Toyota Hilux – Nuwe voorkoms, nuwe modelle, dieselfde DNS

0 Comments
  • Nuwe voorkant-ontwerp (SRX en Raider)
  • Swart binneruim-ontwerp
  • Satellietnavigasie (Raider)
  • Raakskerm vir die klankstelsel en truratkamera (SRX)
  • Splinternuwe kajuitonderstel-weergawes
  • Uitgebreide werkeselreeks (S en SR)
  • Toegevoegde veiligheids-spesifikasies op werksmodelle
  • Aanvullende Outomaties-ratkas modelle

As een van die topverkoper modelle in Suid-Afrika is dit nodig om kennis te neem as daar veranderings aan die Toyota Hilux geskied het. Die nuwe veranderings maak veral die SRX-model uiters aantreklik en nóg luukser. Verede goeie nuus is dat Toyota ook die basiese enkelkajuit-modelle uitgebrei het vir diegene wat bakkies elke dag as werksbakkies te gebruik. 

Die SRX en Raider kry ‘n nuwe weergawe van die groter sierrooster wat ook op die Hilux Dakar-reeks gebruik word, met ‘n swart en chroom afwerking vir die Raider en ‘n swart afwerking vir die SRX, maar sonder die Dakar se metaalgrys sierroosterhulsel.

Die nuwe, suiwer swart binneruim word van die Dakar Limited oorgedra en sluit die swart plafon en metaalswart insetsels in die binneruimbeslag in.

Die SRX-modelle is ook beter toegerus as voorheen. Onder die nuwe kenmerke is outomatiese kopligte met volg-my-werking, ‘n inligting-en-vermaakstelsel met ‘n raakskerm en vier luidsprekers soos wat voorheen net op die Raider beskikbaar is, asook Bluetooth- en USB-versoenbaarheid wat met behulp van knoppies op die stuurwiel beheer kan word asook ‘n trukamera.

Die raakskerm van die multimedia-stelsel in die Raider-weergawes is opgegradeer en sluit nou satellietnavigasie en DVD-versoenbaarheid in. Bluetooth-telefoonwerking, USB-sokke en ses luidsprekers is steeds deel van die pakket terwyl alles maklik deur groot skakelaars aan die stuurwiel beheer kan word.

Die SRX bied ‘n balans tussen werks- en ontspanningstoerusting; allooiwiele met 265/70 R 17-bande, sentrale sluiting met afstandbeheer, deure wat sluit sodra die voertuig wegtrek, elektries beheerde vensters, en  voorste- kant- en knielugsakke is alles standaardtoerusting. Die SRX word toegerus met ‘n turboaangejaagde dieselenjin van 2,4 liter wat 110 kW teen 3 400 opm en wringkrag van 400 Nm teen tussen 1 600 en 2 000 opm lewer. Daar is ‘n keuse van ‘n hand- of outomatiese ratkas, elk met ses gange, beskikbaar.

Die Raider kry ‘n verchroomde sierrooster wat by die deurhandvatsels en wegvoubare buitespieëls pas. Die veeldimensionele misligafwerking bevat vertikale- en horisontale elemente wat in swart en chroom afgewerk is; ligdiodes sorg vir uitstekende beligting. Volle ligdiodekopligte met dagryligte rond die vooraansig af. Die inligting-en-vermaakstelse het nou ses luidsprekers terwyl satellietnavigasie en DVD-versoenbaarheid ook nou ingesluit word. Die Raider kry dieselfde swart binneafwerking van die Dakar, met ‘n swart plafon en metaalswart insetsels vir die binneruimbeslag. Onder die Raider se ander standaardkenmerke is allooiwiele met 265/60 R 18-bande, doekstofbekleedsel vir die sitplekke, ‘n stuurwiel en rathefboom wat met leer oorgetrek is, ‘n TFT vertoonskerm in volkleur, outomatiese klimaatbeheer, 12V en 220V-bybehoreverbindings en sewe lugsakke. Die Raider word toegerus met ‘n turbodieselenjin van 2,8 liter wat 130 kW teen 3 400 opm lewer.  Daar is ‘n keuse tussen ‘n hand-of outomatiese ratkas, elk met ses gange. Die wringkragsyfers vir die modelle met hierdie twee ratkaste is onderskeidelik 420 Nm teen tussen 1 400 en 2 600 opm en 450 Nm teen tussen 1 600 en 2 400 opm.

Iets wat by sy vlagskip-status pas, is dat die Hilux met Raider-kentekens steeds omvattende toerusting bied. Dit sluit in stylvolle 18”-allooiwiele met 265/60R18-bande, hoëgehalte doekstof vir die binneruim-beslag, ’n koelboks, leerbedekking vir die stuurwiel en ratkierie, outomatiese klimaatbeheer, spoedbeheer, ’n TFT-vokleur-inligtingvertoonskerm, 12V en 220V bybehore-verbindings, ’n armleuning met bekerhouers agter en sewe lugsakke (waaronder ’n gordyn- en bestuurderknielugsak).

Die bekende viersilinder-turbodieselenjin van 2,8 liter, die GD-6, doen steeds diens in die Raider en bied 130 kW en 420 Nm (450 Nm in die outomatiese weergawe).

Soos voorheen is die Hilux in enkelkajuit, Xtracab en dubbelkajuitweergawes beskikbaar. Wat die enkelkajuitmodelle betref, word die 2,7 VVTi SRX aan die mark onttrek en vervang deur ‘n 2,4 GD-6 Raised Body SRX met ‘n outomatiese ratkas vervang.  Die SR-modelreeks; met minder luukshede maar bykomende veiligheidskenmerke, word uitgebrei met die toevoeging van die 2,4 GD-6 Raised Body, wat die bestaande 4×4-model aanvul.

Die Xtracab-modelle met outomatiese ratkaste is baie goed ontvang toe hulle verlede jaar bekendgestel is. Daarom is ‘n sesde Xtracab, model, die 2,4 GD-6 SRX Raised Body met ‘n outomatiese ratkas by die reeks gevoeg.

Twee nuwe werkesel-dubbelkajuitmodelle is by die reeks gevoeg, naamlik die S en SR. Die S-afwerking is op swaardienswerk gerig en beskik oor ‘n agterklap met knippe en laaivraghakke, staalwiele van sewentienduim met 225/70 R 17-bande. Hierdie model behou die “ou” neus en kan deur middel van swart stampers en ‘n swart sierrooster van sy luukser stalmaats onderskei word. Die binneruim word met PVC afgewerk. Daar is twee enjinkeuses beskikbaar; die 2,4 GD-6-enjin met ‘n handratkas met ses gange of ‘n viersilinder-petrolenjin van 2,7 liter wat 122 kW teen 5 200 opm en wringkrag van 245 Nm teen 4 000 opm lewer. In die miidel van die dubbelkauitreeks is daar nou ‘n 2,4 GD-6 SRX Raised Body-outomaties.  Die 2,7 VVTi SRX word deur die S-model vervang.

Daar is ook weer kajuitonderstel-weergawes beskikbaar vir die 2,0 VVTi-werkesel, die 2,4 GD-6-werkesel met ‘n vyfgangratkas en die 2,4 GD-6 SRX 4×4 met ‘n sesgangratkas.

Toyota het onlangs sy diensplanne hersien; dit is geldig vir 90 000 km en die eienaar kan sy of haar voertuig ses keer laat versien ongeag hoe lank dit duur om hierdie afstand af te lê nie. Die hele reeks word ook deur ‘n waarborg van drie jaar of 100 000 gerugsteun.

Waarborg en instandhouding

Alle Hilux-modelle het ’n waaarborg vir drie jaar of 100 000 km. Die diensplan dek nege versienings of 90 000 km en is deel van al die modelle se standaard-toerusting. Klante kan ook verlengde versieningsplanne by hul Toyota-handelaar koop.

Modelreeks en pryse

Model Prys
Enkelkajuit
Hilux SC 2.0 VVTi 5-handrat R 253 200
Hilux SC 2.0 VVTi 5-handrat met lugversorging R 261 200
Hilux SC 2.4 GD 5-handrat R 287 300
Hilux SC 2.4 GD 5-handrat met lugversorging R 295 300
Hilux SC 2.4 GD-6 RB SR 6-handrat (nuut) R 360 900
Hilux SC 2.4 GD-6 RB SRX 6-handrat R 375 500
Hilux SC 2.4 GD-6 RB SRX 6 outo (nuut) R 391 800
Hilux SC 2.4 GD-6 4×4 SR 6-handrat R 422 300
Hilux SC 2.4 GD-6 4×4 SRX 6-handrat R 441 600
Hilux SC 2.8 GD-6 RB RAIDER 6-handrat R 443 400
Hilux SC 2.4 GD-6 4×4 SRX 6 outo R 459 800
Hilux SC 2.8 GD-6 RB RAIDER 6 outo R 461 600
Hilux SC 2.8 GD-6 4×4 RAIDER 6-handrat R 507 300
Hilux SC 2.8 GD-6 4×4 RAIDER 6 outo R 525 800

 

Model Prys
Xtra-Cab
Hilux XC 2.4 GD-6 RB SRX 6-handrat R 386 700
Hilux XC 2.4 GD-6 RB SRX 6 outo (nuut) R 403 000
Hilux XC 2.8 GD-6 RB RAIDER 6-handrat R 470 800
Hilux XC 2.8 GD-6 RB RAIDER 6 outo R 489 300
Hilux XC 2.8 GD-6 4×4 RAIDER 6-handrat R 536 700
Hilux XC 2.8 GD-6 4×4 RAIDER 6 outo R 555 300

 

 

 

 

Model Prys
Dubbelkajuit
Hilux DC 2.7 VVTi RB “S” 5-handrat R 359 200
Hilux DC 2.4 GD-6 RB “S” 6-handrat (nuut) R 376 900
Hilux DC 2.4 GD-6 RB SR 6-handrat (nuut) R 417 500
Hilux DC 2.4 GD-6 RB SRX 6-handrat R 432 000
Hilux DC 2.4 GD-6 RB SRX 6 outo (nuut) R 446 400
Hilux DC 2.4 GD-6 4×4 SR 6-handrat R 483 400
Hilux DC 2.4 GD-6 4×4 SRX 6-handrat R 503 500
Hilux DC 2.4 GD-6 4×4 SRX 6 outo R 526 900
Hilux DC 2.8 GD-6 RB RAIDER 6-handrat R 534 900
Hilux DC 2.8 GD-6 RB RAIDER 6 outo R 553 600
Hilux DC 2.8 GD-6 4×4 RAIDER 6-handrat R 601 500
Hilux DC 2.8 GD-6 4×4 RAIDER 6 outo R 621 900
Hilux DC 4.0 V6 4×4 RAIDER 6 outo R 663 800

Model Pricing
Onderstelkajuit
Hilux SC 2.0 VVTi 5-handrat met lugversorging (nuut) R 250 500
Hilux SC 2.4 GD 5-handrat met lugversorging (nuut) R 284 700
Hilux SC 2.4 GD-6 4×4 SRX 6-handrat (nuut) R 407 100

 

 

Inligtingvermaakopgradering vir die Fortuner

Die Fortuner-modelreeks se inligtingvermaakstelsel is opgegradeer. Die 2.7 VVTi en 2.4 GD-6 erf die raakskerm-klankstelsel wat voorheen in die 2.8 GD-6-modelle gebruik is. Dié stelsel bied raakwerking sowel as USB-, Bluetooth- en CD-werking. ‘n Byvoeglike trukamera is ook deel van die pakket.

 

Die 2.8 GD-6 en V6-weergawes se oudiovisuele navigasiestelsel (AVN) is opgegradeer en sluit nou satellietnavigasie en DVD-werking in. Die odelreeks en ander toerustingbepalings bly dieselfde.

 

Categories:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: