Suzuki Suid-Afrika het in Julie vanjaar ‘n rekordgetal eenhede in Suid-Afrika verkoop.

Die 1577 eenhede wat in dié maand verkoop is, verbeter die rekord van 1 479 eenhede wat in Junie vanjaar opgestel is met 6.6%.  Deur alle markverwagtings te oortref, het Suzuki sy markaandeel van 3,4% na 5,3% opgestoot; daarby sal die 75 000ste Suzuki in Augustus in Suid-Afrika verkoop word: Net meer as ‘n dekade nadat dié vervaardiger tot die plaaslike mark toegetree het.

Volgens  mnr. André Venter, die afdelingshoof van bemarking en verkope van Suzuki Auto Suid-Afrika, volg dié maatskappy ‘n positiewe benadering deurdat daar in nuwe handelaars en produkte belê word met die oortuiging dat mense, te midde van minder gunstige marktoestande, produkte wat goeie waarde vir geld bied, sal kies.

Die gewildste model in Julie was die Swift, waarvan 635 eenhede verkoop is. Die ander modelle wat goed verkoop het, was die Celerio (255 eenhede), die Ignis (164 eenhede) en die Ertiga (127 eenhede).

81 Suzuki Jimnys is in Julie 2019 in Suid-Afrika verkoop.

Die reeks is pas uitgebrei met die toevoeging van die Swift Sport en die Vitara Turbo, wat met Suzuki se nuwe turbo-aangejaagde Boosterjet-enjins toegerus word.

%d bloggers like this: