Toyota se kragtigste RAV 4 oorsee bekendgestel

0 Comments

Die jongste Toyota RAV 4 is vroeër vanjaar in Suid-Afrika bekendgestel, en nou het Toyota die kragtigste model tot nog toe oorsee vertoon.

Die RAV 4 Prime, wat in SE en XSE-weergawes beskikbaar sal wees en aanstaande jaar op die mark kom, sal die eerste inprop-hibriede elektriese (PHEV)-model in die reeks wees en word beskou as die volgende stap in Toyota se strategie om sy reeks elektriese voertuie, asook hibriede- en brandstofsel voertuie te vergroot.

Die Prime sal Toyota se ervaring met hibriede tegnologie, wat al oor twintig jaar strek, weerspieël met uitsonderlike werkverrigting en brandstof-doeltreffendheid.  Dansy tegnologie soos ‘n nuut ontwikkelde litium-ioonbattery sal die Prime 63 kW meer as die RAV 4 Hybrid, wat nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie, ontwikkel die meeste krag in sy marksegment lewer. Die verbetering in werkverrigting sal ook beteken dat die Prime in 5,8 sekondes sal versnel terwyl niks in sy marksegment sy brandstof verbruik sal kan ewenaar nie.

Soos die RAV 4 Hybrid gebruik die Prime ‘n vierwiel-aandrywing stelsel wat wringkrag na al vier wiele verplaas soos dit nodig is. Daar is ‘n elektriese motor wat die agterwiele aandryf en die nodige krag na die agterwiele versprei wanneer daar weggetrek word of wanneer daar min vastrap-vermoë is. Die stelsel verminder stuurtraagheid wanneer daar om draaie bestuur word om padhouvermoë te verbeter.  Dit bevat ook ‘n Trail-modus wat die bestuurder in staat stel om uit die moeilikheid te kom deur ‘n wiel wat tol, te rem en die krag te verplaas na die wiel wat dit nodig het. Daar is ook ratspane wat die bestuurder in staat stel om self af te rat om groter beheer in heuwelagtige omstandighede te verbeter. Daar is ook ‘n funksie wat die bestuurder help om die laaivermoë van die battery optimaal te beheer; dit versamel data wat met behulp van die navigasiestelsel bekom word en onthou sekere pad-eienskappe soos heuwels en verkeersligte. Die werking van die hibriede-kragbron word aangepas om maksimum doeltreffendheid te verseker.

Toyota het nog nie aangekondig of die Prime in Suid-Afrika bekendgestel sal word nie. Intussen is die RAV 4 in die volgende modelle in Suid-Afrika beskikbaar.

RAV 4 2,0 GX:  R 436 200

RAV 4 2,0 GX CVT: R 447 800

RAV 4 2,0 GX-R CVT: R 531 600

RAV 4 2,0 VX CVT: R 528 800

RAV 4 2,5 VX 8AT AWD:  R 604 100

Die pryse sluit ‘n waarborg van drie jaar of 100 000 km in, asook ‘n diensplan wat geldig is vir ses versienings of 90 000 km, met diens-tussenposes van ‘n jaar of 15 000 km, in. 

Motor Plus het onlangs ‘n RAV 4 2,5 VX 8AT AWD getoets; ons padindrukke kan hier gelees word.

Categories:
%d bloggers like this: