Die nuwe Subaru XV wat in Julie 2017 in Suid-Afrika bekendgestel is,  is ‘n oorkruisvoertuig met Subaru se bekende simmetriese vierwierlaandrywingstelsel en ‘n nuwe Boxer-enjin van twee liter. Die nuwe model het ook die groter modelle se X Mode-stelsel wat sy veldryvermoë aansienlik verbeter deur net ‘n knoppie te druk. Boonop is die nuwe XV ook toegerus met verbeterde veiligheidskenmerke.

Die nuwe XV is die eerste oorkruisvoertuig wat Subaru se nuwe ontywerpfiolosofie volg; hy is langer en breër as sy voorganger en die seshoekige sierrooster is kenmerkend van al Subaru se jongste modelle. Die swart skorte onder aan die bakwerk en op die modderskerms gee die XV nie net ‘n geharde voorkoms nie, maar beskerm ook die bakwerk teen krapmerke, veral wanneer daar in die veld gery word. Daar is splinternuwe allooiwiele in 17 of 18 duim en die hele reeks het ‘n haaivin-lugdraad, dakrelings en ‘n drukvlerk wat op die dak gemonteer is.

Die binnekant is meer doeltreffenmd en funksioneel as voorheen. Die nuwe kajuit het ‘n Top 10-toekenning by Wards Auto, wat elke jaar die binnekante van voertuie beoordeel, gewen. Dit is die heel eerste keer dat ‘n Subaru se binnekant hierdie eer te beurt val. Die hele binnekant is in skakerings van silwer en swart afgewerk en ‘n stileringskenmerk wat van die vorige model af oorgedra is, is oranje stikwerk dwarsdeur die kajuit, onder meer op die sitplekke, die rathefboom en die stuurwiel. Dié kenmerk ondersklei die XV van enige ander model in Subaru se reeks.

Die ES, die luukse model, is toegerus met ‘n inligting-en-vermaakstelsel met ‘n skerm van agt duim wat die eienaar in staat stel om verskeie mediatoestelle aan die stelsel te koppel. Hierdie stelsel sluit ook ‘n Tom Tom-satellietnavigasiestelsel in. Die stelsel wek op baie dieselfde manier as die meestre slimfone; dit is toegerus met Android Auto en Apple Car Play, asook stembeheer. Verskeie funksies werk met die druk van een knoppie, soos die aansitrknoppie wat met sleutellose toegang gepaard gaan en venstrers wat oop- en toegemaak kan word deur net een keer aan die skakelaar te raak. Die ES is ook beskikbaar met ‘n sondak wat kan skuif en kantel.

Die nuwe tweeliterenjin beskik oor regstreekse inspuiting en is 12 kg ligter as voorheen. Diue enigste ratkas waarmee die XV beskikbaar is, is ‘n CVT-ratkas met sewe gange en spane agter die stuurwiel wat ratwissweling vergemaklik. Die nuwe enjin lewer 115 kw teen 6 000 opm en 196 Nm teen 2 400 opm.

Die nuwe XV word ook nou toegerus met die X-Mode vierwielaandrywingstelsel wat voorheen net op modelle soos die Forester en die Outback beskikibaar was. Dit is ontwerp om bestuursgenot op verskillende tipes oppervlaktes te verhoog deur enjinbeheer en die werking van die aandrywingstelsel volgens behoefte te optimaliseer. Die XV se grondvryhoogte is 220mm, die beste in sy klas.

Die XV is toegerus met verskeie veiligheidskenmerke, onder meer die Eye Sight-program wat net op die ES-model beskikbaar is. Die LED-kopligte skakel outomaties tussen hoë en lae straal na gelang van padtoestande en omstandighede. Daar is ook stesels wat die bestuurder waarsku as daar per abuis van baan versissel word, as daar ‘n voertuig in die bestuurder se blinde kol is en as daar voetgangers of ander voertuie aan die agterkant van die voertuig is.

Die Eye Sight-stelsel bied vier tipes bestuurshulpmiddels wat daarop gemik is om botsings, wat veroorsaak word deur ‘n bestuurder wat moeg is of nie konsentreer nie, te voorkom of die erns daarvan te verminder. Dié stelsel bespeur voetruie, fietsryers, voetgangers of ander hinderisse tot 110meter  voor die voertuig. Die enjin, ratkas en remstelsel gebruik data van die stereo-kameras om die spoedbeheer te reguleer, te keer dat daar per abuis van baan verwissel word en die versneller voor ‘n moontlike botsing te beheer. Daarby is daar ‘n stelsel wat die motor outomaties tot stilstand bring as daar agteruit gery word en ‘n hindernis bespeur word en die bestuurder niks daaraan doen nie. Die nuwe XV was die veiligste voertuig wat nog ooit deur die Japanse NCAP-program geëvalueer is, en het ook volpunte in die Europese- en Australiese NCAP-program behaal. Subaru het die Eye|Sight-stelsel ses maande lank in Suid-Afrika getoets.

Die XV sal in een van nege kleure beskikbaar wees. Die reeks bestaan uit twee modelle; die 2,0i CVT en die 2,0i S-ES. Die pryse van dié twee modelle is onderskeidelik R 385 000 en R 439 000. Die XV word gerugsteun deur Subaru se fabriekswaarborg van vyf jaar of 150 000km en ‘n volle onderhoudsplan van drie jaar of 75 000km, wat teen ekstra koste na vyf jaar of 150 000km verleng kan word.