Breaking News

Toyota Coaster keer terug

In 1969 het Toyota die Coaster vir die eerste keer bekendgestel.

Dit was aanvanklik op die Dyna-vragmotor gebaseer en aanvanklik was net een model , met 17 sitplekke, beskikbaar. Later is modelle met tot 26 sitplekke beskikbaar. Die eerste geslag was in Suid-Afrika beskikbaar, maar nie die tweede en derde geslagte, wat onderskeidelik in 1982 en 1883 bekendgestel is nie. Die oogmerk met die nuwe Coaster is om die gaping tussen die langasafstand- Quantum en die Hino 300-gebaseerde busse te vul. Hierdie model, wat sedert 2017 op die mark is, is langer en breër as voorheen en beskik oor groter vensters as voorheen. Dit is ook die eerste model wat deur Toyota se geïnkorporeerde Commercial Vehicle-maatskappy ontwerp is.

Die nuwe Coaster word aangedryf deur ‘n vierliter-turbodiesel enjin wat 100 kW teen 3 000 opm en wringkrag van 353 Nm teen 1 600 opm. Hierdie enjin kom van Toyota se vragmotorfiliaal Hino a fen word aan ‘n vyfgang-handratkas gekoppel.Soos wat ‘n mens van ‘n voertuig in hierdie klas kan verwag, is sy topsnelheid tot 100 km/h beperk.

Daar is altesaam 23 sitplekke, wat die bestuurder insluit. Dit bestaan uit ses enkelsitplekke aan die passasierskant, ses dubbele sitplekke aan die bestuurderskant en ‘n agterste banksitplek met plek vir vier mense. Hoewel die Coaster daarop gemik is om soveel gemak vir passasiers te bied, is die kontroles vir die bestuurder maklik om te gebruik. Daar is ‘n verstelbare stuurkolom, ‘n uitleespaneel op die instrumentepaneel wat die belanggrikste inligting gee, ‘n 12,volt-kragpunt en ‘n Toyota-klankstelsel met USB- en AUX-kragpunte en Toyota se Wi Fi-verbinding met 15 GB se komplimentêre data. Die sitplekke en vloer word in duusrsame PVC afgewerk, met plastiekafwerking vir die stuurwiel en rathefboomknop.

Veiligheids-kenmerke sluit ABS met noodremhulp en elektroniese remkrag-verspreiding in, asook twee lugsakke.

Die enigste kleur wat beskikbaar is, is wit, maar die verpligte minibus-plakkers en chevron-afbakening agter word op die bakwerk aangebring.  

Die Coaster se prys is R 899 900 , wat ‘n waarborg van drie jaar of 100 000 km en ‘n diensplan geldig vir ses versienings of 60 000 km insluit.

 

%d bloggers like this: