Breaking News

Splinternuwe Suzuki Jimny in SA

Die kleinste vierwielaangedrewe voertuig op die Suid-Afrikaanse mark is na ‘n modellewe van twintig jaar deur ‘n splinternuwe model vervang.

Terwyl lande soos Brittanje nog steeds wag vir die voorreg, is die vierde geslag Suzuki Jimny sopas in Suid-Afrika geloods.

Die nuwe Suzuki Jimny is maar net die vierde geslag, en vervang ‘n model wat baie gewild geword het, nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd. Die eerste geslag, bekend as die LJ, was van 1970 tot 1981 op die mark, gevolg deur die SJ, wat tot 1998 beskikbaar was. Hierdie model was die eerste een wat in Suid-Afrika beskikbaar was; in 1983 het General Motors die SJ 410 met die keuse van ‘n harde- of seildak hier bekendgestel; later is die enjinkapasiteit na 1,3 liter vergroot met die koms van die SJ 413 en daarna het hy die Samurai-benaming gekry. Met Suzuki se terugkeer na Suid-Afrika is die Jimny vir die eerste keer hier bekendgestel.

Die Jimny is splinternuut en vir die eerste keer is twee spesifikasievlakke beskikbaar, naamlik die GA en die GLX. Laasgenoemde is met ‘n keuse van ‘n hand-of outomatiese ratkas beskikbaar. Die hele reeks het Suzuki se All Grip-vierwielaandrywingstelsel met ‘n laestrek-oordraratkas, asook ‘n leerraamonderstel as standaardtoerusting.

Die filosofie agter die Jinmy is om ‘n bekostigbare voertuig met vierwielaandrywing te bied; iets wat deesdae nodiger as ooit tevore is. Al drie geslagte tot dusver was ligte, kompakte en bekostigbare voertuie met ware 4×4-vermoë, en met die nuwe modelreeks het niks verander nie.  Die nuwe model se stilering gee erkenning aan sy voorgangers; dit het dieselfde ronde kopligte, opwaartse modderskerms voor en ronde, oranje rigtingwysers van die LJ en die kantgleuwe in die skulpagtige enjinkap van die SJ-reeks.  Die regop sierrooster herinner aan sy twee direkte voorgangers.

Die plat oppervlakte van die nuwe ontwerp maak dit in koue gebiede makliker om van sneeu ontslae te raak terwyl die regop A-pilare en die skulp-agtige enjinkap in alle omstandighede help om ruimtelike bewustheid te vergroot en algehele sigbaarheid te verbeter.  Die hoekige voor-en agterstampers help om die inval- en vertrekhoeke te verhoog en die ontwerp van die voorste stampers ontbloot meer van die bande se ryoppervlak op ‘n horisontale vlak vir groter klimvermoë in rotsagtige veldrytoestande. Die noodwiel is op die agterdeur gemonteer om toeganklik te wees en ruimte onder die bagasiebakvloer word beskikbaar gestel om die vertrekhoek te verbeter. Die vierkantige wielboë maak dit makliker om wiele te vervang of om bande op-of af te blaas vir wanneer daar in die sand gery word.

Aan die binnekant is daar ‘n vermenging van praktiese- en retro-ontwerpelemente. Die ontwerp van die instrumentepaneel en die gedeeltelik blootgestelde  deurpanele herinner ‘n mens aan die geskiedenis van die vorige modelle en die verbeteringsterugvoer het eienaars van hierdie modelle ingesluit. Die deurpanele is gedeeltelik dieselfde kleur as die motor se bakwerk ; dit is ontwerp om sterk te wees, maklik om skoon te hou en by die algehele hoekige ontwerp in te pas. Die instrumentepaneel bestaan onder meer uit ‘n spoedmeter en toereteller wat in afsonderlike vierkantige omhulsels gehuisves word. Die instrumentepaneel self het ‘n geborselde meraalafwerking en die deurhandvatsels is vergroot vir maklike gebruik selfs wanneer werkshandskoene gedra word.

Suzuki se AllGrip Pro-stelsel bestaan uit 2H (tweewielaandrywing met hoëstrek), 4H (vierwielaandrywing met hoëstrek) en 4L (vierwielaandrywing met laestrek) wat met behulp van ‘n tweede rathefboom gekies kan word. Dié dryfstelsel word nog verder verbeter deur Suzuki e remgekoppelde vastrapewenaar en elektroniese stabiliteitsbeheer. Dit word ondersteun deur wegtrekhulp en afdraandebeheer. Laasgenoemde handhaaf ‘n snelheid van onderskeidelik 5 en 10 km/h in 4H en 4L.

Die nuwe Jimny word toegerus met ‘n nuwe 1,5 liter viersilinderenjin wat ‘n kraglewering van 75 kW teen 6 000 opm en wringkrag van 130 Nm teen 4 000 opm lewer. Daar is ‘n keuse van ‘n vyfgang-handratkas of ‘n outomatiese ratkas met vier gange. In die geval van die handratkas is die rathefboom herontwerp om meer direkte ratwisseling te bied. Die ratkieser op die outomatiese model het ‘n reguit patroon wat maklik is om mee te werk.

Die hele Jimny-reeks word toegerus met lugversorging, kragstuur, ABS-remme met noodremhulp, ISOFIX-hegpunte vir die agtersitplekke, elektroniese stabiliteitsbeheer en dubbele lugsakke. Daar is dubbele DIN_radiogereedheid met twee luidsprekers en lugdraadbedrading vir die GA. Hierdie model beskik oor staalwiele van 15 duim en ‘n volgrootte noodwiel.

Die GLX is baie beter toegerus en beskik oor ‘n magdom bykomende kenmerke. Sommige van sy bykomende standaardkenmerke is elektries beheerde vensters en buitespieëls, outomatiese klimaatbeheer, allooiwiele van vyftien duim, afstandbeheerde sentrale sluiting, voorste misligte, ‘n inligting-en-vermaakstsel met ‘n raakskerm, Bluetooth-verbinding en Apple Car Play of Android Auto, ‘n USB-kragpunt en  ‘n SD-kaartgleuf‘n leeroorgetrekte veelfunksiestuurwiel, spoedbeheer, ‘n 12 volt-kragpunt in die bagasiebak,.

Die pryse van die Jimny-reeks lyk soos volg:

Jimny 1,5i GA:  R 264 900
Jimny 1,5i GLX: R 299 900
Jimny 1,5i GLX Outomaties: R 319 900
Hierdie pryse sluit ‘n meganiese waarborg van vyf jaar of 200 000 km in. Beide modelle word verder gerugsteun deur ‘n diensplan van onderskeidelik twee jaar of 30 000 km of vier jaar of 60 000 km.

21 thoughts on “Splinternuwe Suzuki Jimny in SA

  1. Hi there, this weekend is fastidious in favor of me, as this point in time i am reading
    this enormous informative paragraph here at my house.

  2. Wow that was unusual. I just wrote an incredibly long comment but after I clicked submit my comment didn’t show up.
    Grrrr… well I’m not writing all that over again.
    Anyway, just wanted to say fantastic blog!

  3. Hiya very nice site!! Guy .. Beautiful .. Superb ..
    I will bookmark your website and take the feeds also?

    I am satisfied to find numerous helpful information right here within the put
    up, we’d like develop extra techniques in this regard, thank you for sharing.
    . . . . .

  4. Do you have a spam problem on this site; I also am a
    blogger, and I was wanting to know your situation; many of us have created some nice practices and
    we are looking to exchange strategies with others, please shoot me an e-mail if interested.

  5. excellent points altogether, you just gained a brand new reader.
    What would you recommend in regards to your put up that you made a few days ago?
    Any certain?

  6. Heya are using WordPress for your blog platform?
    I’m new to the blog world but I’m trying to get started and set up my own. Do
    you need any coding expertise to make your own blog? Any help would
    be really appreciated!

  7. Have you ever considered writing an ebook or guest authoring on other sites?

    I have a blog centered on the same information you discuss
    and would really like to have you share some stories/information. I know
    my subscribers would appreciate your work. If you’re even remotely interested, feel
    free to send me an e mail.

  8. Hello there! I know this is kind of off topic but I was wondering if you knew where I could locate a captcha
    plugin for my comment form? I’m using the same blog
    platform as yours and I’m having difficulty finding one?
    Thanks a lot!

  9. Hmm is anyone else experiencing problems with the
    pictures on this blog loading? I’m trying to find out if its a
    problem on my end or if it’s the blog. Any feedback would be greatly
    appreciated.

  10. First of all I want to say awesome blog! I had a quick question in which I’d like to ask if
    you do not mind. I was curious to find out how you
    center yourself and clear your thoughts before writing.
    I have had trouble clearing my thoughts in getting my thoughts out.
    I do enjoy writing however it just seems like the first 10 to 15
    minutes tend to be wasted just trying to figure out how to begin. Any suggestions or
    hints? Cheers!

  11. I will right away take hold of your rss feed as I can not in finding your e-mail subscription link or e-newsletter service.
    Do you have any? Please allow me know so that I may just subscribe.
    Thanks.

  12. Hi, its good post concerning media print, we all be familiar with media is a enormous source of facts.

  13. Heya i am for the first time here. I found this board and
    I find It truly useful & it helped me out much. I hope to give something back and aid
    others like you helped me.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: