Stand van internasionale motorsport

0 Comments

MotorPlus se motorsport-deskundige, Neels Rabe, gee ‘n kort opsomming wat die stand van sake in Formule 1, die Wêreldtydren-kampioenskap (WRC) en Moto GP is.

Formule 1

Die spanne en hulle renjaers wat in vanjaar se Formule 1 deelneem is as volg:

Span                                                     Bestuurders                      

Ferrari                                                 Sebastian Vettel

                                                             Kimi Räikkönen

Force India-Mercedes                  Sergio Pérez

                                                               Esteban Ocon

Haas-Ferrari                                      Romain Grosjean

                                                               Kevin Magnussen

McLaren-Renault                            Stoffel Vandoorne

                                                               Fernando Alonso

Mercedes                                          Lewis Hamilton

                                                               Valtteri Bottas

Red Bull Racing-TAG Heuer         Daniel Ricciardo

                                                               Max Verstappen

Renault                                               Nico Hülkenberg

                                                               Carlos Sainz Jr.

Sauber-Ferrari                                  Marcus Ericsson

                                                               Charles Leclerc

Scuderia Toro Rosso-Honda       Pierre Gasly

                                                               Brendon Hartley

Williams-Mercedes                        Lance Stroll

                                                               Sergey Sirotkin

 

Die Formule 1 seisoen het op Sondag 25 Maart in Melbourne afgeskop waar Lewis Hamilton oënskynlik op ‘n ander planeet was. Hy het sy rekord van eerste-wegspringposisies verhoog na ‘n ongelooflike 73. Spanmaat Valtteri Bottas, in ‘n poging om sy spanmaat se tye te ewenaar. het ‘n groot ongeluk die Saterdag gehadven moes sy ratkas laat vervang. Die gepaardgaande strafposisies het hom laat terugsak na die 15de wegspringposisie.

Hamilton het die wedren met gemak beheer totdat die virtuele veiligheidsmotor geaktiveer is om die Haas-motor  van Romain Grosjean te verwyder. Vettel in sy Ferrari het die oomblik aangegryp om in die kuipe in te duik, en voor ‘n verbaasde Hamilton op die baan te verskyn. Hierdie aksie het verseker dat Vettel sy 48 ste oorwinning in Formule 1 kon aanteken.gelei alhoewel die Ferrari nie die vinnigste motor was nie het Vettel se aksie. Mercedes het later erken dat daar ‘n sagteware-gogga in hulle rekenaarstelsel was wat die berekeninge verkeerd gedoen het. As troosprys vir die plaaslike held, Daniel Ricciardo, het hy darem die vinnigste rondte tyd in die wedren opgestel in sy Aston Martin Red Bull.

Die Amerikaanse span Haas het die meeste aandag die naweek getrek het weens hulle status as die “beste van die res”. Mercedes, Ferrari en Red Bull oorheers die sport die afgelope klompie jaar. Renault het openlik verklaar dat hulle Force India wil onttroon as die span wat die afgelope 2 jaar vierde in die kampioenskap was. Daar word verwag dat McLaren, nou met Renault enjins, ook stem dik behoort te maak. Tog was dit Haas spanlede Magnussen en Grosjean wat nommers 6 en 7 op die wegspringrooster was. Hulle het gemaklik in die top 5 gejaag tot hulle eerste kuipe-stop, maar dis waar die wiele (letterlik) begin afval het. Beide motors is uit die kuipe met ‘n wiel wat nie reg vas was nie, en beide moes onmiddelik onttrek. Tog het hulle goeie vertoning hulle teenstanders laat regop sit, met beskuldigings van onbehoorlike Ferrari hulp. Hoe kan ‘n span wat in slegs sy derde jaar in F1 is, wat nie ‘n windtonnel of ontwikkelingspan het nie, wie geen bekende ingenieurs in hul ontwerpspan het nie, so goed vaar, word gevra? Hulle koop wel hulle enjin, ratkas en suspensie van Ferrari, maar Ferrari mag nie verdere tegniese data en kennis met Haas deel nie.

  1. Sebastian Vettel Scuderia Ferrari
  2. Lewis Hamilton Mercedes AMG Petronas Motorsport
  3. Kimi Raikkonen Scuderia Ferrari
  4. Daniel Ricciardo Aston Martin Red Bull Racing
  5. Fernando Alonso McLaren F1 Team

 

Ronde 2 was op Sondag, 8 April, die Bahrain Grand Prix. In die warmer toestande het Ferrari die oorhand gehad met Vettel en Kimi Räikkönen wat die voorste 2 wegspringposisies beklee het. Dit was Vettel se 51ste voorste wegspringposisie. Kimi het gewig verloor gedurende die Europese winter, en is duidelik weer honger vir aksie. Bottas kwalifiseer in die derde plek en Hamilton vierde, maar hy moet in negende posisie wegtrek nadat dit sy beurt was om ‘n ratkas te vervang.

In die wedren is dit Bottas wat in die eerste draai verby Kimi se Ferrari kom om druk op Vettel te probeer plaas. Bande-strategie sou ‘n deurslaggewende rol speel met die voorste 8 motors almal op verskillende strategieë.

Ferrari bring hulle motors eerste in die kuipe. Vettel, nou op sagte bande, sal dus waarskynlik weer moet stop. Dis hoogs onwaarskynlik dat hy 39 rondtes op die sagte bande sal kan voltooi – of is dit? Kimi word aan die einde van rondte 35 ingebring vir sy tweede stop, maar kry te gou die sein om weg te trek. Hy ry werktuigkundige Francesco Cigarini raak, wat hospitaal toe geneem word met ‘n gebreekte been.

Intussen vang die Mercedes van Valtteri Bottas vir die Ferrari van Sebastian Vettel, maar hy slaag nie daarin om verby die Ferrari te kom nie. Teen alle verwagtinge doen Vettel 39 rontes met die sagte bande, wen sy tweede agtereenvolgende Grand Prix, en vergroot sy vroeë kampioenskap voortou.

  1. Sebastian Vettel Scuderia Ferrari
  2. Valtteri Bottas Mercedes AMG Petronas Motorsport
  3. Lewis Hamilton Mercedes AMG Petronas Motorsport
  4. Pierre Gasly Red Bull Toro Rosso Honda
  5. Kevin Magnussen Haas F1 Team

 

2018 F1-Kampioenskap Puntelys na 8 April

1       Sebastian VettelScuderia Ferrari                       50

2       Lewis HamiltonMercedes AMG Petronas      33

3       Valtteri BottasMercedes AMG Petronas        22

4       Fernando AlonsoMcLaren Renault                   16

5       Kimi RaikkonenScuderia Ferrari                          15

 

Volgende rondte is die Heineken Sjinese Grand Prix in Shanghai.

 

Wêreldtydren-kampioenskap

Die spanne en hulle renjaers wat in vanjaar se Wêreldtydren-kampioenskap deelneem, is as volg (let op dat somminge bestuurders/spanne aan nie al die tydrenne deelneem nie):

 

Vervaardiger Motor No. Bestuurder Navigator
Ford Ford Fiesta WRC 1 Sébastien Ogier Julien Ingrassia
2 Elfyn Evans Daniel Barritt
Phil Mills
3 Bryan Bouffier Xavier Panseri
Teemu Suninen Mikko Markkula
Hyundai Hyundai i20 Coupe WRC 4 Andreas Mikkelsen Anders Jæger-Synnevaag
5 Thierry Neuville Nicolas Gilsoul
6 Dani Sordo Carlos del Barrio
Hayden Paddon Sebastian Marshall
Toyota Toyota Yaris WRC 7 Jari-Matti Latvala Miikka Anttila
8 Ott Tänak Martin Järveoja
9 Esapekka Lappi Janne Ferm
Citroën Citroën C3 WRC 10 Kris Meeke Paul Nagle
11 Craig Breen Scott Martin
Sébastien Loeb Daniel Elena
12 Mads Østberg Torstein Eriksen
Khalid Al-Qassimi Chris Patterson

 

 

  1. Monte-Carlo

Die Wêreldtydren-kampioenskap het reeds op 25 Januarie afgeskop met die beroemde Monte-Carlo Tydren. Die man wat hierdie tydren die afgelope 4 jaar oorheers het, is vyf maal wêreldkampioen, Sebastien Ogier. Sou hy dit 5 in ‘n ry kon maak? Inderdaad! ‘n Fenominale rekord vir die man wat sy eerste 4 wêreldtitels in ‘n Volkswagen gewen het, in 2017 orgeskakel het na M-Sport se Ford, en toe sy vyfde agtereenvolgende titel ingepalm het. Monte-Carlo 2018 word ook sy vyfde agtereenvolgende oorwinning van hierdie ikoniese tydren.

 

  1. Sebastien Ogier M-Sport Ford Fiesta WRC
  2. Ott Tanak Toyota Yaris Gazoo Racing
  3. Jari-Matti Latvala Toyota Yaris Gazoo Racing
  4. Kris Meeke Citroen C3 Abu Dhabi WRC
  5. Thierry Neuville Hyundai i20 Coupe WRC

 

  1. Swede

Huidige reëls dikteer dat Sebastien Ogier toe die volgende tydren, wat op 15 tot 18 Februarie in Swede gehou is, in die voorste wegspringposisie moes begin. Weens die swaar sneeu sou dit beteken dat die Ford baie tyd teenoor sy teenstanders sou verloor. Thierry Neuville, wat laasjaar meer as een tydrenoorwinning weggegooi het deur onnodige foute, hierdie vanjaar nie dieselfde fout gemaak nie, en wen sy eerste tydren vir 2018

 

  1. Thierry Neuville Hyundai i20 Coupe WRC
  2. Craig Breen Citroen C3 Abu Dhabi WRC
  3. Andreas Mikkelsen Hyundai i20 Coupe WRC
  4. Esapekka Lappi Toyota Yaris Gazoo Racing
  5. Hayden Paddon Hyundai i20 Coupe WRC

 

  1. Mexico

Die groot nuus in Mexico wat op 8 tot 11 Maart gehou was, was die terugkeer van tydren legende, nege maal wêreldtydrenkampioen Sebastien Loeb. Loeb het vyf jaar laas voltyds aan die kampioenskap deelgeneem, en sal vanjaar tydens drei byeenkomste in aksie wees. Hy was veral versigtig omdat daar van die sneldele in Mexico was wat hy nog nooit gesien het nie. Met die oefeninge Donderdag was hy slegs tiende vinnigste. Vrydag het hy geleidelik sy spoed begin terug kry. Wat van die 31 km sneldeel wat hy nog nooit gejaag het nie? Hy wen hom toe sommer, plus nog ‘n sneldeel om hom tweede plek te besorg agter die Hyundai van Spanjaard Dani Sordo. Saterdagoggend se eerste sneldeel wen hy oortuigend om die eerste plek in te neem – onthou, sy eerste tydren in 5 jaar! ‘n Droom terugkeer het egter tot sneldeel 14 gehou voordat ‘n papwiel hom sou laat terug sak na die vierde plek. Steeds nie ‘n slegte vertoning deur die 44 jarige nie!

 

  1. Sebastien Ogier M-Sport Ford Fiesta WRC
  2. Dani Sordo Hyundai i20 Coupe WRC
  3. Kris Meeke Citroen C3 Abu Dhabi WRC
  4. Andreas Mikkelsen Hyundai i20 Coupe WRC
  5. Sebastien Loeb Citroen C3 Abu Dhabi WRC

 

  1. Tour de Corse Frankryk

 

Op 5 tot 8 April was dit terug teer toe na die grond van Mexico en die sneeu van Swede.  Sebastien Ogier toon dat hy weereens die man gaan wees om te klop deur redelik gemaklik die tydren te wen. In die proses vergroot hy sy voorsprong in die wêreldkampioenskap na 17 punte.

 

Vir Sebastien Loeb was dit die tweede van drie tydrenne vanjaar, en hy begin op ‘n hoë noot deur in die 49 km lange La Porta sneldeel tweede te eindig. Hy het geen roetenotas van die huidige sneldele soos die ander deelnemers. Dis ook sy eerste ervaring van die nuwe Citroen op teer. Dit alles dra daartoe by om sy uitstekende terugkeer soveel merkwaardiger maak. Ongelukkig sou dit op die volgende sneldeel tot ‘n einde kom toe hy in ‘n sloot beland en nie kan uitkom nie. Hy was die volgende dag terug onder die spesiale reëls, maar met geen kans om die tydren meer te wen nie. Nogtans wen hy 3 sneldele teen die beste jong tydrenjaers wat die wêreld kan bied!

 

  1. Sebastien Ogier M-Sport Ford Fiesta WRC
  2. Ott Tanak Toyota Yaris Gazoo Racing
  3. Thierry Neuville Hyundai i20 Coupe WRC
  4. Dani Sordo Hyundai i20 Coupe WRC
  5. Elfyn Evans M-Sport Ford Fiesta WRC

 

2018 Kampioenskap na afloop van 8 April

1       Sebastien OgierM-Sport Ford                             84

2       Thierry NeuvilleHyundai Shell Mobis               67

3       Ott TanakToyota Gazoo Racing                           45

4       Andreas MikkelsenHyundai Shell Mobis        41

5       Kris MeekeCitroen Total Abu Dhabi                 36

 

Volgende rondte is Argentinië 26 – 29 April 2018.

 

Moto GP

Liefhebbers van Grand Prix motorfietswedrenne sal vir enige iemand wat wil luister, vertel dat MotoGP die afgelope paar jaar een van die mees opwindendste motorsport wêreldkampioenskappe is. Talle vervaardigers het sedert 2002, toe die ou 500cc 2-slag motorfietse vervang is met nuwe generasie vierslag motorfietse, tot die sport toegetree. Sien onderstaande lys vir 2018:

 

Span                                                              Vervaardiger                  No.           Jaer

 

Ducati Team                                               Ducati                                04              Andrea Dovizioso

99              Jorge Lorenzo

Monster Yamaha Tech 3                        Yamaha                            5                Johann Zarco

55              Hafizh Syahrin

Alma Pramac Racing                                Ducati                                9                Danilo Petrucci

43              Jack Miller

Reale Avintia Racing                                Ducati                                10              Xavier Siméon

53              Esteve Rabat

EG 0,0 Marc VDS                                       Honda                               12              Thomas Lüthi

21              Franco Morbidelli

Ángel Nieto Team                                    Ducati                                17              Karel Abraham

19              Álvaro Bautista

Movistar Yamaha MotoGP                   Yamaha                            25              Maverick Viñales

46              Valentino Rossi

Repsol Honda Team                                Honda                               26              Dani Pedrosa

93              Marc Márquez

Team Suzuki Ecstar                                  Suzuki                               29              Andrea Iannone

42              Álex Rins

LCR Honda                                                   Honda                               30              Takaaki Nakagami

35              Cal Crutchlow

Red Bull KTM Factory Racing                KTM                                   38              Bradley Smith

44              Pol Espargaró

Aprilia Racing Team Gresini                  Aprilia                                41              Aleix Espargaró

45              Scott Redding

 

Hierdie 1000cc monsters weeg ‘n skamele 158 km. Die hoogste snelheid gemeet tydens ‘n wedren is 354.7 km/h (Ducati jaer Michele Pirro tydens die 2017 Italiaanse Grand Prix).

 

Vanuit ‘n Suid-Afrikaanse oogpunt is daar besondere belangstelling in Moto2 (250cc vierslagklas) waar die 2016 Moto3 wêreldkampioen, Brad Binder, deelneem in die KTM fabriekspan, asook Steven Odendaal. Odendaal was 3de in die Europese Moto2 kampioenskap in 2017, en ry op ‘n NTS. In 2016 was hy Europese FIM CEV Repsol kampioen. In Moto3 jaag Brad se broer, Darryn Binder, ook op ‘n fabriekspan KTM.

 

Moto2 is uniek deurdat net 600cc Honda enjins gebruik mag word. Moto3 gebruik ‘n verskeidenheid van 125cc vierslagenjins.

 

  1. Qatar

Die 2018 seisoen het 18 Maart in Qatar begin, waar die Fransman Johann Zargo op sy “ou” Yamaha (2016 raam met ‘n 2017 enjin) ‘n nuwe baanrekord in kwalifisering opstel. Hy was egter bekommerd of hy tydens die wedren die pas kon volhou omdat hy bang was sy bande laat hom in die steek. Ongelukkig was hy reg. Vir die grootste deel van die wedren het Zarco voorgeloop, maar teen die einde baie vinnig terug gesak tot die agste posisie. Aan die voorpunt was dit egter die 39 jarige Valentino Rossi op sy Yamaha, Honda stêr Marc Marquez, en 2017 se verrassing Andrea Dovizioso (Ducati) wat weggebreek het. Die laaste rondte, op die laaste draai, was dit Marquez wat weereens sy Honda aan die binnekant van Dovizioso se Ducati inwurm. Twee keer in 2017 het hy dit met Andrea gedoen (Oostenryk en Japan), en vir die derde keer is die uitslag dieselfde. Dovi rem vroeër, draai gouer, en versnel verby die Honda om sy 9de GP oorwinning te behaal.

 

Andrea Dovizioso               Ducati Team (GP18)

Marc Marquez                     Repsol Honda (RC213V)

Valentino Rossi                   Movistar Yamaha (YZR-M1)

Cal Crutchlow                       LCR Honda (RC213V)

Danilo Petrucci                    Pramac Ducati (GP18)

 

Brad Binder behaal die sesde plek in Moto2, terwyl Steven Odendaal 22ste eindig. Ongelukkig voltooi Darryn Binder nie die Moto3 wedren nie.

 

2 Argentinië (8 April)

Nat toestande maak kwalifisering baie moeilik. Jack Miller, nou in sy vierde jaar in MotoGP, stel die vinnigste rondtetyd op. Na 3 jaar op Hondas ry hy vanjaar ‘n 2017 model Ducati. Hy wen sy eerste en enigste MotoGP wedren op 26 Junie 2016 op ‘n nat Assen. Wat dit nog meer spesiaal gemaak het, was die feit dat hy in slegs die negentiende posisie weggetrek het! Sou hy instaat wees om die hordes fabrieksjaers agter hom te hou?

 

Vir die huidige kampioen, Honda se Marc Marquez, begin die wedren rampspoedig toe hy sy motorfiets se enjin laat vrek net voor die wegtrek. Na ‘n chaotiese geskarrel en gestoot kry hy die Honda weer aan die lewe.  Hy is veronderstel om nou vanuit die kuipe weg te trek, maar ignoreer die beamptes. Hy trek saam met die res weg, net om later ingeroep te word om stadig deur die kuipe te ry as straf.

 

Johann Zarco (Tech3 Yamaha), Alex Rins (Ecstar Suzuki), Jack Miller (Pramac Ducati) en Cal Crutchlow (LCR Honda) is die manne wat wegbreek van die res. Die vinnigste man op die baan is egter Marquez. Sy fenominale talent stel hom instaat om van die 19de posisie te vorder tot in die top 10. Ongelukkig is sy verbysteek poging van Valentino Rossi bietjie te optimisties. Hulle raak, albei draai wyd, maar Rossi aan die buitekant beland op die gras waar hy oombliklik val. Hierdie oomblik van onbesonnenheid veroorsaak dat Marc sy vyfde plek verloor a.g.v. 30 sekondes straftyd. Dit beteken hy eindig buite die punte-draende posisies. Sy middag se werk was verniet.

 

In die laaste rondtes is dit die Honda van voormalige wêreld supersport kampioen Cal Crutchlow wat daarin slaag om Johann Zarco agter hom te hou om sodoende sy derde MotoGP oorwinning te behaal. Vir Alex Rins is derde plek sy eerste MotoGP podium ooit. Dit bevestig ook sy stelling vroeër vanjaar dat die 2018 Suzuki “100 keer” beter is as die 2017 model.

 

1       Cal Crutchlow             LCR Honda (RC213V)

2       Johann Zarco              Monster Yamaha Tech3 (YZR-M1)

3       Alex Rins                       Suzuki Ecstar (GSX-RR)

4       Jack Miller                    Pramac Ducati (GP17)

5       Maverick Viñales       Movistar Yamaha (YZR-M1)

 

Hierdie keer is die Brad Binder wat nie die Moto2 GP voltooi nie. Steven Odendaal behaal die 18de plek. In Moto3 eindig Darryn Binder slegs 22ste.

 

2018 kampioenskap na afloop van 8 April

1    Cal Crutchlow                LCR Honda (RC213V)                                         38

2    Andrea Dovizioso         Ducati Team (GP18)                                          35

3    Johann Zarco                 Monster Yamaha Tech3 (YZR-M1)              28

4    Maverick Viñales          Movistar Yamaha (YZR-M1)                           21

5    Marc Marquez              Repsol Honda (RC213V)                                  20

 

Die aksie verskuif nou na die Circuit of the Americas vir die VSA Grand Prix op 22 April 2018.

Categories:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: