Van 1 September 2019 is alle Toyota- en Lexus-voertuie wat in Suid-Afrika verkoop word, met internetverbinding beskikbaar

Die nuwe verbinding-skern, bekend as Toyota Connect, word in die “My Toyota”-toepassing, wat in 2014 bekendgestel is, gehuisves, en word in samewerking met Altron en Vodacom Business aangebied. Toyota SA Motors (TSAM) is nie net die eerste eerste vervaardiger wat ‘n mobiele toepassing bied nie, maar Toyota is ook die heel eerste maatskappy ter wêreld wat Wi-Fi en verbindingsienskappe in een pakket regdeur sy reeks bied. 

Die president en uitvoerende hoof van TSAM, Andrew Kirby, het aangekondig dat alle nuwe Toyota en Lexus-modelle wat van 1 September af verkoop word, met ingeboude Wi-Fi met 15 GB data, wat aangevul kan word, toegerus sal word, asook ‘n magdom verbindings-eienskappe en voordele danksy Toyota Connect, wat ‘n belangrike uitbreiding van die My Toyota-toepassing sal wees. 

Volgens Kirby is dit noodsaaklik om saam te werk met ondernemings wie se visie in pas met dié van Toyota is, namate Toyota van ‘n motor-maatskappy na ‘n organisasie vir mobiliteits-oplossings oorskakel.  Die belangrikheid van telematika en telekommunikasie in voertuie van die toekoms kan nie oorbeklemtoon word nie; vandaar die maatskappy se vennootskap met Altron en Vocadom. Verbruikers raak toenemend bewus van hoe hul lewens verbeter word wanneer hulle deur middel van tegnologie verbind word en Toyota se taak as vooruit-denkende organisasie is om in ooreen-stemming met mark-verwagtinge te ontwikkel. Altron het die pasgemaakte tegnologie-platform deur sy filial Netstar saam met Toyota ontwerp en ontwikkel wat die Internet of Things-aspekte soos telematika en vlootbestuur moontlik maak. 

Volgens Mteto Nyati, die uitvoerende hoof van die Altron-groep, maak hierdie  plaaslik ontwikkelde tegnologie internet-verbinding moontlik en gee dit intydse inligting aan Toyota en aan klante.  Dit posisioneer Altron en Toyota as relevante internet-spelers wêreldwyd.

Sodra ‘n klant aangemeld het, sal die gegewens wat uit die telematika-module saam gevoeg is, insigte gee aan Toyota, sy handelaars netwerk, klante, vloot-eienaars en derdeparty-diensverskaffers soos die Automobiel-assosiasie (AA) wat hulp kan bied wanneer ‘n ongeluk plaasvind of ‘n voertuig onklaar raak.

William Mzimba, die hoof van Vodacom Business, beskou hierdie vennootskap as ‘n kerndeel van Vodacom se Internet of Things (IoT)-strategie en is ‘n stappie nader aan die verwesenliking van hul strategie om geleenthede vir vernuwing in Suid-Afrika asook die res van die vasteland wat deur groei in die IoT-ruimte ondersteun word, te skep. Motors sal net soos slimfone gekoppel wees om ‘n dinamiese gebruikerservaring te bied. Deur mense aan platforms te koppel wat die kompleksiteit van musiekstroming vanuit die wolk,  intydse verkeersinligting, en verpersoonlikte padbystand te kan bestuur, kan Vodacom aan hierdie groeiende eise voldoen. 

Die voordele van Toyota Connect kan in drie dele gegroepeer word, naamlik konnektiwiteit-, gemak- en veiligheids-eienskappe.  Vanuit ‘n konnektiwiteitsoogpunt is die groot nuus dat Wi-Fi saam elke nuwe Toyota en Lexus beskikbaar is; dit sluit 15 GB een-malige data in. Hierdie data kan deur middel van die My Toyota-toepassing of die eienaar se banktoepassing aangevul word. 

Die stelsel herinner die klant wanneer die voertuig gereed is vir sy instandhoudingsdiens en neem al die agtergrond-elemente in ag wanneer ‘n bespreking direk op die toepassing gedoen word. Die logboek-fasiliteit stoor ‘n digitale logboek van die voertuig se kilometer-lesing en diens-geskedenis vir belasting-opgawes; dit sluit ‘n outomatiese onderskeid tussen amptelike en persoonlike gebruik. Die GPS-opspoorder bied gemoedsrus wat die klank in staat stel om die voertuig maklik op te spoor en ‘n oorsig van gebruik te kry.

Onder veiligheid tel hulpverlening wanneer ‘n ongeluk bespeur word, wat beteken dat klante 24/7 werklike ondersteuning met AA-toegang geniet.  Die battery nasporing-stelsel weerspieël die intydse status van die voertuig se battery. Die bestuurder-monitor moedig veilige bestuur aan deurdat motorbestuurders hul bestuursgewoontes kan dophou.

Daar is nog baie vir Toyota- en Lexus-klante op pad; die maatskappy is baie opgewonde oor naderende voordele soos lisensie-hernuwing wat Toyota Connect-gebruikers in staat sal stel om ‘n lisensieskyf deur die toepassing te hernieu en by ‘n gekose adres te laat aflewer. Toyota Connect-vennote werk ook aan die uitbreiding van voordele vir eienaars van vloot- en kleinsake-ondernemings asook motorhuur-onderdersteuning. Verdere inligting hieroor sal mettertyd bekend gemaak word.

%d bloggers like this: