Die Range Rover-reeks is pas uitgebrei met die toevoeging van twee modelle met hibriede-enjins.

Die Range Rover Sport en Range Rover Vogue is nou beskikbaar met ‘n turbo-aangejaagde Ingenium tweeliter enjin wat 221 kW lewer wat, in samewerking met elektriese enjin van 85 kW werk. Die P 400e-model-benaming vir hierdie twee modelle verwys na die totale maksimum kraglewering van 404 perdekrag. Dié kragbron lewer wringkrag van 640 Nm. Dié enjin word voor in die lengte gemonteer, en die elektriese motor is in die middel van die motor, binne-in die outomatiese ZF- ratkas tesame met ‘n aanboord-laaier van 7 kW.

Die presisie en beheer van dié kragbron maak dit maklik om in alle omstandighede en op alle pad oppervlakke vooruit te beweeg en kan maksium wringkrag teen geen omwentelinge per minuut na al vier wiele stuur. Dit verbeter die voertuig se veldryvermoë teen lae snelhede.

Daar is twee bestuurs-modusse om van te kies. Parallel Hybid-modus kombiner petrol- en elektriese aandrywing. Die beste moontlike batterylading of brandstof verbruik kan behaal word deur een van twee laai-bestuurs funksies te gebruik: die Save-funksie keer dat die battery-krag laer as ‘n vooraf gekose persentasie daal. Die Predictive Energy Optimisation-funksie, wat in werking gestel word deur ‘n bestemming op die navigasie-stelsel in te tik, gebruik data van die GPS vir die gekose roete om die petrol- en elektriese enjins op so ‘n manier te kombineer om die beste moontlike brandstof doel-treffendheid te verseker. Die EV-modus stel die voertuig in staat om tot 51 km op niks anders as die energie in die battery te ry nie; dit is die ideale oplossing vir stil, besoedelingsvrye ritte. Wanneer die 13,1 kWh hoëspannings-battery van litium-ioon vining met behulp van ‘n opsionele 32 ampere muurkas tuis gelaai word, duur dit net twee uur en 45 minute. Dit kan ook met die 10 ampere- tuislaaikabel wat standaard toerusting is, gelaai word; om die battery vol te laai, duur sewe en ‘n half ure. Die batterye word vir agt jaar of 160 000 km gewaarborg.

Die Range Rover Vogue P 400e PHEV is met ‘n kort of lang asafstand beskikbaar en word met ‘n aantal tegnolgies gevorderde kenmerke toegerus. Die sondak kan deur middel van handgebare oop- of toegemaak word; ‘n mens hoef net voor die binnetruspieël ‘n handgebaar vorentoe of agtertoe te maak om dit toe of oop te maak. Die pixel-laser LED-kopligte is helderder as gewone ligte, maar wanneer daar verkeer aankom, word sekere LED-dele verdof om te keer dat dié verkeer verblind word. Die sleutel is só ontwerp dat die motor oop- en toegesluit kan word sonder dat ‘n gewone sleutel gedra hoef te word.

Vir dié wat ‘n voertuig as werksplek gebruik, is daar sewentien koppelings, onder meer huishoudelike sokke vir muurproppe, USB- en 12 volt-kragpunte, 4G Wi Fi-punte vir tot agt toestelle en verskeie bêreplekke vir los goedere. Die sitplekke beskik ook oor 25 masseer-programme. Die mees gevorderde inligting-en-vermaakstelsel wat tot nog toe deur Jaguar Land Rover ontwikkel is, is standaard toerusting en beskik oor twee raakskerms van tien duim elk in die middelkonsole. Die stelsel is maklik om te gebruik.

Die Range Rover Sport en Vogue P 400e PHEV word toegerus met ‘n turbo-aangejaagde Ingenium- petrolenjin van twee liter wat altesaam 297 kW teen 1 500 en 4 000 opm en wringkrag van 640 Nm teen tussen 1 500 en 3 500 opm lewer. Volgens die vervaardiger is die gemiddelde brandstofverbruik van albei modelle 2,8 liter per 100 km terwyl ‘n topsnelheid van 220 km/h behaal kan word en daar binne 6,9 sekondes van 0 tot 100 km/h versnel kan word.

Die pryse van die Range Rover P 400e PHEV-modelle is R 1 639 300 en R 2 207 300 vir die Sport en Vogue onderskeidelik. Dit sluit ‘n waarborg en onderhouds-plan van vyf jaar of 100 000km in.

%d bloggers like this: