Breaking News

Toyota se veldryer vier sewentig jaar

Toyota se legendaariese veldryer, die Land Cruiser, vier vanjaar sy sewentigste verjaardag. 

Die Land Cruiser is aanvanklik in 1951 bekendgestel en het as die BJ bekendgestaan. Die BJ is aanvanklik vir militêre gebruik ontwerp, maar toe die model na die burgerlike mark  uitgebrei is, het die Land Cruiser-benaming in 1954 ontstaan. Die idee was dat die Land Cruiser met die Land Rover, wat aanvanklik in 1948 bekendgestel is, moes meeding.

In die sewentig jaar sedert sy aanvanklike bekendstelling het die Land Cruiser daarna gestreef om veiligheid en sekuriteit aan uiteenlopende klante oor die hele wêreld te bied. Die reeks is uitgebreim met die bekendstelling van enkel- en dubbel-kajuitbakkies, asook stasiewaens met kort en lang asafstande. Verskeie modelreekse, soos die FJ Cruiser, die Land Cruiser 100, 200 en 300, asook die Land Cruiser Prado, het ook intussen ontstaan.  Daarby is die Lexus LX en GX ook op die platform van die Land Cruiser ontwikkel. Die essensie van betroubaarheid en duursaamheid , asook verrigting in die veld het verder ontwikkel in reaksie op veranderende behoeftes van wêreldwye klante. Altesaam 10,6 miljoen eenhede is al wêreldwyd verkoop.

Toyota Gazoo Racing het ook aangekondig dat die Land Cruiser by sy GR-erfenisonderdele-projek ingesluit sal word. Die onderdele word vir die 40-reeks, wat van 1960 tot 1984 vervaardig is en ook in Suid-Afrika beskikbaar was, hervervaardig. Die projek hervervaardig onderdele wat gestaak is en verkoop dit as egte onderdele deur ‘n spesiale samewerking met verskaffers ten einde kante wat hul ouer voertuie, wat goeie herinneringe terugroep en waarvoor hulle nog life is, te bestuur. Selfs modellle waarvan produksie reeds jare gelede gestaak is, word deur eienaars oor die hele wêreld gekoeste , maar ‘n tekort aan onderdele is die afgelope tyd ervaar en eienaars het hul verse uitgespreek dat hulle nie langer met hul geliefde voertuie kon ry nie. Daarom het Toyota Gazoo Racing besluit om onderdele waarvoor die grootste vraag ontstaan het, te hervervaardig sodat eienaars met gemoedsrus kan voortgaan om hul voertuie te bestuur. Die maatskappy het voorlopige opnames gedoen met handelaars en verteenwoordigers van eienaarsklubs oor die hele wêreld en as gevolg hiervan begin met voorbereidings om onderdele wat verband hou met die kritieke werking van die voertuig om te ry, te draai en te rem, vir die Land Cruiser 40-reeks te hervervaardig en te verkoop. Hierdie onderdele sluit enjins, dryfstelsels en uitlaatstelsels in en beskikbaarheid daarvan sal aangekondig word sodra voorbereidings afgehandel is. Die teikendatum is die begin 2022.

Die nuwe Land Cruiser 300 is pas as nuwe vlagskipmodel in Suid-Afrika bekendgestel en hierdie nuweling sluit hom aan by die 70-reeks, wat uit ‘n stasiewa met twee of vier deure en ‘n bakkie met ‘n enkel- of dubbel-kajuit, asook die Land Cruiser Prado aan. Te midde van moeilike omstandighede is 251 eenhede van die 70-reeks en 69 eenhede van die Prado in Julie 2021 verkoop.  Die Prado is ook pas opgekikker deurdat nuwe 19-duim allooiwiele  met 265/55 R 19-bande vir die VX en VX-L-modelle, bekendgestel is. Die intreemodel van die Prado-reeks, die TX, spog ook nou met kantelbare truspieëls. Hierdie verbeterde modelle sal gedurende Augustus by handelaars beskikbaar wees.

Toyota is ook besig om ‘n nuwe verjaardagmodel , gebaseer op die 70-reeks , te ontwikkel. Voornemende kopers kan egter reeds by Toyota-handelaars aanmeld om belangstelling te toon, hoewel hierdie nuwe modelle eers teen die einde van die jaar beskikbaar sal wees.

%d bloggers like this: