Volkswagen het dit gedoen: Eers met die VW Kewer, toe met die Citi Golf en nog steeds met die Polo Classic. Fiat doen dit al lankal. Die oorspronklike Fiat 500, 850 en die latere Uno. Ford probeer dit doen met die Figo. Nissan se weergawe is om die 2011 Micra af te stof, te vernuwe en ‘n spesiale model uit te bring – Die Micra Active – wat die volgende jare moet voorloop in die waarde-vir-geld B-segment motors.

Dit is so dat in 2018 die splinternuwe Nissan Micra-reeks geloods gaan word, maar die sakpas Micra Active gaan steeds bly om Nissan se volkswa vir die toekoms vir nou wees. Die nuwe Nissan Micra is teen R159 900 is ‘n baie bekostigbare kopie. Veral as mens die pakket in die geheel beskou.

Die nuwe Micra Activestel nuwe standaarde in die intreevlak van die B-mark motorsegment. Soos die ander Micra’s in die huidige 2011-reeks, is die Micra Active ‘n kompakte voertuig met ‘n ruim en veelsydige binnekant, maar met ‘n meer sportiewe voorkoms as voorheen. Die kopligte, agterligte, en voorste- en agterste buffers is onderhande geneem om dit aantrekliker en meer modern te laat lyk.

Daar is nuwe bekleedsel vir die sitplekke terwyl die paneelbord herontwerp is. Die Micra Active het elektriese vensters voor, ‘n klankstelsel met Bluetooth-verbinding, ‘n verstelbare stuurkolom, handbeheerde lugversorging en ‘n 12-volt kragpunt as standaardtoerusting.

Wat veiligheid betref, word daar ook goed na die bestuurder en ander insittendes omgesien, aangesien ABS-remme met elektroniese remverspreiding en noodremhulp, twee voorste lugsakke, ISOFIX-hegpunte vir die agtersitplekke, deure wat sluit sodra die motor wegtrek, ‘n sentrale sluitstelsel met afstandbeheer en kopstutte voor en agter.

Aan die buitekant is daar ‘n nuwe sierrooster met die Nissan-kenteken binne-in ‘n V-vormige motief, terwyl die stampers, die enjinkap, die modderskerms en die kopligte alles nuut ontwerp is.

Die Micra Active is steeds toegerus met dieselfde drie silinder enjin van 1,2 liter met ‘n kraglewering van 56kw en ‘n wringkrag van 104 Nm. Hierdie krag word deur ‘n vyf-spoed handratkas na die voorwiele gestuur. Nissan voer aan dat die Micra Active slegs 5.2-liter/100km gebruik en behoort ‘n 789 km reikafstand op die 41 liter petroltenk teoreties moontlik te wees. Die 0-100 km/h lopie neem ‘n rustige 13.2 sekondes en  teen 166km/h raak die kar eers uitasem.

Raakskerm met navigasie

Binne is die Micra Active toegerus met ‘n nuwe bekleedsel vir die sitplekke en is daar elektriese vensters vir die voorste insittendes. Die kantspieëls en agterste venster word met die hand verstel. Die lugversorging blaas ook lekker sterk en was die 30 grade buite ‘n vergete gedagte; so koel was die kar. Maar ongetwyfeld die grootste pluspunt van die Micra Active se binneruim is dat kopers Nissan se 7-duim hoë-definisie raakskerm kan laat installeer. Hierdie stelsel kom toegerus met Tom-Tom satelliet navigasie en verkeersinligting word regstreeks op die skerm aangedui.

Die stelsel speel musiek van jou USB, Bluetooth en CD af, maar dit kan ook DVDs, MP4s, en Div-X videos lees. Dit het ‘n ingeboude hardeskyf waarop mens jou gunsteling musiek, foto’s en videos kan stoor.

Nissan noem dat vir die loodsingsfase hierdie raakskerm standaard met die Micra Active uitkom, maar dat dit net vir die volgende drie maande beskikbaar sal wees. Daarna is dit ook R8500 wat kopers sal moet opdok as hulle die raakskerm met hul Micra Active’s wil hê.

Die Micra Active het 14-duim staalwiele met wieldoppe as standaardtoerusting.

Die Tom Tom-navigasiestelsel gee ook vir die bestuurder verkeersinligting en daar is ‘n ingeboude hardeskryf waarop musiek gelaai kan word. Dit is versoenbaar met alle iPod- en iPhone-modelle.

Vir eienaars wat hul Micra Actives verder wil opkikker, is opsionele ekstras soos parkeersensors, ‘n banddrukmonitor en ‘n tru-kamera as opsionele ekstras beskikibaar.

Om die Micra Active ook meer van ‘n individualistiese voorkoms te voorsien het Nissan ‘n Trendsetter Pack bekend gestel. Hierdie opsionele pakket is teen omtrent R8500 beskikbaar en kan voornemende kopers hierdie pakket by die handelaar bestel. Nissan noem ook dat selfs ná die Micra gekoop is, mens terug kan gaan en die Trendsetter Pack op die kar laat sit.

Die Trendsetter Pack sluit in swart allooi wiele, ‘n drukvlerk agter op die dak, modder flappe vir die wiele en chroom afwerking vir die uitlaatpyp.

Padindrukke:

Nissan het nie ‘n baie lang roete vir die loodsing gehad nie, maar dit was meer as genoeg om ‘n idee te kry van hoe die Micra Active hanteer. Media verteenwoordigers het by Gold Reef City ontmoet en het die Micra Active om ‘n gymkhana beter leer ken. Die klein baan met sy kort, vinnige draaie het grotendeels fokus op die Micra Active se hantering geplaas. Met ‘n draai-sirkel van slegs 4.6m het die karretjie heel goed om die keëls beweeg. Daar is ‘n gewiggie aan die stuur wanneer mens oorywerig begin draai, maar dit masker eintlik hoe gemaklik die Micra Active in knap spasies kan wegkruip. Selfs om die kar te parkeer is nie te veel van ‘n probleem nie. ‘n Paar plukke aan die stuurwiel was al wat nodig was om die kar gemaklik in ‘n ruimte te kry.

Die Micra Active se enjintjie klink of dit baie hard werk wanneer dit aan die hardloop is en is dit duidelik hoorbaar wanneer die toere optel. Die ratte wissel met groot gemak, maar wanneer mens oor ‘n spoedwal ry of vanuit ‘n rolbeweging versnel, moet mens ‘n laer rat haak net om aan die gang te kom. Die Micra Active doen ook nie sleg om oor oneweredige padoppervlaktes te ry nie, maar daar is ‘n merkbare geskud.

Die Micra Active se prys is R 159 900 en hy word gerugsteun deur ‘n waarborg van ses jaar of 150 000km en ‘n diensplan van drie jaar of 90 000km.