Toyota se Quantum nou luukser

0 Comments

Met die nuwe Toyota Quantum-reeks bekendstelling vroeg in 2019 in Suid-Afrika, het Toyota belowe om ‘n luukse model by die reeks te voeg.

Hierdie model, die Quantum VX, is nou beskikbaar en behoort byval te vind by groot gesinne, die gasvryheidsbedryf en die korporatiewe mark.

Die VX kan van buite af van sy stalmaats onderskei word deur ‘n groot verchroomde sierrooster met drie horisontale stroke wat ‘n verlengstuk van die gestileerde ligdiode-kolpigte is, terwyl ‘n dun chroomstrook in die onderste lugskort tiussen die lidgiode-misligte aan weerskante van die voertuig strek.  Die VX word toegerus met allooiwiele met 235-60 R 17-bande. Die deurhandvatsels en buitespieëls is in chroom afgewerk; die spieëls is elektries verstelbaar en word met blindekol-monitors toegerus. Aan die agterkant word die VX van sy stalmaats onderskei deur ligdiode-agterligte, chroom-afwerking en die VX-kentekens.

Die Quantum VX bied uitsonderlike gerief vir nege insittendes met groot kaptein-sitplekke, onafhanklike klimaat-beheer en genoeg USB-kragpunte om toestelle gelaai te hou. Die binneuitleg bestaan uit die passasiers-kajuit agter met vier afsonderlike terugleun-kaptein-sitplekke met armleunings en uitvou-beenstutte soos ‘n ottoman.  Heel agter is daar ‘n driesitplekbank wat in ‘n 60/40 verhouding verdeel is. Die sitplekke is met leer oorgetrek en daar is elektriese verstellings vir die rugleunings en beenstutte. Sagte blou beligting en hout afwerking skep ‘n luukse atmosfeer. Daar word voorsiening gemaak vir die gemak en gerief vir al die insittendes deur afsonderlike klimaat-beheer voor en agter, twee elektries beheerde skuifdeure en ‘n oudiovisuele raakskerm vir die inligting-en-vermaakstelsel. Daarby is ‘n 4,2 duim multi-inligtingskerm, ruitveërs met reënsensors, hoë-definisie Optitron-instrumente, deure wat outomaties sluit en ‘n veelfunksie-stuurwiel standaard toerusting.

Die Toyota Safety Sense-pakket maak die VX veiliger as sy stalmaats; dit bestaan onder meer uit ‘n botswaar skuwingstelsel (PCS), wat fietsryers bedags en voetgangers bedags en snags kan bespeur, aktiewe spoed-beheer, baandwaal-waarskuwing en outomatiese hoërstaal-kopligte insluit.  Die PCS gebruik kamera- en radarsensors en is ontwerp om voertuie, voetgangers en fietsryers te bespeur en die bestuurder met visuele- en klankalarms, outonome remhulp of noodremwerk te help as die bestuurder nie betyds op die waarskuwings reageer nie. Die baandwaal-waarskuwing waarsku die bestuurder met visuele- en hoorbare alarms wanneer die voertuig uit sy baan beweeg en verskaf stuurbystand deur die remstelsel indien nodig.  Die stelsel sluit ook padteken-bystand, wat sekere spoed-beperkings bespeur en die inligting op die instrumente-paneel se multi-inligtingskerm vertoon, in. Ander gevorderde veiligheids-eienskappe waarmee die VX toegerus is, is ‘n blindekol-monitor, parkeer-sensors en ‘n trukamera met gidslyne.

Die beproefde 2,8 liter turbo-diesel enjin uit die Hilux word vir die VX gebruik. Hierdie enjin, wat aan ‘n outomatiese ratkas met ses gange gekoppel is, lewer 115 kW teen 3 600 opm en ‘n wringkrag van 420 Nm  tussen 1 600 en 2 200 opm.

Die Quantum VX se prys is R 843 600; dit sluit ‘n waarborg van drie jaar of 100 000 km in, asook ‘n diensplan vir nege versienings of vir 90 000 km in.

Categories:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: