetrol wat 183 kW teen 5 500 opm  en wringkrag van 365 Nm teen tussen 1 300 en 4 500 opm lewer, en die D 180-turbodiesel met 132 kW teen 2 400 opm en 430 Nm teen tussen 1 750 en 2 500 opm onderskeidelik, is tans beskikbaar, maar ‘n inprop-hibriede-enjin wat 221 kW lewer, sal aanstaande jaar bygevoeg word.

Die nuwe Terrain Rsponse 2-vierwiel aandrywing-stelsel is standaardtoerusting vir die hele reeks.  Die bestuurder kan uit een van vier bestuurs-modusse kies, na gelang van die pad-oppervlak of terrein waarop daar bestuur word, maar daar is ook ‘n Auto-modus wat die voertuig in staat stel om self die geskikte modus vir heersende toestande te kies en die verspeiding van wringkrag outomaties aan te pas.

Een rewolusionêre kenmerk waarmee die nuwe Evoque toegerus is, is Clear Sight Ground View, met kameras in die sierrooster en die buitespieëls;op die raakskerm kan ‘n mens sien wat voor en onder die voertuig gebeur, met ‘n virtuele 180-grade uitsig. Dit help die bestuurder om sigbaarheid te hand-haaf selfs al is die terrein in die stad of in die veld hoe sleg; dit werk nie net vir hindernisse in die veld nie maar ook vir hoë randstene in stedelike toestande. Die truspieël aan die binnekant verander ook in ‘n hoëdefinisie-videoskerm wanneer ‘n knoppie gedruk word. Die bestuurder se uitsig word nie deur passasiers of groot items wat in die voertuig vervoer word nie terwyl ‘n 50 grade sigveld deur middel van ‘n kamera bokant die agterruit voorsien word. Dit maak ook groter sigbaarheid moontlik wanneer die lig swak is. Wanneer daar modder of water op die kameralens is, kan dit met die druk van ‘n knoppie na ‘n gewone spieël toe verander word.

Vier spesifikasie-vlakke is beskikbaar. Die intreemodel het kenmerke soos ‘n turkamera, dubbelsone klimaatbeheer, sleutellose toegang met ‘n aansit-knoppie, spoebeheer, parkeer-sensors voor en agter en baanhou-hulp as standaard toerusting. Die S voeg elektriese voorsitplekke met tien verstellings en Navigation Pro met 3D-kaarte hierby. Die SE spog met die Touch Pro Duo-stelsel met twee raakskerms, ‘n digitale instrumente paneel, ‘n agterklap met kraghulp, 20 duimp-allooiwiele en premium LED-kopligte. Die HSE is die vlagskip-afwerking, wat ook ‘n blindekol-monitor, voorsitplekke met sestien verstellings, ‘n opgegradeerde Meridian-klankstelsel en aanpasbare spoedbeheer met ‘n outomatiese stop-en-ry-beheerfunksie, asook die R Dynamic-stilerings pakket bygoeg. Die R Dynamic-pakket is teen ekstra koste vir die S en SE beskikbaar.

 

Die pryse van die nuwe Range Rover Evoque-reeks lyk soos volg:


Range Rover Evoque 5 Door 2.0 D 132kW D180     R734300

Range Rover Evoque 5 Door 2.0 D 132kW D180 S                   R784300

Range Rover Evoque 5 Door 2.0 D 132kW D180 SE                            R843800

Range Rover Evoque 5 Door 2.0 D 132kW D180 R-Dynamic S           R813000

Range Rover Evoque 5 Door 2.0 D 132kW D180 R-Dynamic SE   R872500

Range Rover Evoque 5 Door 2.0 D 132kW D180 R-Dynamic HSE      R920200

Range Rover Evoque 5 Door 2.0 D 132kW D180 First Edition            R945900

Range Rover Evoque 5 Door 2.0 P 183kW P250                                R776300

Range Rover Evoque 5 Door 2.0 P 183kW P250 S                             R826300

Range Rover Evoque 5 Door 2.0 P 183kW P250 SE                           R885800

Range Rover Evoque 5 Door 2.0 P 183kW P250 R-Dynamic S            R855000

Range Rover Evoque 5 Door 2.0 P 183kW P250 R-Dynamic SE          R914500

Range Rover Evoque 5 Door 2.0 P 183kW P250 R-Dynamic HSE       R962300

Range Rover Evoque 5 Door 2.0 P 183kW P250 First Edition              R987900

Categories:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: