Toyota se Fortuner bied nou meer

0 Comments

Sedert sy bekendstelling in 2016 is Toyota se jongste Fortuner die topverkoper-sportnuts-voertuig in Suid-Afrika, en nou bied dié Suid-Afrikaanse gunsteling nog meer waarde vir geld.

Die 2,4 GD-6- en 2,7 VVTi-modelle bly onveranderd en die 4,0 V6 en handrat-modelle word aan die mark onttrek, maar die 2,8 GD-6-modelle kry ‘n Epic-spesifikasie-vlak as standaard toerusting, terwyl ‘n Epic Black ook beskikbaar is.

Aan die buitekant is die Epic-modelle ‘n bosbreker met die Epic-kenteken terwyl ‘n trekstang strandaard toerusting is. Soos die naam aandui, spog die Black-model met ‘n dak , buitespieëls en dakspore wat in swart afgewerk is  en swart allooi-wiele van 18 duim. Die Black is net in wit beskikbaar, terwyl die gewone Epic vier kleur keuses bied, naamlik wit, silwer, grys en brons. 

Die binnekant van die Epic-modelle is baie dieselfde as voorheen, behalwe dat die deure metaal plate aan die binnekant het en dat ‘n stel matte met die Epic-naam standaard toerusting is.  Die Epic-modelle behou standaard kenmerke soos sleutel-lose toegang met ‘n aansit-knoppie, ‘n inligting-en-vermaak stelsel met ‘n kamera, navigasie en Bluetooth-verbinding, ‘n omvattende ritrekenaar, blou Optitron-instrumente, ‘n veelfunksie-stuurwiel, ‘n elektries verstelbare bestuurder sitplek en ‘n elektires beheerde agterklap.

Die hele Fortuner-reeks, nie net die Epic-modelle nie, word met veiligheids-kenmerke soos ABS-remme, vastrap- en stabiliteits beheer, elektroniese remkrag-verspreiding en wegtrek-hulp toegerus. Die 4×4-modelle kry ook afdraande-hulp en Toyota se A-TRAC-vastrap beheer vir veldry toestande. Die oorskakeling na laestrek word vergemaklik deur ‘n skakelaar op die paneelbord. 

Die pryse van die Epic-reeks, wat ‘n diensplan geldig vir ses versienings of 90 000 km insluit, lyk só:

 

Fortuner 2,8 GD-6 Epic 4×2: R 660 000

Fortuner 2,8 GD-6 Epic Black 4×2: R 670 100
Fortuner 2,8 GD-6 Epic 4×4: R 729 000

Fortuner 2,8 GD-6 Epic Black 4×4: R 739 100

Categories:
%d bloggers like this: