Thule se nuwe bagasieromp is beskikbaar

0 Comments

Die voorste vervaardiger van bagasiekiste in Suid-Afrika het pas sy jongste weergawe, die Vector, in Suid-Afrika bekendgestel.

Die toenemende vraag na kleiner motors asook ‘n meer beknopte omgewing, tesame met die toenemende gewildheid van ‘n aktiewe leefstyl maak bagasiekiste in plaas van sleepwaens ‘n meer praktiese oorweging.

Wanneer verskillende bagasie-kiste met mekaar vergelyk word, is Thule die een wat gewoonlik die eerste keuse is, aangesien hulle tred hou met veranderinge in klante se behoeftes en die motormark as geheel. Vir diegene wat hul motors se bagasie-ruimte moet vergroot, is ‘n bagasie-kis die antwoord. Die redes is hul ligte massa as gevolg van ‘n gevormde polikarbonaat-konstruksie, die feit dat dit maklik is om te bêre, wat al hoe belangriker word noudat mense in meer beknopte plekke woon, byna geen onderhoud nie aangesien daar geen bewegende dele is nie en geen bykomende lisensie-koste nie. Feitlik alle modelle word toegerus met twee openings en sentrale sluiting; dit kan ook maklik aangebring of verwyder word. Die vaartbelynde vorm van die romp van die kisontwrig ‘n motor se aërodinamika nie soveel soos ‘n sleepwa nie; gevolglik word brandstofverbruik nie juis beïnvloed nie.

 Die Vector is in twee groottes beskikbaar en is bo-aan die reeks van 22 modelle wat vir feitlik enige motor geskik is.

Danksy ‘n kombinasie van intelligente ontwerp en noukeurige vakmanskap kan die Vector die bagasie-ruimte van feitlik enige motor op die internasionale mark aansienlik vergroot. Thule se ontwerpers en ingenieurs in Swede werk nou saam met die motor-vervaardigers van die vroeë stadium van ‘n motor se ontwikkeling om te verseker dat voornemende kopers van die begin af  toegang het tot ‘n produk wat spesifiek vir die jongste geslag motors ontwikkel is. Dit word weerspieël in die Vector se stylvolle aërodinamiese ontwerp.

Hoewel bagasie-kaste en spesifieke oplossings soos fietsdraers die kern van Thule se reeks vorm, vervaardig die maatskappy ook bagasie-drasakke, kamerasakke en sakke vir skootrekenaars. Daktente sal ook binnekort deel van die maatskappy se Suid-Afrikaanse reeks uitmaak.

Die Thule maatskappy is reeds in 1942 gestig en hulle belangrikste fokus is steeds om optimale ruimte-benutting en doeltreffende oplossings vir die vervoer van bagasie te bied.

Die Thule bagasie-kiste word in Duitsland vervaardig en wêreldwyd verskeep. Die reeks wissel van die Touring S wat 330 liter kan hou, tot die reuse Motion XXL met ‘n kapasiteit van 650 liter. Hulle is in kleure soos glansswart en metaal-silwer beskikbaar. Die vakmanskap en materiaal word vyf jaar lank gewaarborg en hulle word ontwerp om vanuit ‘n  estetiese- en ingenieurs-oogpunt by moderne motors in te skakel.

Voornemende kopers kan ‘n lys  handelaars op www.thule.co.za sien, aanlyn op www.thulestore.co.za koop of 086 118 4853 vir navrae skakel.

Categories:
%d bloggers like this: