Toyota onthul sy nuwe model

0 Comments

Die aap is eindelik uit die mou; Toyota het besonderhede van die model wat in die vierde kwartaal van 2021 in sy fabriek in Prospecton suid van Durban vervaardig gaan word, bekendgemaak.

Dit kom nadat Toyota besluit het om die nuwe geslag Corolla na Suid-Afrika in te voer en net die Corolla Quest, gebaseer op die vorige geslag, hier te vervaardig.  Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) het in 2019 aangekondig dat hy altesaam R 2,43 miljard in die vervaardiging van die nuwe model belê het.

Die nuwe model, die Corolla Cross, gaan ‘n oorkruismodel wees en met ‘n keuse van een van twee 1,8 liter-enjins beskikbaar wees, naamlik ‘n gewone petrol model en ‘’n hibriedemodel. Laasgenoemde sal die eerste plaaslik vervaardigde motor met ‘n hibriede-enjin wees. Die Corolla Cross sal in linker- en regterhandstuur vir die Suid-Afrikaanse mark en ander Afrika-lande vervaardig word.

Die Corolla Cross sal na 43 Afrika-lande uitgevoer word en die verwagting is dat die nuwe model Toyota ook in staat sal stel om sy uitvoer-volumes met tussen 15 en 20% sal verhoog. Andrew Kirby, die uitvoerende hoof en president van TSAM, beskou die Corolla Cross as die ideale motor vir die Suid-Afrikaanse mark; hy kombineer al die Corolla se goeie kenmerke metdie nuttige en robuuste estetika van ‘n toonaangewende sportnuts0voertuig. Die verwagting is dat die Corolla Cross die groei van die mini-sportnus0voertuigsegment sal versnel en en die algehele grootte van die passasiers0motormark sal laat groei.

Besonderhede oor die samestelling van die reeks, spesifikasies en pryse sal gegee word wanneer die Corolla Cross in Oktober in Suid-Afrika bekendgestel word.