Spesiale Ford-bakkie gerestoureer

0 Comments

In 1971 het Ford Suid-Afrika die motor-bedryf verras deur ‘n bakkie gebaseer op die destyds nuwe Cortina Merk 3 bekend te stel.

Dié bakkie het ‘n aparte laaibak en ‘n loonvrag van 750 kg gehad, en was aanvanklik beskikbaar met dieselfde 1,6 liter-enjin as die Cortina-sedan. Later is ‘n twee-liter model met die V4-enjin van die 2000 L-sedan en stasiewa by die reeks gevoeg. Toe die reeks in 1974 groot veranderinge ondergaan het, is die twee-liter model vervang met die 2500 L, wat beskikbaar was met ‘n hand- en outomatiese ratkas.

In 1976 het die All Black-rugbyspan met Andy Leslie as kaptein deur Suid-Afrika kom toer. Ter viering hiervan het Ford vorendag gekom met beperkte modelle van die sedan en die bakkie, met die groen en goue kleure van die Springbok span. Daar was modelle beskikbaar wat gebaseer was op die sedan en die bakkie.  Die bakwerk was groen en die dak, asook die wieldoppe  van die bakkie, was goud. Hierdie modelle is in Ford se destydse fabriek in Port Elizabeth vervaardig. Baie mense wat te jonk was om dié toer, of die spesiale modelle te onthou, dink dit was maar net spesiale verfwerk.

Öns het reeds Erfenismaand met die plaaslik vervaardigde Ranger gevier, maar hierdie keer voer ons dit verder deur mense se kennis van hierdie spesiale Cortina-model te toets, “sê Dale Reid, die bemarkings bestuurder van die Ford-motor-maatskappy van Suid-Afrika (FMCSA). Hy is dankbaar dat daar eienaars is wat moeite doen om seker te maak dat ‘n deel van Ford se geskiedenis goed in stand gehou word.

Dr. Brian Hodgson Rademeyer het een van hierdie Springbok-bakkies, met die 2,5 liter V6-enjin en ‘n outomatiese ratkas by sy oorlede pa geërf. Dr. Rademeyer se oupa het die bakkie nuut gekoop en sy veelsydigheid is gereeld op die proef gestel met lang-afstandritte tussen Pretoria en Belfast in Mpumalanga.  Die bakkie is gereeld vol vuurmaakhout vir die plaas gelaai. Gevolglik het die afstandmeter meer as een keer oorgeslaan. Dr. Rademeyer het eers onlangs die bakkie se bemarkings-potensiaal besef.

Die donkergroen verfwerk het begin verbleik en hy het die hulp van Gustav en Johan Nel van Pretoria ingeroep om dit te restoureer. Die korrekte kode vir die kleur van die fabriek is opgespoor, die ratkas is oorgedoen, die onderdele vir die veerstelsel is ook opgespoor en alle slytasie-komponente is vervang. Driepunt-sitplekgordels, wat destyds nie standaard toerusting vir die bakkie was nie, is aangebring in die belang van veiligheid. Die V6-enjin is verwyder en deurgegaan, maar weer gemonteer. Die goue Springbok-embleme, wat op die voorste modderskerms gemonteer is, is opgespoor en uit viniel gesny. Die enigste kenmerke wat nie standaar is nie, is ligte leerbekleedsel pleks van die oorspronklike donkerder vinielbekleedsel, rubber-voering vir die laaibak en ‘n bakseil. 

“Ford is al sedert die Model T van 1923 ‘n deel van Suid-Afrika se motor-geskiedenis en die maatskappy is steeds een van Suid-Afrika se grootste motor-vervaardigers en uitvoerders, “sê Neale Hill, die bestuderende direkteur van FMCSA.  Volgens hom het motors soos die Cortina-bakkie ‘n groot bydrae tot die geskiedenis gelewer. Hy sê ook dat erfenismaand  meer as net die viering van Ford se nalatenskap is. Dit herbevestig ook Ford se betrokkenheid en verbintenis tot Suid-Afrika.

Die Cortina Merk 3 -bakkie word deur Stuart Grant, wat sy lewe aan die navorsing oor die geskiedenis van Suid-Afrikaanse klassieke motors wy,  beskou as die begin van die Suid-Afrikaans-ontwikkelde bakkie.  Die woord “bakkie”kom van die woord “bak”af, en dit was eers toe die Cortina bekendgestel is wat dié woord algemeen gebruik is.  Dit het só ‘n deel van die Suid-Afrikaanse kultuur geword dat dit nou nog gebruik word.  Hoewel die huidige Ranger ‘n gunsteling onder derduisende aktiewe Suid-Afrikaanse gesinne is, sal die Cortina altyd onthou word as Ford se baanbreker-bakkie en die Springbok-model beklee ‘n baie spesiale plek in die geskiedenis.

Categories:
%d bloggers like this: