Van nou af gaan jy punte kry vir roekelose bestuur.

0 Comments

Só werk AARTO

 

Op 13 Augustus 2019 is die Wet op die Administratiewe Beregtiging van Padverkeers-oortredings (AATRO) deur die Parlement aanvaar.

Hierdie wetgewing se oogmerk is om padveiligheid in Suid-Afrika te bevorder deur roekelose motoriste met punte te beboet. Dit werk so: Elke persoon begin met ‘n telling van nul. Elke keer wanneer ‘n mens ‘n verkeers-ootreding begaan, word strafpunte toegeken na aanleiding van die erns van die oortreding.  Wanneer jy dertien strafpunte het, word jou rybewys drie maande lank opgeskort en vir elke drie maande wat jy geen punte gekry het nie, word ‘n punt afgetrek. Wanneer jou rybewys drie keer opgeskort is, kan dit lewenslank gekanselleer word.

Volgens mnr. Eugene Herbert, die besturende direkteur van Master Drive, het Suid-Afrika een van die hoogste padsterfte-syfers ter wêreld. Daarom is dit uiters noodsaaklik dat verkeers-oortreders swaarder gestraf word. “As jy daartoe verbind is om jou deel te doen om ons land se paaie veliger te maak en die verkeersreëls nakom, is daar geen rede om bang te wees nie, maar as net aanhou om verkeers-boetes te kry en nie van plan is om jou gedrag te verander nie, het jy rede om bekommerd te wees oor AARTO”, sê hy.

Die stelsel is nie net daarop gemik om oortreders te straf nie maar om padveiligheid te verbeter deur motoriste se gedrag oor die algemeen te verander. Die strawwe vir verkeers-oortreders is nie swaar genoeg om hulle af te skrik nie en miskien sal AARTO hulle dwing om hul gedrag te verander en veiliger en meer verantwoordelik te bestuur. 

Een ding waaroor mense bekommerd is, is dat die stelsel tot korrupsie kan lei. “Hoewel ‘n mens nog moet sien of die stelsel die slagoffer van korrupsie gaan word, maar op die oomblik kom dit gereeld voor. As jy net ‘n bedrag kan betaal om die gevolge van jou oortredings vry te spring, is dit onmoontlik om ‘n verandering te bereik,“ sê Herbert. Volgens hom is daar mense wat nie omgee om boetes te betaal nie solank hulle verkeersreëls kan oortree.

Waaraan mense nie dink nie, is dat daar ook Suid-Afrikaanse bestuurders moet wees wat aan korrupsie meedoen deur wetstoepassers om te koop, anders sou dit nie plaasvind nie. Op die ou einde hoef ‘n mens nie bang vir AARTO te wees as jy die verkeersreëls gehoorsaam, jou tot padveiligheid verbind  en standpunt teen korrupsie inneem nie.

Master Drive is bereid om gratis konsultasies aan te bied vir diegene wat bekommerd is oor die uitwerking wat AARTO op individue en maatskappyvlote sal hê. Skakel hulle by tel: 011 867 4778 / 0861 100 618 of besoek hulle webwerf by www.masterdrive.co.za.

Categories:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: